Tags

,

Ouderdom is ‘n snaakse ding. ‘n Vriendin stel dit gister so mooi, sy reken die jare tussen 50 en 55 is so half snaaks, so niksseggend. Onder 50 is jy nog jonk, en bo 55 kwalifiseer jy vir allerhande lekker dinge,  soos afslag by flieks en ander plekke, en vir my die beste – gratis bankdienste! Sy sien 55 as ‘n soort mylpaal wat ek nou bereik.

Vir my was 40 die beste, BESTE ouderdom waarop ek ooit was. Jy is dan op jou prime mense, op jou prime. Geniet dit die van julle wat nou daar is, of op pad is soontoe, want op 50 het ek ongesiens past-my-prime geglip, en nou voel ek so knap by my sell-by-date.  Niemand dit meer ek is ‘n hottie nie, Maar ek gry gratis bankdienste!

Maar die beste, beste deel van ouer word is die terugkyk. Jykanjou foute sien, en dit nie weer maak nie. Jy is rustiger, want jou gedrag word nie meer gemotiveer deur ander se verwagtinge nie. Jy kan ook NEE sê. Maklik ook. Jy weet wat motiveer mense, jy kan kyk na hulle gedrag en saggies jou kop skud. Want jy weet elke ou moet sy eie paadjie stap. En self verantwoording doen vir sy eie dade, en leef met homself, sy gedagtes en sy dade.

Madeline L’Engle het tereg gesê: The great thing about getting older is that you don’t lose all the other ages you’ve been.

Maar nietemin, more verjaar ek, en alle blomme, sjokolade, syserpe, boeke, CD’s en dergelike dingetjies kan hier gelaat word…