Skip to content
14 Julie, 2012 / MaanKind

Weekly Photo Challenge: Dreaming

Every Little Girl Dreams about Her Wedding

Ten spyte van die hoë egskeidingsyfer, ten spyte van gesinsmoorde, ten spyte van gesinsgeweld, bly elke meisie steeds droom. En Hoop. En elke meisiekind dink al van kleins af aan haar troudag. En Glo. En Hoop. En elke meisiekind wat trou, trou met sterre in haar oë oor haar Groot Dag. Dit mag ‘n siniese siening wees, maar mense is nie meer getrou aan hulle inherente self nie, want wat word van daardie Glo? En Hoop? Dat hierdie die Groot Liefde is wat nooit tot in der alle ewigheid sal vergaan nie? Maar die skeihowe se waglyste bly langer as die waglyste vir trouvenues.

Is dit nie tyd dat mense eerder bewus gemaak van die feit dat daardie eerste verliefde fase binne so 2-3 jaar verbygaan nie? Dis is maar die natuur se manier om voortplanting te verseker. Daarna is dit mos ‘n ander soort liefde wat intree, en dan verwar die jong mevroutjie die ‘minder aandag’ met ‘gee nie meer om’ nie. En hulle begin mekaar verwyt, pleks van mekaar liefhê, op ‘n dieper, deernisvolle manier. Daar is ‘n baie groot verskil tussen BEING IN LOVE en BEING IN LUST.

Soveel jongmense dink nie verder as hulle Groot Dag nie. So luister nou maar vandag vir tannie MaanKind… Maar glo steeds aan geloof, hoop en liefde. En die grootste hiervan is die liefde. Maar hou asseblief aan DROOM. Want drome word waar, maar net as jy dit waar maak. Met Liefde.

http://dailypost.wordpress.com/2012/07/13/weekly-photo-challenge-dreaming/

16 Kommentaar

Lewer Kommentaar
  1. Loli Pretorius / Jul 17 2012 8:00 nm

    Ek dink mens moet só droom …anders het niemand getrou nie! (daai sêding “Love is blind” …. ek dink nou, dis nogal eintlik ‘n baie ware sêding! EERS verlief en blind, en dan heelmoontlik ‘n keuse om effe ‘blind’ te wees vir al die ‘foute’…OF om hulle te sien, en steeds lief te wees!

    • MaanKind / Jul 17 2012 8:04 nm

      Mens moet wragtag halfblind te wees om met mekaar saam te leef in die heilige huwelik!
      !

  2. jakesprinter / Jul 15 2012 12:55 nm

    Excellent post .

  3. Kameel / Jul 15 2012 12:45 nm

    Ek lief die foto… en dit wat jy saam met dit sê. Ek het bruidspare afgeneem op hierdie groot dag van hulle, Deur die kameralens het ek die sterre in haar oë bekyk, en die amperse aanbidding vir mekaar gesien, wanneer hulle ewige trou aan mekaar belowe. Alles was sprokiesmooi…. maar my eie hart het gewoonlik beswaard in my binneste geklop. “Besef julle waarvoor julle “ja,” sê. Is julle waaragtig bereid om hierdie gelofte gestand te doen… until deith do us part?”

    • MaanKind / Jul 15 2012 1:30 nm

      Kan ons nou met nabetragting dinge sien soos dit is, nè?

  4. seegogga / Jul 14 2012 10:55 nm

    Liefde is ook ‘n toewyding, ‘n vaste doelbewuste handeling met die verstand, nie slegs emosie nie.

  5. doulien / Jul 14 2012 4:51 nm

    Kry ek so teder gevoel om my hart ..so mooi ” luister nou vir Tannie Maankind…” is dit nou nie pragtig nie! Ai , so opreg moederlik. Dankie Maankind, vir die blog.

    • MaanKind / Jul 14 2012 7:07 nm

      Ag dis swaar as mens toekyk en sien hoe mense voor jou oë hulle lewens opneuk. Goed en wel om te sê hulle moet self leer, maar dan is daardie lewe steeds opgeneuk!

  6. pienkpantoffels / Jul 14 2012 4:27 nm

    Dis so waar wat jy sê Maankind. Mens stap daardie paadjie af met drome, sterre in die oë – meestal oor beloftes wat gemaak is, liefdes verklarings ens ens – en dan na ‘n paar maande kom jy agter – Met die bruid in die skuit, vlieg beloftes by die venster uit :-) Dis wanneer jy moet besluit om deur te druk omdat jy liefhet en self ‘n paar beloftes gemaak het.
    Die lekkerste is die dag wanneer jy besef dat julle – ongeag die skaafplekkies, verskille – bymekaar hoort soos boude. Jy besef dat die ‘private jokes’, spesiaal gedeelde kykies, spesiale tye en diep intieme oomblikke sonder en met seks – alles die wag, vasbyt ens die moeite werd was. Daai dag wanneer jy jou wederhelfte asof vir die eerste keer sien en ‘n stemmetjie sê: “Vir jou het ek onvoorwaardelik lief.”

    • MaanKind / Jul 14 2012 4:32 nm

      Well said! Dankie. Ek sien oral om my, mense gee so gou op, om te ruil vir ‘n lewe wat nie noodwendig beter is nie.

  7. rondomtaliedraai / Jul 14 2012 2:02 nm

    Pragtige foto!

Trackbacks

  1. Weekly Photo Challenge – Dreaming | Just Snaps
  2. Weekly Photo Challenge: Dreaming « Ruth E Hendricks Photography

En? Wat dink JY?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

raquellielewis

A fine WordPress.com site

SkalkSkryf

Veelgesprek met mededele

Tracy Todd's Blog

The personal record of Tracy Todd

Padlangs

Deel die lewe, denke, twyfels, ervarings en idees van 'n eerlike, post-moderne Christen en predikant.

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

colourmecrazee

random ramblings about everything and nothing

BRIEWE UIT DIE VREEMDE

Dagboek. Skryfboek. Plakboek. .

Flenters se Persepsies

Die plek van skugter opinies

Turksvy se Bloggie

My soet en suur

iBoké

Hou daarvan om haar idees met ander te deel... die lewe is te kort om suinig te wees.

The Awakening

a divine intervention...

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

rosigemaryn

Suburbia

Anzel se Blog

Waar ek my hart met jou deel...

Seegogga se Bloggie

sommer woordjies wat waai in die wind en miskien aanklank sal vind

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Nadia de Kock

Making meaning: Words, Music, Travel

Just Fletcher

You cannot depend on your eyes when your imagination is out of focus

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

'n Unieke Kombinasie - Maar wat het jy meer nodig as 'n Kameel en 'n Lig, omring deur veelkleurige blomme?

Ek het toe so gedink...

Just another WordPress.com site

Herriemerrie

Ietsie van alles

maxidiehexi

alles wat mooi is vir die oog

woorde

+Speel met woorde...miskien 'n woordekramery !

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Kouevuur

wat brand in my kop

Cecilia Barnard

Droom, Skryf en Lag saam...

Alta Cloete

Bolandse skrywer van eg Suid-Afrikaanse lekkerleesstories

David Gaughran

Let's Get Digital

Aylestone 8

A gift from God

Van Waar Jy Kyk

Gedagtes, drome, frustrasies ens. van 'n gekompliseerde girl.

ARCANA in AFRIKAANS

Geestelike Gedagtes en Gesprekke oor Goddelike Geheime

Veralda Schmidt

honnertbedonnert

Om die Kombuistafel

'n Kuierplek waar almal welkom is.

Antjie Patat

loop met haar kop hoog in die wolke... soms is sy 'n rooibruin hennetjie, en soms 'n patat.

Annemari Coetser

Die plek waar ek die groot trom slaan oor boeke, skryf, lees, Afrikaans en reis

The only Cin

Blog about my life, my dort, my passions and food

Slakkelak

Lees saam...

Safe Travellings

Just saying it like it is...

Chanette Paul se Blog

Gesels saam oor liefde, moord en die Gys Niemand-boeke

Gardiol's Blog

Ek Verwonder My Aan Alles

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

Leon von Moltke se blog

Hierdie is sommer net 'n paar skriffels

Klip in die bos

Waar die klip tref, spring iets dalk uit

Maryke van Rensburg

praat oor pienk pantoffels en silwer bikinis

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 903 other followers

%d bloggers like this: