Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke…

Wie is jy? En wie dink jy is ek?

Elke mens het ‘n paar selwe.

  • Soos jy jouself sien of beleef. Jou selfbeeld, of dit wat jy van jouself dink, die mens wat jy dink jy is.
  • Soos ander jou sien en beleef. Jou naastes, jou kinders en jou partner sien jou natuurlik anders as mense in jou werksituasie, want jy tree anders op daar. Openbare figure het ook ‘n openbare beeld wat sekerlik verskil van die mens wat jy by die huis is.
  • Dan is daar jou virtuele self. Ek het bv al voorheen ‘n blog gehad met ‘n totaal ander persoonlikheid as my eie. So was ek ‘n ander mens, ‘n persona?
  • Die mens wat of wie jy werklik is. Die mens wat IS, wat die manifestering van jou gedagtes is. Die een waar jou hart volgens die ou Egiptenare na jou dood geweeg word wat ligter as ‘n veer moes wees…

Die groot vraag is seker hoe ons hierdie verskillende Selwe leef en beleef, met die ideaal seker dat al hierdie Selwe so na as moontlik aan mekaar is.

Xena Phoenix wou speel, en ek is nou moeg gewerk, so ek speel sommer gou saam, pleks van filosofies raak vandag. Dit werk so:

“For one day, and one day only” kry jy ‘n kans om jou prentjie van MaanKind te toets.  Jy maak ‘n stelling en ek sal dan sê of jy Koud, Lou of Warm is.

Bv Hou jy van Boney M?

Yskoud

Comments on: "Wie is jy? En wie dink jy is ek?" (40)

  1. [...] all one, deel van mekaar? Op watter vlakke ken ons mekaar, is ons deel van mekaar? Ken ons mekaar? Ken ons onsself? Weet jy wie jy [...]

  2. ek dink maankind hou van burntorange en van die sterrehemel , asook seesand tussen haar tone , hou van nougat en liquorish en selfs die smaak van olywe en songedroogte tamaties ! :)

  3. [...] nou ‘n speletjie wat deur die ander b(l)oggers begin is.  Hier is Maankind sin [...]

  4. Met die eerste een gaan ek kroek … Maankind hou van oranje.
    Maankind hou van rustig wees met ‘n ‘pinkie in die lug’ koppie tee met komkommertoebroodjies.

  5. golliwoggy said:

    Ek hou van die see. MaanKind hou seker van die maan oor die see.

  6. lidiatheron said:

    Ek dink ek ken jou te goed, dit sou onregverdig wees.

  7. [...] Merrie het hiermee begin, Maankind het die aflosstokkie aangevat en hier is ek ook. Ek is hoeka te lui / besig / mislik (kies die een [...]

  8. Maankind het al onder die sterre geslaap. (Ek wou gesê het Maankind gesels met spoke, maar dit sou erg kroek gewees het :lol: )

  9. golliwoggy said:

    Maankind hou nie van ysskaats nie.

  10. Maankind gebruik die kombuis as afleiding van die gewone roetine?

  11. Jy is blikkies slim? Erken maar ;)

  12. You do not like things in a structured way?

  13. Maankind luister in die geheim Worsie Visser CD’s?

  14. Sirkusse is mishandeling van mens en dier

  15. Jy was iewers in jou lewe n verpleegster.

  16. Maankind het beslis nog nie ophou soek nie.

  17. Was jou man in die weermag?

En? Wat dink JY?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Tag Cloud

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 532 other followers