Tags

,

Dis wat ons elke aand vir mekaar sê.  Lekker slaap. ‘n Lekker vet soen en ‘n druk en ‘n rugvryf. My aandroetine is lekker snoesig. Warm bad, lekker flennies, sagte warm japon tot ons bed toe gaan.  Regskik tussen die lekker kussings, laken om die duvet vou, die lepel regskuiwe en salige nagstilte. Die een met die koudste voete moet die ander se voete warm lê. En wat gebeur dan?

Salige slaap? Beslis, maar vir hoe lank?

Party aande vlieg ek lekker in my drome. My drome is altyd vivid. En meestal lucid. Meermale dwing ek myself uit ‘n droom uit, I mean really, die dinge wat darem in my kop woon kan ek soms selfs nie glo nie! Dan WIL ek myself wakker, en dan moet my kop weer afskakel.

Dis dán wat ek begrip het vir my vriende se Facebook statusse wat elke dag min of meer só lyk:

  • Wens ek kan ook slaap as ek my oe toemaak soos ander mense !
  • ‎…knitting the night away…♥
  • Insomnia is soos n luislang. Dit pers jou saam en reduseer jou tot n onfunksionele drelsel die volgende dag, ek ly al jare daaraan

‎Ons het nou al alles gedoen, drink nie meer tee in die aande nie, nie te veel koffie deur die dag nie, geen swaar kos of soetgoed na 6 nie (OK gewoonlik nie…), gaan nie te vroeg kamer toe nie, maar helaas.

Skielik wonder ek toe mos gister, watter rol speel al die elektronika en batterye om mens? Langs my kop lê my Kindle en my BlackBerry, net buite ons kamer in ons studio is daar ‘n magdom liggies, al is alles afgeskakel. Eke toestel wat kan speel, klank of prent voortbring, rekenaar, modem, splittterboxe, fax, oral gloei daar ietsie. Hoeveel strome en energieladings trek deur ons koppe, as ons probeer slaap?

Geen wonder ek het onderstebo gevlieg gisteraand nie!

PS: Van elektronika gepraat! Viersprong is ook nou as eBoek beskikbaar by Amazon! Gaan kyk HIER. Skrywers Anel Heydenreych, Annemari Coetser, Nadia de Kock en Trisa Hugo se verhale oor rare vriendskappe, weerlose mense, die reislus, die baie vorms van liefde, keuses wat gemaak word en vrede wat gevind word.