Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke…

I Felt the Love

Vandag was my status update: You may choose your word like a connoisseur, and polish it up with art. But the word that sways, and stirs, and stays, is the word that comes from the heart. (Ella Wheeler Wilcox)

Ek het dit geskryf omdat ons ‘n ‘oomblik’ beleef het vanoggend in Casa Maan, waar ek die suiwerste vorm van liefde kon vóél.

Dan lees ek weer ‘n bloginskrywing wat my hart so seer maak dat ek daardie pyn ook voel. En dan hoor ek van ‘n situasie naby aan my, wat meeste mense net verweg van hoor en miskien in koerante van lees.

Vandag het ek een wedstryd gewen, en ook een verloor. Iemand anders het minute voor my by so skattejag-tipe ding by die prys opgedaag. Vir die wenner was ek bly, sy het die prys regtig meer nodig gehad as ek!

Verandering is onafwendbaar en tyd, die mens, die volmaan en die getye, die lewe en die seisoene stap meedoënloos voort. Siklusse kom en gaan, politiek verander, en tegnologie verander ons lewe op skrikwekkende maniere. Elke paar jaar maak mense reg vir nog ‘n wegraping (Wat terloops weer volgende week is – Geniet jou laaste naweek). Alles kom en gaan. Liefde ook. Mense sweer ewige trou en skei terwyl hulle mog aan die troue afbetaal

Soet/suur, lig/donker, op/af, wen/verloor, eb en ty. Ons het hierdie balans nodig! Hoe gaan ons tog dankbaar kan wees vir ons lewens, as ons ekwilibrium nie soms bietjie versteur word nie?

Comments on: "I Felt the Love" (13)

  1. [...] was my status update gister. Ek het al voorheen geskryf oor lig en donker en op en af en eb en ty, en die balans in ons lewens, maar gister was regtig ‘n dag waarop ek [...]

  2. Geluk met jou boek! ja, soos jy sê, het ons balans nodig. Dit maak dat ons die goeie dinge waardeer wat oor ons pad kom. Maar as ons aan die on-lekker kant is, is dit onlekker en klaar!! Gelukkig draai die wiel altyd en is ons soms onder, soms bo!!
    Mooi dag

  3. Baie geluk, en geniet jou prys. Met tye wens ek die see van wisseling wil tot stilstand kom…. net nie op die “leed” kant van die lewe nie. Maar dan weer, sal ons dit wat goed en rein is waardeer, as ons nie ook met die donker-kant van die lewe te doen kry nie?

  4. Hoe wonderlik om so ‘n oomblik van suiwer liefde te beleef – ‘n mens vergeet dit mos nooit nie.

    Baie geluk met jou wenbrief en lekker lees aan jou nuwe boek!

  5. Ek het gesien wie het gewen, en ek gún haar dit! Jy weet mos.

  6. Ek het gesien wie, en ek gún haar dit! Jy weet mos.

  7. ‘n Skommeling van kleure in jou kaleidoskoop, inderdaad.

    Baie geluk met die kompetisie wat jy gewen het. Jy sal my vergewe as ek sê dat dit nie jy was wat die ander kompetisie gewen het nie, maar wel die persoon wat wel gewen het.

En? Wat dink JY?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 532 other followers