Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke…

Lekker slaap!

Dis wat ons elke aand vir mekaar sê.  Lekker slaap. ‘n Lekker vet soen en ‘n druk en ‘n rugvryf. My aandroetine is lekker snoesig. Warm bad, lekker flennies, sagte warm japon tot ons bed toe gaan.  Regskik tussen die lekker kussings, laken om die duvet vou, die lepel regskuiwe en salige nagstilte. Die een met die koudste voete moet die ander se voete warm lê. En wat gebeur dan?

Salige slaap? Beslis, maar vir hoe lank?

Party aande vlieg ek lekker in my drome. My drome is altyd vivid. En meestal lucid. Meermale dwing ek myself uit ‘n droom uit, I mean really, die dinge wat darem in my kop woon kan ek soms selfs nie glo nie! Dan WIL ek myself wakker, en dan moet my kop weer afskakel.

Dis dán wat ek begrip het vir my vriende se Facebook statusse wat elke dag min of meer só lyk:

  • Wens ek kan ook slaap as ek my oe toemaak soos ander mense !
  • ‎…knitting the night away…♥
  • Insomnia is soos n luislang. Dit pers jou saam en reduseer jou tot n onfunksionele drelsel die volgende dag, ek ly al jare daaraan

‎Ons het nou al alles gedoen, drink nie meer tee in die aande nie, nie te veel koffie deur die dag nie, geen swaar kos of soetgoed na 6 nie (OK gewoonlik nie…), gaan nie te vroeg kamer toe nie, maar helaas.

Skielik wonder ek toe mos gister, watter rol speel al die elektronika en batterye om mens? Langs my kop lê my Kindle en my BlackBerry, net buite ons kamer in ons studio is daar ‘n magdom liggies, al is alles afgeskakel. Eke toestel wat kan speel, klank of prent voortbring, rekenaar, modem, splittterboxe, fax, oral gloei daar ietsie. Hoeveel strome en energieladings trek deur ons koppe, as ons probeer slaap?

Geen wonder ek het onderstebo gevlieg gisteraand nie!

PS: Van elektronika gepraat! Viersprong is ook nou as eBoek beskikbaar by Amazon! Gaan kyk HIER. Skrywers Anel Heydenreych, Annemari Coetser, Nadia de Kock en Trisa Hugo se verhale oor rare vriendskappe, weerlose mense, die reislus, die baie vorms van liefde, keuses wat gemaak word en vrede wat gevind word.

Comments on: "Lekker slaap!" (19)

  1. [...] moet ek seker ander ook tag … en die wenners is (drumroll)  Maankind en [...]

    • Eish man, ek het vakansiekinders hier wat maak dat ek niks tyd het nie, maar nou ja, ek is pleb genoeg dat ek maklik gou ‘n paar sal kan bymekaarskraap…

  2. lidiatheron said:

    Ek is net so gelukkig. Raak feitlik onmiddellik aan die slaap en slaap soos ‘n klip. Net wanneer ek diep depressief is, lê ek in die vroëe oggendure wakker. Gelukkig is dit nou onder beheer.

    • Ek het altyd gesê ek slaap soos ‘n baba. Maar babas slaap slég! Ek kan nie regtig kla nie, my brein moet net bietjie afskakel.

  3. Niks word hier afgesit nie. Ek slaap nooit werklik nie, my man se ek ‘pop off for naps’. Ek was al van kleins af so en het geleer om myself om gelukkig te beskou; I have more hours in my day than other people.

  4. Ek het volgens Modi die ander aand vir hom my 4 jarige se kunswedstryd gediggie opgese in my slaap.
    “Knor my ou katjie
    sit op ‘n matjie
    met sy ou voetjie
    was hy sy snoetjie”
    Hy het gedink dis vrek snaaks.

    As ek eers slaap, dan slaap ek, maar om aan die slaap te raak is nie altyd maklik nie.

    Hou duimvas. ‘n Pel van my vlieg vandag Hong Kong toe. As alles goed gaan kom hy terug met ‘n ……….
    KINDLE.
    VIR MY.

    En die eerste boek wat ek dan aflaai is joune s’n!
    x

    • Tipies jy, jou drama queen! Om ‘n resitasietjie op te sê. Nogal. Ek mompel glo vreeslik as ek slaappraat! Ons susters en kinders het net vanoggend oor slaaploop en slaappraat gesels. En ja, en doen helaas beide! Stap darem nie meer so baie nie, maar doen nog steeds soms.

      • Hy se nogal ek het my drama graad mooi “justice” gedoen daar ;)

        Maar nou regtig, ‘n 4 jarige se resitasie????? What was I thinking???

        Gelukkig het ek ophou loop in my slaap, maar ek praat baie en DUIDELIK.
        Ek lag ook (so uit my maag uit), tjank (snot en trane) en so nou en dan skop en slaan ek.
        Modi kry min slaap langs my, maar ek weet van NIKS!

  5. Ek is seker dan nog gelukkig. Wanneer ek slaap, slaap ek. Ek hol gewoonlik die koerant en blogs deur voordat ek ernstig gaan slaap. Dan sit ek die selfoon neer, draai my om en weg.

En? Wat dink JY?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 532 other followers