Etikette

,

Urban Life in the Bo-Kaap, a historical part of Cape Town in South Africa.

 

Wanneer ons familie in die Kaap kom kuier, wil almal terstond met die kabelkar teen Tafelberg op en dan daarna die V & A Waterfront besoek, wat so deeglik bemark word. Daar is natuurlik niks mee verkeerd nie, maar daar is soveel meer in Kaapstad om te sien as al die plekke wat deur toeriste organisasies opgehemel word.

Een voorbeeld hiervan is die kleurryke Bo-Kaap, met sy keisteen strate en kleurvolle huise, net bokant die stadskern van Kaapstad in Waalstraat bokant Buitengracht.

Daar is die interessantste winkels waar ‘n mens speserye kan koop waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Daar is tussen al die interessanthede rys per kilogram, yslike dadels, kokosneute en sulke bruin bolle Tamaryn-lekkers, taai en lekker.

Kinders speel in die strate en ooms sit op hulle stoepe. Volgens een van die inwoners voel hulle baie veilig daar en kan hulle in die aand buite sit en sonder kommer tussen die huise rondbeweeg.

Daar is verskillende restaurante, waarvan die bekendste Biesmiellah’s en Noon Gun, wat tradisionele Maleise geregte bedien. Die Kanon is ook daar, en dis altyd lekker om mense te vat om 12:00 die kanonskoot te sien afgaan.

Die Bo-Kaap het sy ontstaan in 1760 gehad. Alhoewel daar oor die jare na mense van die Bo-Kaap verwys is as Kaapse Maleiers, kom hulle nie van Maleisië soos soms verkeerdelik aanvaar word nie. Die meeste mense kom oorspronklik van Batavia (deesdae genoem Indonesië), Indië, Madagaskar en Mosambiek. Die taal Malayu was deur handelaars gebruik van Madagaskar tot China.

Die oudste huis wat in sy oorspronklike vorm behoue gebly het, dateer uit 1760 en huisves tans die Bo-Kaap museum. Die museum vorm deel van Iziko Museums, ‘n groep van vyftien museums en besienswaardighede.

Iziko Museums of Cape Town are African museums of excellence that empower and inspire all people to celebrate and respect our diverse heritage.

Vir meer inligting, kontak Iziko by 021 460 8200.

http://dailypost.wordpress.com/2012/08/24/weekly-photo-challenge-urban/