Varser kry jy nie! Een van die meer spesiale geskenke wat ek al gekry het, is vars Pine Rings wat in die woud gepluk is. Dit was ‘n hele maaltyd vir twee.
Vars sampioene ruik na woud, na mos, na aarde. Net so is die vriendin wat dit vir my gebring het. Solied, sterk, maar terselfdertyd sag en broos. Dit was baie spesiaal, omdat ek weet hoe ver sy in die woud moes loop om hulle te kry, en ook omdat sy geweet het ek sou dit waardeer. Dit was soos om van haarself te gee, ‘n stukkie siel in ‘n sampioen.
http://dailypost.wordpress.com/2013/07/19/weekly-photo-challenge-fresh/
By ons groei ook eetbare sampioene, en ek het al by ‘n buurvrou geëet, maar het nie genoeg kennis om self te pluk nie. Emelinah weet.
LikeLike
Hoe weet mens dis nie giftig nie? Laat vriendin eers proe!!
Dink en nou terug aan die dae op die plaas. Een dag na `n goeie donderbui kon jy maar mielielande toe, en daar op die wenakker by die rysmierhoop kry jy hulle, sulke lekker groot, vet sampioene met dik stamme. In botter gebraai is dit konings kos!
LikeLike
Pingback: Weekly photo challenge: Fresh | blogagaini
Pingback: Photo Project: 52 Bolivian Sundays [week 29, 'Fresh']. | 3rdculturechildren
Pingback: Weekly Photo Challenge: Fresh (Wheat) | What's (in) the picture?
Ek ken dit glad nie… wens ek kon proe…
LikeLike
oh yummy
LikeLike