Tags

, ,

Sekere dinge bly maar net konstant, en ‘n mens se inherente passie ook. Ek het voorheen geskryf hoe ek presies dieselfde dinge gedoen het in 1997 as nou, gegewe die tegnologie van daardie tyd. Hierdie fase in my lewe was ek op my prime,  soos ek hier geskryf het van hoe ek die tegnologie ingespan het, selfs met my ou rooi Mini.

Veels geluk liewe Internet, met jou mondigwording! Jy bring baie vreugde in my lewe, en ek is so dankbaar daaroor! Ek is een van die heel gelukkigste mense wat heel eerste ‘n e-pos adres gehad het, wat aan individue toegeken is, toe die WNNR die enigste ISP was! Ek gaan sommer netnou my heel- heel eerste Homepage se cache weergawe soek, toe ‘n Homepage moontlik geword het!

Dit was my FaceBook status vanoggend, en ek het bietjie in die argiewe gaan grou.

Daar is niks nuuts onder die son nie, dinge ontwikkel maar net. Ek kry spore waar ons in April 1995 bedrywig was met Lists en Groups, ek ek kry gesprekke oor flieks, die aandelemark, en probleme met rekenaars… Facebook het maar net foto’s en funksionaliteite bygekry….

Daar is inderdaad niks nuuts onder my son nie! Tegnologie, boeke, flieks, mense is en was maar altyd wie ek is en wie ek was en gaan wees. En nuuskierigheid oor hierdie dinge! Hierdies was alles in April 1995.

Die  ontwikkeling van my webwerwe van toe tot nou… (Datum na die web)

http://web.archive.org/web/19970409082722/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/19990129024614/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20030625211209/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20040121193108/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20041013021058/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20070813234301/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20090327071356/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://www.icon.co.za/~trisa/
http://kleinmondselfcatering.co.za/
http://www.boekemakranka.co.za/

Ek mis wel een weergawe, veral die een met die klippe!

Nou ja, HAPPY HAPPY vir jou, my liewe Internet! Jy is vandag 21 jaar oud. Nog steeds so wispelturig soos altyd, nie vinniger geword met die jare nie, wel bigger and better, maar steeds kan niks bestand wees teen natuurkragte nie. Die see kan Seamus beskadig, die sunflares werk in op elektronika, so betroubaarheid is maar steeds in mensehande. Van DOS, PowWow, Lists, Groups, Compubank, Beltel,  Netscape en Pegasus se dae af tot en met vandag. Ek het jou altyd liefgehad, en sal vir ewig aan jou sy wees.

Until death do us part. Whether it’s yours or mine…