Elke dag as ek na my Blog Stats kyk, dan is daar iemand wat op my blog afgekom met die soekterm Gordelroos. Dit is by verre die soekterm waarmee die meeste mense op my blog afkom. Dit beteken dat daar baie mense is wat self Gordelroos het, of iemand na aan hulle wat dit het.
Dit is regtig die siekste wat ek nog in my hele lewe was, en daarom wil ek graag vir almal wat daaroor inligting soek, moed gee dat dit wel oorgaan (al voel dit nie so nie), en vertel hoe dit my geaffekteer het. Miskien voel jy dan minder alleen, want die vet weet, dit is ‘n eensame siekte, omdat dit so lank aanhou. Aan die begin is almal jammer vir jou, maar wanneer die rooi en die blase verdwyn het en daar nie meer sigbare letsels is nie, net dowwe rooi/pers merkies, en die tyd stap aan, begin die simpatie ook opdroog. Jy lyk immers gesond.
Natuurlik is een van die eerste dinge wat mense doen, om te Google daaroor, en daar vind jy al die dinge wat die dokter jou ook vertel, die simptome en die behandeling. Wat niemand my vertel het nie, is die emosionele sy daarvan. Die huilbuie, die snaakse depressiewe gevoel, sonder dat jy terneergedruk voel.
Enige ou wat al ooit Gordelroos (oftewel Shingles) gehad het sal weet, tydens die akute fase voel dit of jy gek word, dis ‘n brand en pyn wat moeilik beskryf kan word. En geen pil help vir daardie pyn nie. Niks help nie. NIKS. Jou kop voel of dit met ‘n fietspomp opgepomp is, jy brand asof iemand al jou velle met ‘n pomelomessie afgeskil het (en jou hier en daar met die skerp puntjie raak geraps het), en jy pyn soos wat soos jou rug voel met geboortepyne, net dit is oor jou hele lyf en in elke been en buigplek. Jou spiere bestaan nie, anders sou dit ook seer gewees het. Amper vergeet ek van die naar en jy wil opgooi, maar jou spiere is te seer om op te gooi… Eers later het ek gehoor van die rou senuwee, want die virus het die omhulsel aangeval en opgevreet! Dit gee nuwe betekenis aan die term Rou Senuwee.
Dit alles het maar net vir my aan die begin soos ’n baie kwaai griep gevoel, en ek het gewonder hoekom help niks vir die pyn nie.
Die rooi kolle met blasies het ek toegeskryf aan die kat se vlooie en MaanMan het haar dadelik ‘n Capstar ingejaag. Ek het sommer Colloidal Silver gel aangesmeer wat dadelik die brand laat bedaar het. ’n Vriendin in die mediese wêreld het my arm een kyk gegee en gesê, jou árme mens! Gordelroos is niemand se maat nie. Toe eers drop die pennie. Ek het Opgevra Boontoe, en die antwoord was eenvoudig: Natuurlik is dit Gordelroos, hou maar aan met die Silver smeer. En toe was dit te laat vir antivirale middels. As ‘n mens tydens die akute fase antivirale middels kry, help dit klaarblyklik om vinniger te genees.
Ek het tydens die akute fase te siek gevoel om dokter toe te gaan, want ons dokter was weg, die vennoot op kraamverlof en die locum oorwerk. Ek sou moes sit en wag, sonder waarborg dat hy my wel sou kon sien. En dit was boonop Saterdag. Toe dink ek mos dit is kwaai griep, en dit sal oorgaan.
Teen die Maandag het ek beter begin voel, maar toe slaan my arm in so lang ry blase uit. Ek weet nie of dit van skrik of pyn was nie, maar ek kon nie ophou tjank nie. Later eers het ek agtergekom dat ek op vreemde tye oor niks gehuil het nie, sommer net gehuil.
Vir weke lank het dit gevoel asof die balans in my selle met tye net deurmekaar is, en elke greintjie energie uit elke sel my lyf verlaat. My alignment was uit, my lyf se kompas wys skuins verby noord. Veral die arm wat aangetas was, was swak, my spiere wou nie werk nie, en goed het sommer uit my hande geval. Dit gebeur steeds dat ek nie kan vasvat nie, en ‘n bottel konfyt kry ek nie oop nie. Dit word darem nou geleidelik beter.
Dit is nou twee maande later, en ek is steeds af, sommer net af. Moeg. Baie dae staan ek vol energie op en gaan aan met my dag, maar dan in die middel van ‘n geringe taak, dan voel dit net of ek nie een enkele tree verder kan stap nie. Ek weet al, drink maar bietjie water, gaan sit ‘n rukkie, en gaan dan weer aan. Ek dink en reageer steeds bietjie in s t a d i g e a k s i e.
Maar ek is vol moed, dit gaan nou elke dag beter. Vandag was die eerste dag wat ek nie een lam-bam episode gehad het nie! Die een dag wat ek op my heel moedeloosste was omdat ek nie gou genoeg na my sin herstel het nie, het ek hierdie boodskap van Neale Donald Walsch gekry:
I believe God wants you to know that the cycles of life are endless — and always serve you, because life is a process that serves Life Itself.
When things seeem to be shifting away from you, moving in the other direction, closing doors, shutting own opportunities, remember that all things are cyclical — including Life Itself.
What you are experiencing is temporary — whether it’s “good” OR “bad.” So stop calling it one thing or the other, and simply embrace it as What’s Happening Now.
You’ll move through it all much more peacefully
Besoek gerus die blog:
http://gordelroos.wordpress.com/
Hierdie is die soekterme wat mense die afgelope drie maande gebruik het
Search | Views |
---|---|
gordelroos | 43 |
https://maankind.wordpress.com/ | 14 |
sywurms | 9 |
met die helm gebore | 9 |
yskas | 7 |
maankind | 6 |
maankind wordpress | 6 |
inspirerende gedagtes | 5 |
kreatiewe skryfwerk | 5 |
maankind blog | 5 |
maankind se blog | 5 |
my beste vakansie | 5 |
rooskwarts | 4 |
kop skuif | 4 |
hiasint | 4 |
hoe om te vergewe? | 3 |
ons omgewing | 3 |
toesprake oor erfenisdag | 3 |
kreatiewe skryfwer | 3 |
hoe om te vergewe | 3 |
amanda botha laurence van der post | 3 |
hier staan ek | 3 |
naak seuntjie | 3 |
wat eet sywurms | 3 |
gordel roos | 3 |
PS: Die naak seuntjie tickle my! Op watter van my inskrywings sou iemand beland wat soek vir naak seuntjie?
PPS: Hierdie is nie bedoel as ‘n mediese artikel oor Gordelroos nie, dit is bloot my belewenis daarvan.
Dorie Smith said:
Hi ek het gordelroos al drie haar. Dit is n virus wat afstam van water pokkies wat jy as kind onderlede. Dit le dormant en as jy spanning ontwikkel, dan val dit jou aan. Sodra dit beter word dan maak dit jou vel stukkend op n ander plek. Ek het die inent gehad en ook duisende Rande se medisyne gebruik. Laser behandeling gehad nou gebruik ek niks. Party dae brand dit soos hel en party dae is die pyn weg. Beste wat sover werk is silvo gel of repril gel. Bedek die plek met bio oil of tissue olie. Anethaine salf verlig ook die pyn
LikeLike
Annetjie Schoeman said:
Ek Annetjie het gordelroos het medikasie gekry alles beter maar het ‘n pyn inmy regter oog wat nie wil oorgaan nie Die pyn in my oor is weg Ek is al moedeloos met die erge pyn
LikeLike
Naomie 'aka' my man se Persheks said:
Goeie naand, ek het al jou simtone beleef en myself boonop my eerste keer in ‘n vreede land kom vestig, my man by wie ek kom aansluit het (2 maande sonder mekaar ek in SA hy in UAE) kon nie verstaan wat de hel met my aangaan. Ek het natuurlik uitmekaar geval in alle opsigte maar hard probeer weg steek. Die een kant van my gesig en nek was die teiken….. Die Vader alleen weet hoe ekke dit deur gemaak nog steeds maak… Ek stem saam dis ‘n pyn wat ek niemand toewens en bid daagliks dat dit net oorgaan. Eks al heel wat beter en moet Groot dank aan Kreolan Stage Make Up opdra waar sonder ek sekerlik soos ‘n monster lyk. Ek maak maar verskoning dat ek elke sekond van die dag en nag probeer goed lyk siende dat ek en manlief so lank sonder mekaar was maar in realiteit plak ek my gesiggie so van die wetterse Kreolan dat ek soms giggel en myself skaars herken….nie eens te probeer bespiegel wat manlief van my gekleurde voorkom dink. Shame hy kyk ook maar net soms en sê met goeie intensies dis werklik nie nodig dat ek probeer mooi of jonk lyk dag en nag hy mis hoe ek normaal weg lyk……dan giggel ek in my binneste want die dinge wat hierdie middeljare vrou nie als doen in die naam van voorgee en skoonheid.. Ek gaan jou in my gebede hou dis sowaar ‘n verpeste siekte!!! Ek wens ek kon my tower stokkie uitruk en “poef” weg en verban van die aarde!!! So maklik is niks egter. Vir almal wat dis lelike pynvolle siekte beleef ek bid vir jul.
LikeLike
Naomie 'aka' my man se Persheks said:
Goeie naand, ek het sl jou simtone beleef en myself boonop my eerste keer in ‘n vreede land kom vestig, my man by wie ek kom asnsluit het (2 masnde sonfer mekaar ek in SA hy in UAE) kon nie verstaan wat de hel met my aangaan. Ek het natuurlik uitmekaar geval in alle opsigte maar hard probeer weg steek. Die een kant van my gesig en nek was die teiken….. Die Vader alleen weet hoe ekke dit deur gemaak nog steeds maak… Ek stem saam dis ‘n pyn wat ek niemand toewens en bid daagliks dat dit net oorgaan. Eks al heel wat beter en moet Groot dank aan Kreolan Stage Make Up opdra waar sonder ek sekerlik soos ‘n monster lyk. Maak maar verskoning dat ek elke sekond van die dag en nag probeer goed lyk siende dat ek en manlief so lank sonder mekaar was maar in realiteit plak ek my gesiggie so van die wetterse Kreolan dat ek soms giggel en myself skaars herken….nie eens te probeer bespiegel wat manlief van my gekleurde voorkom dink. Shame hy kyk ook maar net soms en sê met goeie intensies dis werklik nie nodig dat ek probeer mooi of jonk lyk dag en nag hy mis hoe ek normaal weg lyk……dan giggel ek in my binneste want sie dinge wat hierdie middeljare vrou nie als doen in die naam van voorgee en skoonheid.. Ek gaan jou in my gebede hou dis sowaar ‘n verpeste siekte wat ek graan my tower stokkie sou wou uitruk en “poef” verban van sie aarde!!!
LikeLike
MaanKind said:
Ag eina man! Elke stressituasie laat dit weer opvlam. Rus, Wes lief vir jouself en word gesond.
LikeLike
Jackie said:
Dagsê maankind, ek het ook gordelroos volgens dokter is twee senuvlakke aangetas, dit is baie pynlik het al twee vitB inspuitings gekry om gestel op te bou. Nie dat ek agter gekom het dit werk .Dame by apteek het gessê ek moet die aangetasde dele met Gin smeer(partykeer voel ek eerder om dit te drink) dit koel bietjie af en gee tydelik verligting. Dokter het gesê dit moet homself uitwoed geen pynpille help ek het S5 pynpille gekry by dokter en probeer maar geen verligting.gekry. ek drink ‘n slaappil wat darem die nag bietjie korter maak. sterkte aan almal ek voel saam met julle. Groete Jackie
LikeLike
MaanKind said:
Ag siestog Jackie! Jy moet kyk of jy Silvergel kry om aan te smeer, of Bulbinella blare se sap, dit bring ook verligting as die vel brand.
LikeLike
Rosa van der Merwe said:
Ek is so pas gediagnoseer met gorrelroos op 54jr ouderdom en het blykbaar geen kindersiektes gehad nie. My ouers het my by kinders gelos wanneer hulle op hulle aansteeklikste was vir dae aan een niks het gebeur nie. Die pyn is ongelooflik en die moegheid, seer spiere, kopsere. Voel ek gaan mal word. Wens dit nie my grootste vyand toe nie. Wat nou? Is bekommerd omdat ek Nov 2009 ‘n tripple bypass gehad het. Gaan dit my hart affekteer?
LikeLike
MaanKind said:
Baie sterkte! Ek hoop jy kom gou reg.
LikeLike
Riekie de Beer said:
Wil net graag uitvind. Dr het gordelroos by my gediagnoseer. Nie aan die buitekant nie maar wel binne onder my vel. Ek wil mal word van hierdie verskriklike pyn . Gun dit nie vir my grootste vyand nie. kan iemand bevestig of dit kan gebeur en wat doen ek vir verligting asseblief. Raak verslaaf aan al die pynpille . Help nie veel nie.
LikeLike
MaanKind said:
Baie sterkte! My dokter het gesê die paar blasies op my vel is die minste, die ergste pyn is binne. Drink maar wat jou dokter gee.
LikeLike
Andre van Wyk said:
Andre hier. Ek is ook te laat gediagnoseer met inwendige roos. Glo my ek wil ook van my kop af gaan. Ek mis my nagrus die meeste.Dis hel om aan die slap te raak met die vel wat so brand en dan het ek nog suikersiekte ook wat my voete erg laat pyn.Ek het al 20kg verloor wat dalk n goeie ding is want ek is maar lekker dik. Ek glo stress het met dit te doen want ek is ook al n jaar sonder werk. Al wat ek kan se is sterkte want dit is nie n lekker siekte nie. Iemand wat dit nie ken nie sal dit nie verstaan nie. Groete
LikeLike
MaanKind said:
Baie sterkte!
LikeLike
Bekommerde Kind said:
My Ma is verlede week met gordelroos gediagnoseer. Dokter se dis agv van spanning en stres. Tans is sy die een wat alle take in die huis oorneem wanneer ek werk en aangesien my Pa ook siek in die bed is. Dit laat my verskriklik gefrustreerd voel, so bang ek verloor my Ma. So bang ek verloor my Pa. Wat kan ek as kind doen om iewers (weet nie wat) my Ma te help met die siekte? Hierdie nuus het my gisteraand laat vra HERE hoekom dan? Ek is ‘n Jeugleier in ons kerk en glo met hart en siel in die HERE, maar hierdie nuus wat my ma met my gedeel het laat my magteloos voel.
LikeLike
MaanKind said:
Ek is so jammer om te hoor. Begrip is wat jou ma die nodigste het. Die pyn kom en gaan, lank nadat die velletsels gesond is. DIt maak mens ook tam en moeg. Soms ook emosioneel. Sê net jy verstaan, dis al. En koop vir haar ‘n tjoklit as sy dit die minste verwag, net klein, klein dingetjies. ‘n Tydskrif dat sy bietjie kan rus, ‘n lekker sepie om die seer weg te was. Maar regtig net begrip. Vra haar uit hoe sy voel, en vryf haar skouers en sê toemaar, ek verstaan.
XXX
LikeLike
patricia said:
hi almal,
ek het gorelroos gekry Augustus 2013 en dis al n jaar later.
pyn is weg maar ek het nog die vreeslike jeuk dit was op my gesig en my vel waar die uitslag was voel nogsteeds allergies ek kan nie aan dit rerig vat nie en as die wind waai irriteer dit my vel verskriklik en dit jeuk en voel of naaldtjies onder my vel beweeg.
as daar enige iets is wat net die gejeuk permanent kan wegvat sal ek regtig god dank.
my kontak nommer is 0766291424 as enige iemand vir my raad het .
baie dankie.
LikeLike
Dawid Roux said:
Goeie dag. Eks Dawid my vrou het dit ook.Die dokter se hy kon haar gou genoeg help voor die goed te ver uit geslaan het.N hele paar duisende rande se pille is die goed op haar arms amper weg dis nou al omtrent drie maande.Sy bly klae van pyn en haar gestel is al so af van al die pille dat sy begin opswel het.Dit is asof niks werk nie die probleem is my vrou het ook n maag probleem en dus kan sy nie enige iets drink nie.Op hierdie staduim klae sy baie van haar niere en rug en nek en sy raak gou moeg Ek het al voorgestel dat sy moet enirgie pille drink maar sy se dit brand haar maag. As julle weet van iets kan julle my asb laat weet wat ek kan doen haar te help want my arme vrou het seer en ek weet nie meer hoe ek haar kan help nie Ek gee julle my selfoon nommer en enige iemant wat weet wat werk kan my sms en ek sal julle terug bel 0822947807 Dankie Dawid Roux
LikeLike
Dawid Roux said:
Goeie dag. Eks Dawid my brou het dit ook.Die dokter se hy kon haar gou genoeg help voor die goed te ver uit geslaan het.N hele paar duisende rande se pille is die goed op haar arms amper weg dis nou al omtrent drie maande.Sy bly klae van pyn en haar gestel is al so af van al die pille dat sy begin opswel het.Dit is asof niks werk nie die probleem is my vrou het ook n maag probleem en dus kan sy nie enige iets drink nie.Op hierdie staduim klae sy baie van haar niere en rug en nek en sy raak gou moeg Ek het al voorgestel dat sy moet enirgie pille drink maar sy se dit brand haar maag. As julle weet van iets kan julle my asb laat weet wat ek kan doen haar te help want my arme vrou het seer en ek weet nie meer hoe ek haar kan help nie Ek gee julle my selfoon nommer en enige iemant wat weet wat werk kan my sms en ek sal julle terug bel 0822947807 Dankie Dawid Roux
LikeLike
MaanKind said:
Ai Dawid, al wat ek kan sê is sterkte! En dat dit wel beter word en die pyn minder, maar dit vat tyd. As ek geweet het van iets wat help het ek dit self gedrink! Al wat ek weet wat vir my werk, is baie rus, en rustig wees. Enige stress vererger dit baie. Jou bystand en begrip sal vir haar baie beteken.
LikeLike
Louise Smit said:
Gordelroos is etlike jare gelede by my gediagnoseer ! Nog steeds skreeu ek letterlik as die pyn met eens deur my rug sny en voel asof iemand brandende stukke ysters in my liggaam druk! Stres is beslis die oorsaak, ongelukkig het ek baie stres. Probeer myself rustig hou, staan in die oggend op met die wonderlikste lewenslus, maar helaas na die eerste paar take nog nie afgehandel, wil ek net op die bed gaan lê. Het nog nooit werklik uitslag gehad nie, maar die pyn is absoluut ondraaglik! Vanoggend aan my regtersy jeuk gevoel ervaar, opgemerk een groterige plekkie waar blasie was en nou so groot soos my hand honderde klein knoppies rondom, jeuk en brand baie. Sterkte aan almal met hierdie “siekte” dis geen grap nie en as jy dit nie self ervaar het nie, weet niemand waarvan jy praat nie.
LikeLike
MaanKind said:
Ai Louise. Ek sit self met bietjie van ‘n relapse op die oomblik! Daardie moegheid. Dis wat my onderkry. Ek het die pyn al leer hanteer.
LikeLike
steven hanslo said:
ek is onlangs gediagnoseer met gordelroos ; het nie eens die naam geken nie ; nou na naslaan het ek geweldige simpatie met medelyers . die rooi swelsel is nou verby na antibiotika behandeling maardie pyn neuk jou rond . in die nag opstaan is n marteling ; jy kry sommer waansin drome .
die nag pille voel somtyds of dit werk en som oggende voel ek erger . ek weet ek moet vasbyt en deurdruk ; vir almal ander lyers bytvas!
LikeLike
MaanKind said:
Vasbyt! Ek was ook bietjie op ‘n emosionele rollercoaster. Uiteindelik het ‘n homeopaat my gesond gekry, dokters se medisyne het glad nie gewerk nie.
LikeLike
magda said:
Hi, my dogter is gediagnoseer met gordelroos. Dis glo stresverwant. Wil weet hoekom kry mens dit? Dankie. Magda
LikeLike
MaanKind said:
Ek wens ek het geweet, Magda. Dit word veroorsaak deur ‘n virus en dis stresverwant. Maw die virus kry vasskopplek in jou lyf in tye van stres, wanneer jou ligaaam se weerstand laag is. Baie sterkte vir haar.
LikeLike
Anonymous said:
Ek was Sondag aand opgeneem indie hospietaal omdat ek dink ek is besig om n hartaanval te kry, by die hospitaal het hulle toetse gedoen en Dinsdag toe se hulle ek het gout in my borsbene( nog nooit daarvan gehoor nie. Ek is ontslaan maar die pyn het net al erger geword, ek is Donderdag deur my seuns se afrigter gese dat ek gorelroos het en dadelik die doktor moet gaan sien, Die doktor het toe gese dat ek gorelroos het en glo my ek wens dit nie aan my grooste wyande toe nie. Ek vertrou dat ek nspoedige herstel sal he want my GOD is grooter as gorelroos, BY THE STRIPES OF JESUS I AM HEALED
LikeLike
MaanKind said:
Sterkte! Ek hoop jy word gou beter. Dis regtig baie seer.
LikeLike
Marius said:
Marius hier het gister geskry oor my gorelroos wel ek kan nou met welslae se ek het iets gekry wat die pyn weg wat, my wonderlike apteker het vir my ANETHAINE salf gegee om aan te smeer en dit werk smeer net elke 2/4 ure aan dit wat die pyn weg jy kan sommer oor die toonbank koop en jou medisiefonds betaal daarvoor of as jy nie het nie wissel so van R65 af n buisie, as jy dit klaar op gesmeer het strooi so bietjie baba poeier op vir die juk. Sterkte aan almal
LikeLike
MaanKind said:
Dis gaaf dat jy verligting kry!
LikeLike
Marius said:
Dis nou die 8 ste Julie en ek dank my God vir die vinnige geneesing van my gorrelroos. Ek moet se in die tyd wat ek dit gehad het was dit baie seer pyn wat ek nog nooit ervaar het nie my emosiesie het weggehardloop met my eendag is jy vriendelik en die volgende dag moet almal net gee pad voor jou of jy wil hulle oe uithaal. Aan almal daar buite wat dit het glo my as ek se deur gebed en geloof is ek genees deur my GOD ja die medikasie het ook gehelp maar ek is 100% genees van die pyn net die rowe moet nog weg gaan ek dink aan almal wat gorrelroos het en sal vir julle gebede op stuur vir geneesing
LikeLike
MaanKind said:
Ek is bly, Marius. My pyn het ook taamlik vinnig genees, maar die emosies het nog lank wipplank gery. Lig jou gesin maar in wanneer jy goed voel, dat hulle begrip het wanneer jy hulle wil aanval…
LikeLike
Ellerine said:
Ek is ook gedaignoseer met gordelroos-wat op deesaarde is dit ‘n siekte vir ou mense? eks nog jonk!ek het gelukkig gou gespeel dit het nie blase gevorm nie my weerstand is goed die pyn is net sommige tye ondraaglik en die harde kors so onder my bors/arm my linker bors is nou heeltemal rooi van seer en ook die uitslag – eks heeltemal alleen my kinders woon by my ma my man weier om uit te trek vir die tyd so ek het darem sy bystand vanaand vir die eerste keer het ek in trane uitgebars ek weier om die siekte te aanvaar – wie en wat is die oorsaak hiervan is dit stress?
LikeLike
MaanKind said:
Byt net vas en drink jou pille. Dit maak mens maar so emosioneel, en dit word ook beter. Regtig, dit vat net tyd. Eet baie groen groente! Sterkte, hoor
XXX
LikeLike
erna said:
is gordelroos aansteeklik? het n kleinkind van negemaande. Asseblief lat weet vr my
LikeLike
MaanKind said:
Sulke vrae moet jy liewer vir jou dokter vra! Dis dieselfde virus wat babas waterpokkies gee, wat grootmense later gordelroos gee.
LikeLike
Anonymous said:
Gordelroos is nie aansteklik nie. My dogtertjie is 2 jaar oud en ons het gister ha by die dokter gehad en gese dis nie aansteeklik nie. al wat ek wil weet is hoe kry n’ mens dit?
LikeLike
MaanKind said:
Ek weet ongelukkig self nie. Jy moet dalk maar jou dokter vra? Hoop sy word gou gesond!
LikeLike
Hilbilly said:
Jip – Na ‘n lekker week weg met vakansie dog ek die “uitslag” is ‘n spinnekop se skuld. Tuis grawe ons die noodhulptas op en soek daai antihistamien – dit werk mos vir alles wat steek en brand. Niks is beskikbaar nie want sus het die Anthisan saam op ‘n kamp. Noodapteek is reeds toe en al wat oorbly was die hospitaal. Een kyk van die dokter en die vonnis word gevel – dis gordelroos. Dankie dat ek kon lees van almal wat die siekte onder lede het of gehaat het. Een ding is seker – ek wens dit vir niemand toe nie. Niemand het genoem van isolasie, wegbly van swanger vrouens ens. Kan iemand vir my meer info hieroor gee. Die dokter het my twee weke afgeboek…..
LikeLike
MaanKind said:
Ai man! Hoop jy voel al beter. Kom Like ons Facebook Page en kom deel jou ervaring daar?
https://www.facebook.com/Gordelroos
LikeLike
MaanKind said:
Besoek gerus die blog:
http://gordelroos.wordpress.com/
LikeLike
Anonymous said:
Ja, die ou enetjie het my nou ook oorval. Gister by die dokter gewees. Glo stress se skuld. Maankind kyk mooi na jouself. Slaap genoeg, baie vloeistof en al daai dinge. Ek lees die boereraad is glo borrie – werk dit? Ek weet nie waarom ek stress het nie!
LikeLike
MaanKind said:
My innige simpatie, hierdie is regtig een van daardie ‘stil’ siektes, wat jy in slilte ly… Ek het gevind dat mense nie vreeslik simpatiek is, omdat hulle nie weet hoe dit voel nie. En omdat hulle net die blasies kan sien, maar die pyn binne-in jou lyf kan jy mos nie oorvertel nie. Ek het ook agtergekom die dokters weet ook maar nie, anders sou mens nie so lank gevat het om reg te kom nie! Borrie? Ek het borrie gedrink, omdat mens mos desperaat raak, maar helaas nie vir my gehelp nie.
LikeLike
Pingback: MaanKind het bietjie kleur nodig vandag « MaanKind
Pingback: Die Emosionele sy van Gordelroos « MaanKind
Pingback: Voete in die Sand « MaanKind
Pingback: 11-11-11 « MaanKind
Louwie said:
Gaan dit nou beter? Die ding het mos binne in my oog gaan plak. Dit was erg. Die dokter was bang dit sou my sig permanent beskadig, genadiglik het dit toe nie. Sien nou weer goed.
Die ergste is dat dit van die oog na die brein kan gaan. My geluk is die virus kan nie in `n vakuum oorleef nie, so dit het daarheen gegaan nie 😀
LikeLike
MaanKind said:
Beter dankie, Louwie. Maar arme jy! Dis verskriklik! Het jy ook so lank agterna so moeg gebly?
LikeLike
Louwie said:
Jong ja, verskriklik. Moeg en bedonnerd, het my vrou vir almal vertel. Wou net bly lê, maar as jy vir jouself werk moet jy aan die gang bly.
Vir die afgelope week of twee is die pyn gelukkig weg. Nou hol ons weer volspoed.
Sterkte daar.
LikeLike
Bileam se Donkie said:
Sterkte met daardie lelike siekte! En mag jy ook geduild en krag ontvang wannner dit so eensaam begin voel. Ek dink saam aan jou!
LikeLike
MaanKind said:
Dankie, Bileam. Hinke Pinke, hakke krukke, maar meer vorentoe as agtertoe hierdie week..
LikeLike
amipatat said:
almal se dit is baie erg
LikeLike
amipatat said:
almal wat dit al gehad se dit is erg
LikeLike
Lana Wood said:
My pa het my ma versorg totdat hy self ingegee het – toe eers vind ons uit hy het gordelroos, en dat hy dit van ons weggehou het. My ma is na die versorgingseendheid verplaas, en my pa was te siek om haar te besoek. Die Maandag help ek hom om die entjie na haar toe te stap – dit gaan stadig en ek kan sien hy byt op sy tande om nie hardop te kreun nie. “Is dit baie seer?” vra ek. Hy vertel die son op sy lyf, en die hemp wat skuur, maak dit nog erger. Dit sou die laaste keer wees wat hy my ma sien, sy is die volgende dag oorlede, en daar het vir hom ‘n lang pad na genesing toe voorgele.
LikeLike
MaanKind said:
Haai siestog Lana, dis vreeslik! Ja, die klere teen jou lyf, jou lyf op ‘n laken, die rasper van die sagste handdoek kan jy nie oorvertel nie. EK is nog jonk, maar ek kry die oumense só jammer wat dit kry.
LikeLike
Xena Phoenix said:
Dit klink nie aangenaam nie. Kleintjies kan waterpokkies kry van iemand wat gordelroos het.
LikeLike
MaanKind said:
Dis absoluut terrible! My kinders sê altyd ek is ‘n drama queen, maar ek belowe jou hierdie is die siekste wat ek al in my lewe was.
LikeLike
demoerin said:
Interessant…is jy regtig met die helm gebore?
LikeLike
MaanKind said:
Ek is regtig. Ek weet goed, sien goed. Dis nie altyd maklik nie, en mens kan dit nie met ‘n skakelaar Aan of Af sit nie.
LikeLike