Tags
As kind het ons hierdie liedjie gesing, van Kitty daar ver oor die see, sonder om regtig te dink hoe dit moet voel om in ander lande te wees. In die jare 60, was dit bitter ver verwyderd van ons ‘gewone’ mense se lewenservaring. Ek kan nie onthou van ‘n enkele persoon wat ek geken het as kind, wat oorsee was nie.
Ek onthou hoe ek in 1973 so opgewonde was, ‘n vriendin se ouma in Holland het gesê sy moet ‘n vriendin saambring en kom kuier. Nou as 16-jarige was ek so wêreldwys soos die plaasmuis wat ek was, en moes ek my ouers oortuig om toestemming te gee. Hulle wou nie kopgee nie, maar toe raak die vriendin swanger en trou toe vinnig, en word al ons plannetjies verydel.
Nietemin het dit die wete in my laat vassit van, ééndag gaan ek nog oorsee…
Ons eerste oorsese reis was na Israel en Egipte, danksy ‘n kind in Israel. Daarna het die reisgogga gebyt, en daardie reiskiem bly kriewel in my are. Ek hoef regtig nie luuks te lewe of ‘n mooi kar te ry nie, maar as ek op ‘n vliegtuig kan klim, is ek bereid om baie ander dinge op te offer.
Nou het die tyd weer aangebreek! Hede nou oor ‘n week, trek die vliegtuig met sy stylvolle kameel/rooi waardinne iewers oor Afrika. Die huisoppassers arriveer Maandag, die lysies is gemaak, alles is ongeveer reg vir ons trip, behalwe die regte grootte ziploc vir die toiletries wat mos nou apart deur die scanners gaan. Kan mens nou stress oor die verkeerde grootte ziploc?
Hoekom het ek so kol op my maag soos ‘n kind wat voor die skoolhoof moet gaan verduidelik? Daardie immigrasiebeamptes is nooit so intimiderend soos wat ek my altyd voorstel nie, maar nietemin.
As jy skielik een Subscriber minder het, dis ek. Ek moet noodwendig hierdie maand bietjie afskaal met e-pos en notifications, omdat die data skielik bitter duur word sodra jou roaming inskop. Ek kom teken weer in einde Mei. Watter raad het julle nog vir my oor die gebruik van ‘n BlackBerry oorsee?
Vliegkaartjies en paspoorte √
$$$$$$ √
Ekstra batterye √
Ekstra geheuekaart √
Kamera, Kabels en Kindle √
Batterylaaier √
Tandeborsel en -pasta √
Die res maak nie saak nie! Soos een vriendin sê, vir die vlug vat jy net wet wipes, kougom en ‘n skoon pentie. O van skoon penties gepraat, ons reis met al ons oudste onderklere. Ons koop vooraf nuwes, en reis dan met die oues, en gooi hulle langs die pad weg. Geen wonder die laaste keer wat my rooi tas oopgebreek was, het hulle niks gesteel nie. Imagine, tot die diewe trek hulle neuse vir my klere op… Ek moet bieg, ek het net so effens verontwaardig gevoel…
Geweeg en te lig bevind.
Hoogtepunte van ons reis: Eerstens om die kinders te sien! Hulle woon in San Francisco. Dan gaan ons op ‘n roadtrip, van amper 2000 myl, wat insluit:
- Fresno Underground Gardens
- Yosemite National Park
- Hoover Dam
- Las Vegas (Ek hoor daar is ‘n uitstalling van die Titanic se artefakte in die Luxor hotel in Las Vegas. Ons bly 3 nagte in die Paris en kan die skoentjies en horlosies en stukke skip gaan kyk! How cool is that?
- Grand Canyon
- San Diego
- Los Angeles
- Alcatraz
- Napa Valley
Gogga said:
Hoop jy jy het emmers vol fun!
Daai beamptes maak my ook altyd bietjie nervous. Die ander ding is ek word ALTYD by sekuriteit deursoek want ek sit altyd die scanner af.
LikeLike
MaanKind said:
Ek ook! Dis net alarms en deursoekery. Elke keer.
LikeLike
Annemari Coetser said:
Dit klink na opwindende plekke wat julle gaan sien. Yosemite is fantasies. Ek wens ek het destyds ‘n beter kamera as my mik-en-druk gehad. Neem sommer foto’s vir my part. 🙂 Grand Canyon is een van die plekke waar ek so Een gevoel het met die Heelal. Ons het laatmiddag net voor ‘n donderstorm daar aangekom. Toe skyn die laatmiddagson onder die wolke deur en ons staan op die rant en ek beleef ‘n oomblik wat ek na al die jare steeds onthou. O, en San Francisco en Las Vegas!
Ek is baie bly vir julle onthalwe. Geniet en kom vertel.
LikeLike
MaanKind said:
Ek verstaan die Beleef ‘n Oomblik. Ek het al twee beleef en mens kan nie die gevoel beskryf nie, behalwe dalk ‘n spirituele orgasme.
LikeLike
Toortsie said:
Pak al jou toiletware in jou koffer. Jy kan weer was en lekker ruik as jy DAAR kom! Dan hoef jy NIKS te worrie oor ‘n ziploc sakkie nie.
LikeLike
MaanKind said:
Toemaar, als is nou uitgesorteer, en my toiletries beperk tot een blikkie blou Nivea en dan tandepasta, in die regte quart size ziploc.
LikeLike
Toortsie said:
Ek gee ook ‘n klomp luukshede prys as ek net kan TOER!!
LikeLike
Son said:
En ek is SO jaloers 🙂 Julle moet dit gate uit geniet en as jy dalkies iewers by ‘n see uitkom, gooi vir my ‘n klippie in 😉
LikeLike
MaanKind said:
My dogter woon baie naby aan die see in San Francisco. Beskou jou klippie as gegooi.
LikeLike
rondomtaliedraai said:
Ek het die lysie gecheck vir die ekstra battery, memorykaart laaier en kabels… dit gaan ongelooflik wees. En as jy terug is gaan on te lekker saam met jou kuier. Geniet elke oomblik!
LikeLike
MaanKind said:
O julle gaan moeg wees vir my stories!
LikeLike
seegogga said:
Sit maar ALLE vloeistof, gesigroom en vloeibare make-up in groot tas, nie handbagasie nie- hulle gooi dit weg as hulle jou deursoek en dit vind! Geniet elke oomblik! myBlackberry werk goed met gekoopte simkaart hier, maar ek kry nie internet op hom nie, ek het seker net nie die regte settings nie, of so-nie dek die kaart wat ek gekoop het nie internet nie.Maak net seker daarvan voor jy tydelike kaart koop.As jy jy kinders se kaart gebruik, moet settings seker net reg ingestel word.
LikeLike
MaanKind said:
My roaming is aan, so ek gaan sommer my eie simkaart gebruik.
LikeLike
Toortsie said:
Roaming is maar duur. Maar ek verkies ook dit. Jy betaal vir die inkomende oproep (die oorsese deel) en vir ‘n uitgaande een vir die SA EN die oorsese deel.
Tog handig.
LikeLike
doulien said:
Die lekker gaan wees as jy terugkom en oor alles kom blog….
Die pentie storie is darem vir my vreeslik snaaks!!
LikeLike
MaanKind said:
Wat is snaaks? Jou tas bly lekker ‘vars’…
LikeLike
melouisef said:
Wonderlik!
Ons was jare gelede daar maar nie by die Yesomite NP nie.
Die bus het my amper in las vegas agtergelos want ek het ‘n koppie sente gewen en kon toe nie ophou nie
🙂
LikeLike
MaanKind said:
Dis ons eerste besoek aan die VSA en ons is super opgewonde. Alles gaan vir ons nuut wees.
LikeLike
amipatat said:
ek sou so graag wou saamgaan om die tasse te dra !
LikeLike
MaanKind said:
Hulle het wieletjies, jy sal maklik sleep! Ongelukkig is daar ‘n beperking anders het ek jou sommer ingepak!
LikeLike
Xena Phoenix said:
Geniet dit!
LikeLike
1boekiegirl said:
EK dink dit gaan superlekker wees en ek kan nie wag om alles te hoor van jul vakansie nie! geniet geniet geniet.
LikeLike