Onderdanigheid is nou nie juis ‘n eienskap waarvan jy my kan beskuldig nie. Was ook nog nooit. Die drie oujongkêrel-ooms langsaan het my as klein kind, die bynaam Cheeky gegee. Welverdiend ook.
Ons koop normaalweg nie die Sunday Times nie, maar gister het die woonstelgaste een agtergelaat, en in hierdie huis as daar iets geskryf staan, word dit gelees. (Ek sal nou nie so ver gaan as om te sê dat MaanMan instruksies lees nie…) In die Times Live, was ‘n baie interessante stuk, The allure of demure. Daarin
Mans kan nou maar sê hulle kies ‘n vrou met persoonlikheid, ‘n slim vrou, ‘n sterk vrou. Maar wie maak hulle harte sag, en bring die beskermingsdrang na vore? Ms Demure.
Nou hier in my middeljare dink ek al hoe meer daaraan, Feminisme was ‘n aaklige ding om aan ons geslag te verkoop, dit het bloot gemaak dat ons ‘n raw deal kry. Ons moes alles wees, want ons is gemaak glo dat ons supervroue is. En het ons nie probeer nie… En wie het in elke situasie met die prys (en dikwels ook die bevordering) weggestap? Ms Demure. En wie het die werk gedoen? En waar het dit die sterk vroue gelaat? Ms Demoer (in).
DH Lawrence wrote: “Men have loved to dwell … on the demure maiden whose inevitable reply is: Oh, yes, if you please, kind sir! The demure maiden, the demure spouse, the demure mother this is still the ideal.“
Demures might not be rich, intense or vivid in colour, but they do have a place in the herbaceous border of life. They are those small blushing flowers in the front nodding prettily away. It is only when you dig them up you find their long tenebrous roots have strangled every other plant in the bed. – Lin Sampson
Ek moet darem byvoeg, persoonlik dink ek ms Sampson is hopeloos te sinies in haar uitkyk. Meeste vrouens wat ek ken is maar ‘sterk’ vroue, en ons laat ons mos nie misbehandel nie, of hoe? Feminisme is ‘n vloekwoord.

Comments on: "The Allure of Demure" (19)
Dit hang alles af van wat jou persepsie van stemmig is.
So is alles in die lewe seker maar persepsies?
O hoe KWAAD is ek nou! Dis net presies soos jy se, Maankind. En demure gaan jy my nie kry nie, al sit jy my deur ‘n bad JIK en hang my vir drie dae op die wasgoedlyn.
Solank jy nie vir my kwaad is nie…
Ms Demoer (in) – briljant. Ek stem saam met die ander, net om te weet ek kan beteken nie ek gaan nie.
Die blote gedagte aan demure maar my naar. Ek stem saam met Slippers, net omdat ek kan, beteken dit nie ek moet nie.
En dit geld nie net vir wassers en grassny nie.
Slippers is slim, daai wysheid wat die jare bring…
demure-demoerin. Skitterend! Dit is net so moeilik om demure te wees- maak my soms demoerin…..
demure, demoer(in). Skitterend! Dis net dit maak my soms so demoerin om demure te probeer wees- ek kry dit nie so goed reg nie!
Ek sukkel ook… Te oop en eerlik…
Hierdie het my laat dink aan die fliek”The age of innocence.” Mans is na my mening die swakker geslag as dit by belangrike besluite en die liefde kom.
Nou waar is die Like button nou?
Ek stem saam met pienkpantoffels. One has to know one’s own limitations. En al kan ons, moet ons soms maak of ons nie kan nie, veral as daar die sterkere geslag in die rondte is
Ek het heelmiddag gewag dat jy kom lees…
En waar het dit die sterk vroue gelaat? Ms Demoer (in). … Ek like.
Ek kan baie dinge doen, op my eie, sonder hulp – nalatenskap van 7 enkellopende jare tussen my twee huwelike.
Maar ek sal beslis nie aandring dat ek die band omruil of ‘lightbulbs’ in te sit nie. Ek sal ook nie aanbied om die gras te sny of om washers in die krane om te ruil nie. Nee gits – dit sal my naels breek!
Vrouens moet weet dat daar ‘n verskil is tussen ‘ek kan’, ‘ek gaan’ en ‘ek moet’.
Ek kan, maar ek hoef nie. Daaroom hoef Lifiki ook nie te weet wat ek kan nie.
Ek kan, maar ek hoef nie.
Jy is ‘n slim vrou, Maryke.
Ek het nou lekker gelag vir waar dit die sterk vroue gelaat het
Soos op Fb gesê ken ek net hierdie pragtige vriendin van my wat saamstem sy is “demure.” Miskien is sy dan een uit ‘n honderd… of duisend. Lin Sampson het miskien te veralgemeen.
Ek dink ook dis ‘n baie siniese uitkyk op mense, Kameel. En sekerlik veralgemeen ek ook maar hier. Meeste vrouens wat ek ken is maar ‘sterk’ vroue, en ons laat ons mos nie misbehandel nie, of hoe? Feminisme is ‘n vloekwoord.