Tags

, ,

Want iemand hoor vir my, ek sal iewers van hierdie bus moet afklim.

Vandat Facebook in ons lewens het, is daar ‘n groter behoefte aan onmiddellike terugvoer op ‘n gesprek. Facebook vervul ‘n wonderlike rol, omdat dit so lekker en interaktief is.   En reaksie is blitsig. Ek speel graag saam op Facebook, en gebruik dit ook as ‘n bemarkingsmiddel vir ons besigheid. Met so ‘n verskeidenheid mense verskil ons lekker oor dinge, en ons stem ook saam oor baie. Ons leer mekaar ken, en ons grou mekaar uit ons verledes. My laerskoolvriende uit die 1960’s sluit flink aan by die groep wat ek onlangs gestig het.

Daar is net een nadeel van Facebook. Dit verdwyn te vinnig! Ons het heerlike gespreksforums daar, maar wee jou as jy iets soek waaroor julle twee weke gelede gesels het.

Nou Twiet almal, ek ook. Maar ek vind dit hopeloos te eensydig, en vinnig afgejaag. Dit laat my dink aan ‘n seuntjie met ‘n peashooter wat goed uitblits, en wie gee eintlik om?

Nou wat gaan na Twitter volg, wat nog vinniger is, en meer gerig op instant gratification? Dan klim ek van hierdie bus af!

Waarheen kom ek elke keer terug? BLOGGING. Want dis lekker om mense se opinies te hoor, en oor hulle lewens te lees, en ook my ervaringe te deel.

Dankie dat julle almal in my lewe is.

(En as jy my ten spyte hiervan tog wil volg op Facebook of op Twitter, kliek op die icons links bo…)