Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke…

Kleinmond Lagune breek deur see toe, voor dagbreek. Ons plaaslike strandmeer (lagune)  het normaalweg jaarliks tydens die winterreënseisoen na die see deurgebreek. Na ‘n vreeslike storm ‘n paar jaar gelede, het die geografie van die kuslyn ‘n bietjie verander, met hope sand wat geleidelik ophoop, en die lagune terugdruk. Nou is die piekniekplek onder water, en almal bespiegel wat die Munisipaliteit gaan doen. Dit is ‘n baie spesiale ervaring om te kyk as die lagune deurbreek. Die hele dorp is opgewonde, en daar is die hele tyd samedromming, dis net mense en honde en kinders. Daar is altyd stoute kinders van 6 – 60 wat die lagune in die nag probeer oopgrawe, maar as dit nie tyd is vir oopgaan nie, vul die watertjies maar net die slootjie en stoot hy weer toe. Elke ou merk met ‘n stok in die sand om die vordering te meet as hy weer daar kom. Die owerhede stel wagte aan om dop te hou. Jy vra oor die lagune voor jy iemand in die straat groet. En dan. Een goeie dag gaan daar net so ruising deur die dorp en die strate, en jy hoor die woorde op die wind – Die Lagune breek deur – en koue wintersnagte of te not, dan is man en muis op die strand, geserp en gejas en gehoed teen die koue.  Die adrenalien kan in die lug geruik word, vreemdes groet mekaar en die watertjie word doghehou. Die straaltjie wat begin loop, is dskaars so dik soos ‘n poltlood, so klein trickle, wat huiwerig begin, dan al vinniger, en dan begin die ouers hulle kinders bymekaar maak, want daardie watertjie verander in ‘n magtige rivier wat bruis, binne minute. Niks keer hom as hy begin loop nie. Mense wat oorkant die stroom op die strand gevang word, kan darem omloop. Na ‘n paar dae se loop, is die stroom dan so dat kinders met boogie boards kan speel in die stroom, maar deurstap, stap jy nie deur nie. Eers na weke se loop, kan jy deurstap. In hierdie tyd, verander die strand se lanskap voortdurend, Elke jaar is daar bakleiery in die koerante oor die lagune, moet dit meganies oopgemaak word, of nie? Feit is, die natuur het die landskap verander, en daar moet ‘n rede wees. Daar is baie natuurlike vleiland, en dan ook ons wildeperde, waaroor ek eersdaags sal blog. Die natuur is sterker as die mens, en as hy wil vleiland skep, dan gaan geen masjien daardie lagune oopkry nie. Alles verander. Ons ook. Kom ons eer die natuur.

http://dailypost.wordpress.com/2012/07/06/weekly-photo-challenge-movement/

Comments on: "Weekly Photo Challenge: Movement" (20)

  1. Het die lagoon onlangs deurgebreek – sal dit ook graag wil sien en ervaar. Dis seker ‘n oordonderende gesig en geraas om te aanskou!

  2. Wow! Geweldig die kleuren!

  3. great images…I really love the first

  4. Wonderful Gallery!

  5. Daardie eerste foto en “movement,”…. stunning!

  6. [...] Weekly Photo Challenge: Movement « MaanKind [...]

  7. Mooi foto’s! Die see lyk wild en winderig in die agtergrond. Dit is seker geniepsig koud daar.

    • Die see het baie buie, en verskil van uur tot uur. Maar so ook ons weer. Dit word nooit regtig geniepsig koud nie, dis nogal baie gematig hier. En as dit reën, is dit so sagte koue…

  8. Gerhard (Varkie) said:

    Great great great! Dankie vir die fotos!

    • Plesier! Ek waardeer jou info elders. Wil jy dit nie hier ook kom plak nie? Ek sien hierdie tipe blogs as bewaring van belangrike goed (vir my)

En? Wat dink JY?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Etiketwolk

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 922 other followers

%d bloggers like this: