Doodle jy as jy op die foon praat? Ek het geen idee wanneer ek hierdie gedoen het nie, maar die patat lê langs die telefoon in ‘n groentebak.
Dan sê ek maar nou dankie aan die patat.
Dankie dat jy daar was vir my, dankie dat jy geduldig geluister het toe my pen met jou gepraat het.
Maar bowenal – Dankie dat jy jou lewe gee, sodat ek kan lewe. Want my hart kry seer om iets wat so mooi lewe nou in die oond te vermoor…
Posted with WordPress for BlackBerry.


Comments on: "Doodles" (25)
LOL, my ma het altyd gesê dwase skryf op mure en glase..so iets. Ek weet nie so lekker van patats nie.
Maar ek dink ook soos Ds Donkie..cool, pattat met ‘n tattoo. Hoop hy was darem lekker.
My ma ken jou ma… Gekke en dwase skryf hullle naam op mure en glase…
haai en so patat met die blare wat so groen groei hou vliee weg , het julle dit geweet ?
NIKS hou vlieë weg nie en jammer jy gaan my nooit oortuig nie…
ek doodle ook, haai julle gee my nou vreeslike idee hier , omdat ek doodle in my kuns kan ek daaroor blog en sommer vir julle ietsie doodle met julle name en dit vir julle in my blog sit dan kan julle dit copy en paste vir julle self gebruik, ag ek moet tog `n purpose he
vandag was so warm by ons ek kon nie agterkom wat ek wil doen nie … so patat maak lekker skyfies in die oond, sny baie dun saam radyse en skud in sak met bietjie olyf olie in , gooi dan in oondvaste skottel en gooi Ina Paarman se bief speserye oor en bak goudbruin, lekkerder as simba skyfies
Nou maar toe! EK het nou net op jou blog gaan kyk vir ‘n doodlery, en daar is nog niks?
Ek dink ons almal Doodle seker. My doodle begin met ‘n vertikale strepie, dan ‘n horisontale een en 2 diagonaal om ‘n sterretjie te vorm. Altyd dieselfde volgorde onbewus. Dan word elke strepie die middelpunt van ‘n blomblaartjie.
Ek doodle daardie selfde een al van skooldae af! Soms is die blomblaartjies ook diamante…
‘n Patat met ‘n tattoo- COOL!
Hey, dominees moenie weet hoe lyk patattas met tattoos nie…
As jy nie vleis eet nie omdat jy jammer is vir diere is jy `n vegetarier. Wat is jy as nie patat eet nie omdat jy jammer is vir hom en sy maters? (Behalwe nou dood van honger een of ander tyd
)
`n Lugvreter?
Ha-ha!
Ek krap ook met my pen, maar gewoonlik nie op ‘n patat nie!!
Mens sny nou daardie patat so ongeveer ‘n derde van die kop af. (Dan is die rankers nog aan). sit in ‘n bakkie en gooi elke dag net ‘n klein bietjie water vir die mooiste ranke!
As ek reg verstaan kan mens dit plant, Kameel, en dan groei daar eers ranke. En dan, dink ek, moet die ranke geplant word vir patats! ingewikkeld!!
Dis nie ingewikkeld nie! Maar MaanMan het nie geduld met my patatranke nie, hy reken dis morsig in die badkamer…
Lyk my daai patat moes lankal in die grond gewees het! In ieder geval, sal ek vir jou sê soos ek altyd vir my kinders gesê het wanneer hulle hulself bygekom het met kokipenne? “As Liewe Jesus wou gehad het jy moet op jouself skryf, sou Hy jou van papier gemaak het!” Liewe Maankind, jou patat is nie van papier gemaak nie!
Dis ‘n pragtige doodle, hoor.
Man, julle is sommer boring! My patattas is canvas en hoekom dan nou nie?
Eendag by my suster die mooiste rankplant met die mooiste blou/pers blomme op gesien, toe sê sy dit is ‘n patatrankplant. Wat ek nou wil weet is; as ek daardie patat van jou plant gaan ek patats of ‘n rankplant kry? NS. Darem nie dieselfde patat nie, joune gaan mos oond toe.
O ja, en ek “doodle” ook…. “it always turns out to be a flower.”
‘n Mooie ranker! Maar sy wortels vrot maklik.
Hoe kan jy? HOE KAN JY??? Geen oond nie – nee een vlak bak water en patat gaan vir jou rank totdat jou foon en alles daarom heen in lieflike sagte groen blare getooi is. Asseblief!
Nee wat, ek het toe maar die patat doodgemoor in die oond…
Ek ken Google – wat soek en Toodles wat se totsiens- maar nie “doodle nie. Bly as ek n nuwe woord leer
ALtyd tot jou diens…
As ek die liedjie maak, sal jy sing?