• Koskalender
    • Indeks
  • Skryfinspirasie
  • Wie is MaanKind?

MaanKind

~ Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke …

Monthly Archives: Dec 2013

Om iets agter te laat

27 Fri Dec 2013

Posted by MaanKind in Kindertyd

≈ 8 Comments

Kuschke en BXDie mooiste twee ballerinatjies was vandag my inspirasie vir my Jaareind Seursessie.

As kind het ek baie maal beroof van geleenthede gevoel, omdat my persepsie was dat ons baie arm was. Baie dae het ek gedink as ons nie so baie kinders was nie, sou ek baie meer dinge kon kry en doen. My ma moes geweet het hoe ek voel, want sy het my een dag gevra nou watter een van my sustertjies ek dan nie sou wou hê nie? Dit was ‘n hou op die maag, want ek was baie lief vir die kleintjies en het hulle help versorg. Die gevoel het nie heeltemal weggegaan nie, dit het wel konflik daaroor veroorsaak. My ma, wyse vrou wat sy is, het geweet hoe om sensitief te wees oor sulke goed en haar woorde bly my steeds by.

Ons plaaskinders het nie almal toegang tot al die naskoolse aktiwiteite gehad nie agv die vervoerkwessie, maar in my kop het ek gedink my ouers kon ‘n plan maak. Vir skooltake en werk in die biblioteek na skool het hulle wel geen moeite ontsien nie. Ek het nogal ‘n aanleg gehad vir gimnastiek en die LO Onderwyseres (daardie jare was LO Liggaamsoefeninge) het gevra dat ek naskoolse klasse moet bywoon, sy wou graag hê dat ek aansluit by die gimnastiekspan. Die vereistes was die nodige leotard en rompie, maar ook ‘n sweetpak. En net daar het die knoop gelê. Daar was nie geld vir ‘n sweetpak nie, en sonder die sweetpak kon ek nie in die span wees nie. Die gimnastiekklasse na skool was ook twee maal per week, en daar was ‘n vervoerprobleem. Dus was die antwoord kort en kragtig, nee. In my kop het ek toe ‘n visioen begin skep van my ouma en oupa wat aansoek doen vir so ‘n klein vierkantige Munisipale huisie aan die rand van die dorp, dan kon ek by hulle gaan bly, en gimnastiek neem. Ek het selfs die saak met my ouma aangeroer… Don’t ask…

Vandag besef ek dit was maar soos dit was, en dat my ma wat ‘n baie slim en talentvolle vrou is, nog veel minder geleenthede as ek gehad het. Sy was die slimste kind op hoërskool, goed met sport, maar kon nie haar hoërskoolloopbaan klaarmaak nie. Ek kla oor vervoerprobleme, maar my oupa Winnertz het sy kinders uit Botswana oor die Limpopo geroei skool toe, Swartwater toe, en later koshuis toe, Potgietersrus toe. My ma het nietemin met haar talente gewoeker, en ons kinders net die beste opvoeding gegee. Sy het ook later die hoogste moontlike kwalifikasie in Noodhulp behaal, en het Noodhulpklasse gegee. Baie interessant – ‘n Paar jaar gelede het ‘n LitNetblogger geskryf hoe sy ‘n baba se lewe gered het wat ‘n muntstuk in die keel gehad het, omdat sy tannie Anne se Noodhulplesse kon onthou! My ma was baie bly om van die insident te hoor, dat haar klasse toe werklik vir iemand iets beteken het.

Hierdie jaar het ek twee goot lesse geleer:

  1. Ek hoef my geensins te bekommer oor wat ander moontlik oor ‘n situasie mag dink nie. Wat hulle dink, is hulle proses, nie myne nie. En heel moontlik vergis ek my met hulle denke, tot my eie nadeel. Ons het ‘n nabye familielid wat swaarkry weens baie dinge, ook swak keuses, en leef onder moeilike omstandighede. Nietemin het ek geleer dat ‘n mens jou nie skaam vir ander nie. Ander mense loop hulle lewenspad soos hulle moet, en hulle is daar sodat ons van mekaar kan leer. Toe hierdie besef kom dat ek nie daardie persoon se keuses kan maak nie, ook nie die lewensomstandighede kan verander nie, kon ek op ander maniere help as om net finansieel by te dra. Om iemand se menswees te erken, beteken ook dat jy hulle menswaardigheid gun. Ek is ‘n paar mense baie dank verskuldig wat gehelp het om my by hierdie punt te bring. Ek twyfel of hulle hier gaan lees, maar die Universe hoor my dank.
  2. Die ander ding wat ek hierdie jaar geleer het, is om die proses te vertrou, dat dinge om ‘n rede gebeur, en dat dit altyd op die regte tyd gebeur. My oog-storie was maar net een voorbeeld daarvan. Soos wat my gimnastiek wat ek nie kon neem nie, sou wees. Hoe weet ek wat die werklike rede was? Hoe weet ek hoe anders sou my lewe wees as ek daarmee kon aangaan? Ek weet nie, maar ek weet en vertrou nou die proses, dat dinge presies uitwerk soos dit moet.

“The truth is, unless you let go, unless you forgive yourself, unless you forgive the situation, unless you realize that the situation is over, you cannot move forward.”
― Steve Maraboli, Unapologetically You: Reflections on Life and the Human Experience

(Hierdie foto het my kinders van my geneem iewers in die middel 80’s, toe ek rondom dertig was)

Trisa Gym

‘n Ander Scenario

22 Sun Dec 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 6 Comments

Tags

Kleinmond, Kleinmond Self-Catering Accommodation, Kleinmond Selfsorg Akkommodasie

‘n Ander Scenario – ‘n Voorstel vir Hangklip-Kleinmond Munisipaliteit.

Kersfeestyd in Kleinmond is altyd ʼn baie besonderse tyd. Dit kuier en jil en braai en swem en ry fiets en stap en draf. Terwyl almal in ‘n feestelike stemming is en kuier, is daar altyd mense wat harder as gewoonlik werk, wat ‘n baie groot dankie verdien.

My grootste dankie gaan aan al die manne van die poeftrokke wat van ligdag tot laataand ry. Synde die eienaar van ‘n gastehuis wat tjok-en-blok is oor hierdie tyd, weet ek presies hoe bly ek altyd is as ek daardie bekende dreuning voor ons oranje huis hoor. Wat ‘n verligting!

Die manne van die vullistrokke ry elke dag, en met ‘n glimlag doen hulle hulle werk om ons dorp skoon te hou.

Die kassiere van al die winkels, maar veral by die Superspar, is voorwaar besondere meisies. Die bestuur van ‘n winkel of ‘n restaurant kan hóé goed wees, maar uiteindelik is dit maar die personeel agter die kasregister, of wat jou kos aandra, wat jou koop- of eet ondervinding maak of breek.

Dit is amper weer tyd vir die groot events soos die Total Supersport Challenge en The Big Blues, en dan is daar weer ‘n skielike toename in mense in ons dorp vir ʼn paar dae, met die gepaardgaande probleme soos nou ook, met te min parkering vir die hoeveelheid voertuie.

Nou verskil mense oor die hantering van sulke groepe. Aan die een kant is daar die kamp wat sê die klomp toeriste, atlete en hulle helpers het ‘n arrogante houding wat hulle min steur aan verkeersreëls. Vat hulle vas, is hierdie kamp se mening, die Verkeersdepartement se taak is om wet en orde te handhaaf.

Aan die ander kant sit die groep wat reken die verkeersmanne is onnodig streng en bloot moedswillig met die uitskryf van kaartjies, en dat hulle die atlete en hulle ondersteuners antagoniseer en hulle met ‘n wrang smaak uit ons dorp stuur.

Dis op sulke tye wat ek wonder – Waarom nie sulke geleenthede gebruik en deur ‘n gees van welwillendheid toerisme bevorder nie? Waarom nie eerder ‘n kaartjie onder so ‘n oortreder se ruitveër steek wat lees, U het nou wel die wet oortree deur onwettig ……….., maar Hangklip-Kleinmond Munisipaliteit wens u ‘n heerlike dag toe. Ons hoop om u weer hier te sien!

Niemand kan ontken dat sulke groepe mense ‘n geweldige klomp geld in ons dorp spandeer nie. Al die gastehuis-eienaars en winkels baat daardeur en die eienaars spandeer weer daardie geld in ander besighede in ons dorp. Dit veroorsaak dus ‘n vloei van geld wat moeilik meetbaar is.

Stel uself nou die volgende scenario voor: Meneer Toeris weet hy parkeer onwettig en hy voel alreeds effens skuldig daaroor. Nou kom hy by sy voertuig en sien die papiertjie op sy ruit. Hy werk homself op soos hy naderkom, gereed om die wêreld en sy broer (en dié se dorp) sleg te sê. Hy haal die papiertjie af en vind tot sy groot ongemak dat Kleinmond hom ‘n heerlike dag toewens. Die wind is heeltemal uit sy seile geneem.

Hy gooi die kaartjie in sy kar om hierdie unieke ding vir sy vriende te wys. Tuis in Johannesburg aangekom, is dit dan ook ‘n onderwerp van bespreking by die braai, en hy gaan haal die kaartjie om sy vriende te wys. Mevrou Oningelig wonder waar Kleinmond is, en stuur Slim Kind rekenaar toe om te gaan Google. So leer Slim Kind sommer ook van Kleinmond se wilde perde en dring aan om hulle te kom soek.

Meneer Geld sien dat Ena se Eiendomme in Kleinmond en Gert se Gastehuis die kaartjies geborg het, en meneer Geld neem dadelik kennis, hy is juis op die uitkyk vir nog ‘n vakansiehuis as belegging. Juffrou Joernalis sien hoe sy ‘n artikel verkoop, en begin in haar kop formuleer aan die sinne van die artikel wat sy aan Sensasie-in-elke-Huis gaan verkoop.

Meneer Geld skakel Ena die volgende dag en maak ‘n afspraak en koop die volgende maand ‘n huis in Kleinmond, terwyl hy by Gert se Gastehuis tuisgaan. So kry Hangklip-Kleinmond dan ‘n veel groter inkomste as uit die verkeerskaartjies wat hulle so geredelik uitgeskryf het.

Die Sensasie-in-elke-Huis plaas hierdie artikel omdat dit sensasie en dus verkope spel. Ja, ‘n gees van welwillendheid is seker sensasie, so vreemd is dit, of hoe? So lees duisende mense hierdie artikel, en dieselfde scenario wat by meneer Atleet se braai afgespeel het, speel hom in ander plekke ook af. Nog meer mense kom hou vakansie in Kleinmond, en nog ‘n paar huise verkoop op hierdie manier.

Dink jy dis ʼn vergesogte idee? Ek dink nie so nie.

DSCN7887
DSCN8033
DSCN7889
Kleinmond beach
Kleinmond beach, with my granddaughter, Kiara
Palmiet beach, Kleinmond, Western Cape, South Africa
DSCN1828
Sononder 030
DSCN0780

Wie is jou held?

15 Sun Dec 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 6 Comments

Tags

Jan Rabie, Marjorie Wallace

My heel eerste ‘held’ was Jon Voight. In 1968. Dit is nou as ‘n held die mens is wie se foto jy met sellotape in jou passerblikkie plak. Ek het geen idee gehad wie hy was nie, maar ek het gesien die ander meisies doen dit, en ek wou ook meedoen. (Ek was mos jonger as my maters.) Ek het so ‘n katalogus van plate wat in die pos gekom het gevat, en die mooiste man se prentjie uitgeknip. Ek het nie eers besef dat hy eintlik ‘n akteur is nie, en veel later vir Angelina uit sy lendene sou voortbring.

Ons het onlangs ‘n gesprek gehad oor wie ons moeite sou doen om te ontmoet, en ek het besef dat daar eintlik net twee mense is wie uitstaan in my lewe wat ek al ontmoet het, en vir wie ek moeite gedoen het. Die een was Jan Rabie, en die ander Madiba.

Rondom 1987 was ek saam met my vriendin Santa in Hermanus as deel van ‘n navorsingsprojek vir die RGN, en ek het het vir haar gesê ek gaan hom bel en vra of hy my boek ‘n Boek vir Onrus vir my sou teken. Sy het gereken dit is hopeloos te voor op die wa en absoluut verregaande, maar ek het gereken as ek bel en hy sê nee, dan hoef ek nie die vernedering van ‘n afwysing van aangesig tot aangesig te ervaar nie. Onthou daardie jare was skrywers nie eintlik gewone mense nie … Nie vir ons nie …

En wat doen die man? Hy antwoord die foon, en sê, Natuurlik! Kom 3:15 en kom dink koffie. Julle is welkom! En hy het dit bedoel ook. Toe ons daar kom, was die koffiegoed reggesit, met koekies en al. Hy het vir my sy olyfpersery gewys, sy skelm paadjie see toe. Die seewierselei was gelukkig nog net halfpad gestol, hy was jammer dat dit nie gereed was vir ons om te proe nie. Marjorie het ons haar ateljee gaan wys. Die rame wat Jan vir haar aan die maak was eenkant geskuif. Dit was eers later jare toe ons hier kom woon het, wat ek een van haar skilderye kon koop. Die selfpotret het al haar tradisionele kenmerke ingehad, die gemmmerkat, die pen in die hare, die stoeptafel, die kaarte en die kleure.

Vandat ek ‘n kind in die Afrikaans klas was het ek ‘n vreemde band met Jan Rabie gevoel, en die dag toe ek hom sien, was my asem weggeslaan. Daar was ‘n sielskonneksie. Ek kon aanvoel dat hy dit ook voel, want hy het Santa op Marjorie afgeskuif en my alleen sy olywe en goeters gaan wys. En dit was nie ‘n man-ding, ‘n seksuele tipe pass nie. Dit was net daardie ding wat jy nader aan een mens voel as aan ‘n ander. Ek voel bevoorreg met die wete dat hoewel dit arrogant mag klink, dit waar is. Ons het op ‘n sielsvlak gekonnekteer. Die ouer man, die skrywer, die seerob, die polities uitgesproke mens. Alles wat ek nie was nie. En ja, ek ‘voel’ Jan knik sy goedkeuring met sy skewe kop.

Vir goeie balans het Jan Rabie ook daardie dag aan my gesê: Ek hoop nie jy dink daaraan om ooit te skryf nie, want as jy so hoogdrawend skryf soos wat jy praat… Nou daardie woorde het al baie vir my beteken in my lewe. Ek dink steeds daaraan as ek twyfel oor my woorde.

Dit was een van die heel spesiaalste ervarings van my lewe.

Koffie by Jan Rabie en Marjorie Wallace
Koffie by Jan Rabie en Marjorie Wallace
En toe vergeet ek die boek in die hotelkamer! Toe teken hy vir my die kaartjie.
En toe vergeet ek die boek in die hotelkamer! Toe teken hy vir my die kaartjie.
Selfportret - Marjorie Wallace
Selfportret – Marjorie Wallace
Die Boek
Die Boek
Jan Rabie Buidel
Hierdie een kry more 'n nuwe baas
Hierdie een kry more ‘n nuwe baas

Ek besit hierdie drie boeke van Jan Rabie, maar een van hulle kry more ‘n nuwe baas, waar ek weet hy gelukkiger gaan wees as by my. Dis nog net Kannemeyer se biografie wat kort op my rak …

My laaste wil en testament

09 Mon Dec 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 20 Comments

Tags

testament

Jy wil nie eintlik hierdie inskrywing lees nie. Jy wil eintlik ook nie hoor wat ek sê, of daaroor praat nie. Mense skram weg sodra jy begin praat oor die dood, verganklikheid, testamente, verassings, begrafniskoste, asboksies en sulke goed. Dit gebeur mos nie met ons nie, totdat dit gebeur.

Dit is deedae ook belangrik dat mense moet weet wat om met jou elektroniese goed te doen na jou dood. Ek het gister al my passwords neergeskryf. Ek moet eintlik ook ‘n  lysie maak van rekenings wat gesluit moet word. Sosiale netwerke, Facebook, Twitter, e-filing. Facebook spesifiek, dat daar nie die volgende verjaarsdag ‘n klomp verjaarsdagwense geskryf word deur mense wat sulke wense so min bedoel, dat hulle nie eers weet die persoon is dood nie. Dit gebeur, glo my. Dis seer vir die familie, daarom is dit die eerste ding wat moet waai as ek eendag … wel, sien hoe moeilik is dit vir my ook om te skryf  ‘doodgaan’?

Eintlik gril mense mos so half sodra iemand sterf, ek die mens se identiteit word nou die liggaam, die stoflike oorskot, die lyk en so. Mense noem nie meer die persoon by die naam nie. Dit is eintlik onnodig, dit is ‘n natuurlike proses van die siklus van lewe en dood, en een waaraan ons kinders versigtig en met sensitiwiteit moet blootstel. Ons het hierdie week ‘n sterfte in die familie gehad, en dit het die familie saamgesnoer met ‘n begeerte om mekaar te sien en liefde te betoon terwyl ons nog lewe. Ons kon natuurlik nie die geleentheid gister bywoon nie, maar ek kon die gevoel kry.

Dan moet ons naastes ook weet: Begrafnis of verassing? Waar en hoe? Orgaanskenking of nie? Kyk, hoewel ons as orgaanskenkers geregistreer is, gaan niemand waarskynlik nut van my ou lewer of niere kry nie, maar klaarblyklik is daar ‘n magdom goed wat nog bruikbaar is van my, soos kollageen, seninkies en so aan. Vat, sê ek. Help iemand as dit kan.

Maar my eintlike doel van hierdie inskrywing is om te vra dat ons moet dink oor ‘n ding wat min mense eintlik doen. Ons e-nalatenskap. Ons wil tog nie hê die mense wat eendag ons goedjies op hope gooi en sorteer, moet sukkel waar die by ons e-sake kom nie? Die liewe MaanMan het nie mooi geluister nie maar my instruksies is maklik. Kry vir Hennie, laat hy gou die kinders remote access tot my rekenaar gee, en gee vir hulle die inligting wat ek neergeskryf het, wat hy weet waar om dit te vind. Hoe meer ek dink, hoe meer goeters vir ek wat aandag moet kry. My Amazon rekening, Boekemakranka, al my Affiliate rekenings, drie webblaaie. O jinne, julle, ek het baie werk volgende week.

Eintlik behoort testamente so n aanhangsel te kry dink ek. Ek gaan werk maak daarvan sodra dinge rustiger is hier.

Die feit dat ek Woensdag narkose kry beteken nou nie ek bekommer my ernstig oor iets nie, nè?

PS: Los net my blog uit, dalk het ek iewers iets geskryf wat eendag iets vir iemand beteken.

PPS: Advies van ‘n vriendin: Die volgende is nodig, behalwe wat reeds genoem is:

  • Gesertifiseerde afskrifte van Id
  • Geboortesertifikaat
  • Huweliksertifikaat
  • Egskeidingsbevel
  • Kar registrasie dokumente
  • Titelaktes
  • Kontaknommers van finansiele adviseur en/ prokureur
  • Afskrifte van bankkaarte, kredietkaarte en onlangse bankstate van elke rekening
  • Kontaknommers van naasbestaandes
  • Selfoon besonderhede en PUK nommer

Vertrou die proses

02 Mon Dec 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 30 Comments

Maande se gewag het skielik tot ‘n einde gekom vandag. Die Oproep waarvoor ek al hoe lank wag, het op die mees onverwagse tyd en plek gekom. Ons was in Hermanus besig met ‘n beleggingskonsultant, en ek het iets gedoen wat ek nie normaalweg sou doen nie. Ek het my foon geantwoord. ‘n Unknown nommer nogal. En toe is dit Die Oproep.

Vier jaar gelede toe ek my laaste multifokale bril gekry het, het die oogkundige gewaarsku dat dit die laaste bril is wat hy my kan gee, dat ek moet gaan vir ‘n lensvervanging. Ek was vir vier jaar doodbang want die vorige operasie het komplikasies gehad, maar my oë het skielik hierdie jaar érg begin agteruitgaan, en die oogkundige het my na ‘n oogspesialis verwys. Dié het bevestig dat ‘n lensvervanging van my ander oog onafwendbaar is. Dat ek algemene narkose moet kry, en dat ek waarskynlik weer met ‘n vergrote pupil vir ‘n ruk gaan sit.

Maar daar was iets anders wat nie ek, nie my gewone dokters, nie die oogkundige of die homeopaat kon verklaar nie. My sig het vreeslik begin gefluktueer, wat telkens saamgeval het met die Pyn wat nie ‘n Plek het nie. Julle verstaan bietjie paniekerigheid, nè?

Ek was onlangs by ‘n dokter, in sy hoedanigheid as homeopaat. Hy het my vir ander kwale behandel, die Pyn ‘n Plek gegee en dit weggetoor, met ‘n byvoordeel (soos in die inskrywing gesê by hierdie skakel): Ek kon weer sien. Soos ‘n gewone mens met multifokale bril met ‘n groot katarak. My fluktuerende sig was dus aangetas deur die ander kwale, en moes eers regkom, dat ek die operasie vir die regte rede op die regte tyd kon kry.

Julle het absoluut geen idee hoe hierdie gewaggery op die oogoperasie ons lewe beïnvloed het hierdie jaar nie. Toe Anria so siek was, het dit tussenin gekom en ‘n trip na haar toe verhoed (toe sou dit binne twee weke gedoen word) Spaar julle die detail, maar glo my vry, dit het ons lewens henguit omgekrap. Die hele tyd het ek net vasgeklou aan die wete, daar sal ‘n rede voor wees waarom dinge skeef loop met die reëlings. En hoe meer dit skeefloop, hoe slegter sien ek.

Uiteindelik sinchroniseer alles vir nou volgende Woensdag, die teater, die oogsjirurg, die narkotiseur, die hospitaal en die hospitaalpersoneel en dag alles. Ek het tot ‘n nuwe nighty vir die okkasie gekoop vandag. Die ou slippertjies uit Israel circa ’99 moet maar doen.

My oog wat reeds gedoen is kan sien, maar kan nie fokus nie. Maar hy is uniek! My oog het ‘n serial nommer, en ek moet hierdie kaartjie altyd in my beursie dra. Dit was altyd my enigste stukkie silicon. Van volgende week gaan ek ‘n baie meer gebalanseerde mens wees, ek gaan silicon aan beide kante dra… Die nuwe lens gaan so gemaak word dat hy naby fokus, en ek gaan heel moontlik glad nie meer ‘n bril nodig hê na dese nie, of dalk ‘n voorskrif-leesbril.

Kyk, oor ‘n week of sal julle vir julle moet gedra, want my bioniese oog gaan dan alles kan sien … 

Dis nou ekke!

Resensent

Professional Reader

Vul jou e-posadres hier in as jy wil hoor wanneer ek weer iets opgesit het. Ek belowe ek spam nie - te lui...

Join 485 other followers

My Skakels

  • Leeskring met een lid
  • Trisa Hugo
  • Vakansie Akkommodasie in Kleinmond
  • WordPress.com Blog

Sien wat ek doen

Trisa Hugo

Create your badge

Erfskandes

Kliek op die voorblad om die eerste 10% gratis te lees

Boekemakranka se liefdadigheidsbundel

Kliek op die foto om die eerste 10% gratis te lees!

Viersprong

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Kleinmond Self-Catering Accommodation

http://www.kleinmondselfcatering.co.za - Between the mountain and the sea - Bekostigbare selfsorg akommodasie lekker sentraal en naby die strand.

Skakel vir RSS Feed

RSS Feed RSS - Posts

Twiet-Twiet!

  • Swimming with the Dolphins this December! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 5 hours ago
  • Ek wou altyd 'n ou Sneeuvlokkie wees! The Snowflake, for the polepoweracademy challenge #sixtyplus #fitover60… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Half Split Seat, for the #wanttomovechallenge I also know it as The Albatross. What is the difference? #sixtyplus… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • 4 of 5 stars to Zola by Johan Jack Smith goodreads.com/review/show/30…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Zola "“Hulle noem haar die Goudstad. Sy het baie stories. Baie geskiedenis. Maar dis nie sy wat die hart van goud... a.co/1HfeEcE♥ ♥ ♥ 1 day ago

Onlangse Blogs

  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie
  • Ek is fucked up! Regtig?
  • Ondersoek jouself genadeloos!
  • Die dag toe my ma vir my gejok het…
  • ‘n Laaste begin

Top Inskrywings

  • Raaisels uit my kinderdae
  • My belewenis van Gordelroos
  • Toemaar, toemaar!
  • Die Emosionele sy van Gordelroos
  • Vertrou jou intuïsie!
  • Is jy Aangeneem en Voorgestel?
  • My hart is seer - Regtig?
  • My pa verjaar vandag!
  • Hoe lyk jy?
  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie

Hoe ek indeel

  • Boekdinge (43)
  • Dag-tot-dag (414)
  • Ek kook en jy geniet (10)
  • Foto's (38)
  • Gedagtes en Quotes (12)
  • Gedigte (2)
  • Kindertyd (17)
  • Kreatiewe Skryfwerk (14)
  • Ons Omgewing (8)
  • Spirituele goed (23)
  • Toerisme (20)

Vorige Inskrywings

  • Dec 2019 (1)
  • Nov 2019 (2)
  • Sep 2019 (1)
  • Aug 2019 (3)
  • Jul 2019 (3)
  • Jun 2019 (4)
  • May 2019 (1)
  • Apr 2019 (2)
  • Mar 2019 (2)
  • Feb 2019 (3)
  • Jan 2019 (2)
  • Dec 2018 (5)
  • Nov 2018 (1)
  • Oct 2018 (4)
  • Sep 2018 (5)
  • Aug 2018 (4)
  • Jul 2018 (3)
  • Jun 2018 (3)
  • Apr 2018 (3)
  • Mar 2018 (2)
  • Feb 2018 (9)
  • Jan 2018 (2)
  • Dec 2017 (2)
  • Nov 2017 (6)
  • Oct 2017 (3)
  • Sep 2017 (6)
  • Aug 2017 (7)
  • Jul 2017 (4)
  • Jun 2017 (7)
  • May 2017 (3)
  • Apr 2017 (3)
  • Mar 2017 (7)
  • Jan 2017 (1)
  • Dec 2016 (3)
  • Nov 2016 (3)
  • Oct 2016 (3)
  • Aug 2016 (2)
  • Jul 2016 (1)
  • Jun 2016 (1)
  • May 2016 (1)
  • Apr 2016 (2)
  • Mar 2016 (1)
  • Feb 2016 (3)
  • Jan 2016 (2)
  • Dec 2015 (1)
  • Nov 2015 (1)
  • Oct 2015 (2)
  • Sep 2015 (1)
  • Aug 2015 (2)
  • Jul 2015 (1)
  • Jun 2015 (2)
  • May 2015 (1)
  • Apr 2015 (2)
  • Mar 2015 (1)
  • Feb 2015 (4)
  • Jan 2015 (3)
  • Dec 2014 (4)
  • Nov 2014 (2)
  • Oct 2014 (5)
  • Sep 2014 (2)
  • Aug 2014 (4)
  • Jul 2014 (2)
  • Jun 2014 (2)
  • May 2014 (2)
  • Apr 2014 (1)
  • Mar 2014 (2)
  • Feb 2014 (2)
  • Jan 2014 (4)
  • Dec 2013 (5)
  • Nov 2013 (2)
  • Oct 2013 (6)
  • Sep 2013 (5)
  • Aug 2013 (3)
  • Jul 2013 (7)
  • Jun 2013 (7)
  • May 2013 (5)
  • Apr 2013 (3)
  • Mar 2013 (6)
  • Feb 2013 (14)
  • Jan 2013 (7)
  • Dec 2012 (11)
  • Nov 2012 (7)
  • Oct 2012 (12)
  • Sep 2012 (12)
  • Aug 2012 (12)
  • Jul 2012 (12)
  • Jun 2012 (21)
  • May 2012 (5)
  • Apr 2012 (15)
  • Mar 2012 (15)
  • Feb 2012 (13)
  • Jan 2012 (8)
  • Dec 2011 (11)
  • Nov 2011 (10)
  • Oct 2011 (12)
  • Sep 2011 (17)
  • Aug 2011 (18)
  • Jul 2011 (22)
  • Jun 2011 (12)
  • May 2011 (1)
  • Apr 2011 (1)
  • Jan 2011 (4)
  • Aug 2010 (2)
  • Jul 2010 (1)
  • Jun 2010 (2)
  • Apr 2010 (1)
  • Mar 2010 (1)
  • Feb 2010 (1)
  • Jan 2010 (1)
  • Dec 2009 (1)
  • Nov 2009 (4)
  • Oct 2009 (3)
  • Sep 2009 (9)

Dis nou ekke!

Hartlam

Viersprong

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Skrik op die Lyf

Kleinmond Self-Catering Accommodation

http://www.kleinmondselfcatering.co.za - Between the mountain and the sea - Bekostigbare selfsorg akommodasie lekker sentraal en naby die strand.

Vul jou e-posadres hier in as jy wil hoor wanneer ek weer iets opgesit het. Ek belowe ek spam nie - te lui...

Join 485 other followers

Skakel vir RSS Feed

RSS Feed RSS - Posts

Twiet-Twiet!

  • Swimming with the Dolphins this December! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 5 hours ago
  • Ek wou altyd 'n ou Sneeuvlokkie wees! The Snowflake, for the polepoweracademy challenge #sixtyplus #fitover60… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Half Split Seat, for the #wanttomovechallenge I also know it as The Albatross. What is the difference? #sixtyplus… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • 4 of 5 stars to Zola by Johan Jack Smith goodreads.com/review/show/30…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Zola "“Hulle noem haar die Goudstad. Sy het baie stories. Baie geskiedenis. Maar dis nie sy wat die hart van goud... a.co/1HfeEcE♥ ♥ ♥ 1 day ago

Onlangse Blogs

  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie
  • Ek is fucked up! Regtig?
  • Ondersoek jouself genadeloos!
  • Die dag toe my ma vir my gejok het…
  • ‘n Laaste begin

My Skakels

  • Leeskring met een lid
  • Trisa Hugo
  • Vakansie Akkommodasie in Kleinmond
  • WordPress.com Blog

Hoe ek indeel

  • Boekdinge (43)
  • Dag-tot-dag (414)
  • Ek kook en jy geniet (10)
  • Foto's (38)
  • Gedagtes en Quotes (12)
  • Gedigte (2)
  • Kindertyd (17)
  • Kreatiewe Skryfwerk (14)
  • Ons Omgewing (8)
  • Spirituele goed (23)
  • Toerisme (20)

Vorige Inskrywings

  • Dec 2019 (1)
  • Nov 2019 (2)
  • Sep 2019 (1)
  • Aug 2019 (3)
  • Jul 2019 (3)
  • Jun 2019 (4)
  • May 2019 (1)
  • Apr 2019 (2)
  • Mar 2019 (2)
  • Feb 2019 (3)
  • Jan 2019 (2)
  • Dec 2018 (5)
  • Nov 2018 (1)
  • Oct 2018 (4)
  • Sep 2018 (5)
  • Aug 2018 (4)
  • Jul 2018 (3)
  • Jun 2018 (3)
  • Apr 2018 (3)
  • Mar 2018 (2)
  • Feb 2018 (9)
  • Jan 2018 (2)
  • Dec 2017 (2)
  • Nov 2017 (6)
  • Oct 2017 (3)
  • Sep 2017 (6)
  • Aug 2017 (7)
  • Jul 2017 (4)
  • Jun 2017 (7)
  • May 2017 (3)
  • Apr 2017 (3)
  • Mar 2017 (7)
  • Jan 2017 (1)
  • Dec 2016 (3)
  • Nov 2016 (3)
  • Oct 2016 (3)
  • Aug 2016 (2)
  • Jul 2016 (1)
  • Jun 2016 (1)
  • May 2016 (1)
  • Apr 2016 (2)
  • Mar 2016 (1)
  • Feb 2016 (3)
  • Jan 2016 (2)
  • Dec 2015 (1)
  • Nov 2015 (1)
  • Oct 2015 (2)
  • Sep 2015 (1)
  • Aug 2015 (2)
  • Jul 2015 (1)
  • Jun 2015 (2)
  • May 2015 (1)
  • Apr 2015 (2)
  • Mar 2015 (1)
  • Feb 2015 (4)
  • Jan 2015 (3)
  • Dec 2014 (4)
  • Nov 2014 (2)
  • Oct 2014 (5)
  • Sep 2014 (2)
  • Aug 2014 (4)
  • Jul 2014 (2)
  • Jun 2014 (2)
  • May 2014 (2)
  • Apr 2014 (1)
  • Mar 2014 (2)
  • Feb 2014 (2)
  • Jan 2014 (4)
  • Dec 2013 (5)
  • Nov 2013 (2)
  • Oct 2013 (6)
  • Sep 2013 (5)
  • Aug 2013 (3)
  • Jul 2013 (7)
  • Jun 2013 (7)
  • May 2013 (5)
  • Apr 2013 (3)
  • Mar 2013 (6)
  • Feb 2013 (14)
  • Jan 2013 (7)
  • Dec 2012 (11)
  • Nov 2012 (7)
  • Oct 2012 (12)
  • Sep 2012 (12)
  • Aug 2012 (12)
  • Jul 2012 (12)
  • Jun 2012 (21)
  • May 2012 (5)
  • Apr 2012 (15)
  • Mar 2012 (15)
  • Feb 2012 (13)
  • Jan 2012 (8)
  • Dec 2011 (11)
  • Nov 2011 (10)
  • Oct 2011 (12)
  • Sep 2011 (17)
  • Aug 2011 (18)
  • Jul 2011 (22)
  • Jun 2011 (12)
  • May 2011 (1)
  • Apr 2011 (1)
  • Jan 2011 (4)
  • Aug 2010 (2)
  • Jul 2010 (1)
  • Jun 2010 (2)
  • Apr 2010 (1)
  • Mar 2010 (1)
  • Feb 2010 (1)
  • Jan 2010 (1)
  • Dec 2009 (1)
  • Nov 2009 (4)
  • Oct 2009 (3)
  • Sep 2009 (9)

Create a free website or blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy