Eke jaar oujaarsaand begin ons dorp lewe kry as dit donker word so teen 20:30. Oral hoor jy kinderstemme, musiek en jongmense se gejil. Grootmense is vroegaand nog sedig en stap bedeesd met bakke slaai en koelsakke op pad na een van vele paarties. Braaiveisreuke begin die lug vol trek en my oë brand van die paraffienreuk van die Blitz. Bakkies vol jongmense agterop ry en een speel glads Boeremusiek luidrugtig deur die strate. Almal is in ‘n goeie stemming en groet en waai en lag.
Omdat ons in ‘n baie sentrale kol bly, is ons gastehuis se parkeerarea vol, nie net van ons eie gaste nie, maar ook mense wat nie nader aan die strand parkeerpleek kry nie.
Dis Lig en dit Lewe. Almal wag vir die groot (amptelike) vuurwerkvertoning wat so teen 23:00 op die strand afskop, en amper 2 ure aanhou.
Normaalweg is oujaarsaand vir my een van nadenke oor die jaar wat verby is, ‘n refleksie op wat ek geleer het en nog kón leer, maar hierdie jaar was my gedagtes eenvoudig.
Dankbaarheid. Dankbaar vir die kinders wat kom kuier het. Dankbaar vir ons eie gesondheid. Dankbaar dat ek ‘n aaklige siekte gekry het, wat my tot stilstand geskok het, maar wat my kans gegee het om ‘n wonderlike uitdaging aan te pak, en wat gegroei het tot ‘n vinnig-groeiende Uitgewery van e-Boeke vir Kindle, wat op Amazon verkoop word.
Gister op die strand was dit groot pret (met die advieskomitee in die vorm van MaanMan en skoonseun Japie wat sit en instruksies gee) om 2011 te laat wegspoel in die verlede. Skoon te maak.
Ons verwelkom dan amptelik:
Every day is a New Beginning.
A new cycle begins this day, yet a new cycle begins every day. Indeed, every moment. So if you recognize anything on this day, recognize what it symbolizes: The miracle of the endlessly continuing Cycle of Life.
What a grand day! What a time for celebration! We begin again today! We turn the page! And so, let go of all that you do not wish to carry with you any further. Any fear, any sadness, any anger, any resentment, any disappointment, any lament…let it all go. And now, using the specialness of this day as a springboard, let’s get on with Life!
(Neale Donald Walsch)
Mag 2012 ook jóú jaar wees.





Comments on: "Dis 2012! En nee… Die Mayans se klip het maar net opgeraak…" (10)
[...] status update gister. Ek het al voorheen geskryf oor lig en donker en op en af en eb en ty, en die balans in ons lewens, maar gister was regtig ‘n dag waarop ek hierdie lewenswaarheid tot die uiterste in my lewe [...]
[...] jaar het amper ongesiens oorgeglip in die volgende een. Die eerste springgety van die jaar was altyd vir my simbolies die strand skoon van al die [...]
Voorspoed en baie kuiers van die kinders.
Dankie Attie. Hoop alles loop reg vir jou ook.
Beste Wense vir 2012. Mag elkeen van jou wense waarword.
Dankie! Beste wense vir jou ook.
Mag jy ‘n wonderlike 2012 hê. Mag al die nare dinge van 2011 by 2011 bly en 2012 vol mooi verrassings wees!
Dankie Toortsie. Hou maar duime dat my ouma nie reg was met haar eerste 12 dae wat jou jaar voorspel nie.
Ag nee!! Het dit sleg begin? Ons is darem nog by die 6e!!
Ek glo ook nogals dat die manier wat die jaar insit, vir my baie van die jaar vertel… maar jy kan natuurlik KIES of jy gaan meedoen of nie!!
Darem nie sleg nie, net nie so gesond as wat ek beplan het om die jaar te vat nie…