Asemhaal
Getye
Seisoene
Volmaan en Nuwemaan
Dag en nag
Dae van die week
Maande van die jaar
Lewe en dood
Op en Af en In en Uit

Alles gebeur in siklusse, alles. Vakansieseisoene ook. Dit voel vir my asof ek nog skaars uitgerus is van die vorige seisoen, dan is Desember weer om die draai, met winkels wat al fluks kersversierings verkoop. Selfs ons Aprilvakansie is amper vol bespreek, heel ongewoon, asof iets gaan opraak.

So leef ons van seisoen na sieisoen, van Sondag se koffie-en-koerant na Sondag se koffie-en-koerant wat voel of dit net twee dae uitmekaar is. Elke Vrydagaand as ons nagsê, dan sê een van ons: hier is dit alweer Vrydag!

Vlieg tyd? Wat is tyd? Eenvoudige vraag, met ‘n moeilike antwoord… Ons kan dit maar net meet in terme van die siklusse en seisoene om ons.

Hierdie jaar oortref alle ander jare wat tyd en spoed betref. Dit voel erger elke jaar, maar vanoggend tref iets my toe ek wonder wat het dan verander dat hoe ouer jy word, hoe vinniger gaan die tyd verby. Altans, dis hoe dit voel… Tegnologie het wel verander, kommunikasiemiddele het verander, maar bowenal het ék verander! Ek het ouer en stadiger geword. Ek lees stadiger, ek luister stadiger, ek multi-task nie meer so lekker nie. Ek doen presies nog alles wat ek altyd gedoen het, dalk werk ek harder as ‘n soort teenvoeter om myself te troos, so ek kry baie dinge gedoen. Soms raak ek half paniekerig as ek dink ek het nog meer dinge wat ek wil doen as waarvoor ek tyd het. As ek nou stadiger word, voel dit seker maar net of tyd my verbysnel, soos hierdie mooi groen Pluto moet voel as alles so om hom tol, terwyl hy self in ‘n wentelbaan is.

Vlieg tyd? Of is dit ek wat stadiger word, en toenemend stadiger gaan word, totdat alles – gedagtes, fisiologiese prosesse, organe en selvorming – heeltemal gaan stilstaan. Dan is my ‘tyd’ verby.

On Time

You would measure time the measureless and the immeasurable.
You would adjust your conduct and even direct the course of your spirit according to hours and seasons.
Of time you would make a stream upon whose bank you would sit and watch its flowing.

Yet the timeless in you is aware of life’s timelessness,
And knows that yesterday is but today’s memory and tomorrow is today’s dream.
And that that which sings and contemplates in you is still dwelling within the bounds of that first moment which scattered the stars into space.
Who among you does not feel that his power to love is boundless?
And yet who does not feel that very love, though boundless, encompassed within the centre of his being, and moving not from love thought to love thought, nor from love deeds to other love deeds?
And is not time even as love is, undivided and spaceless?

But if in your thought you must measure time into seasons, let each season encircle all the other seasons,
And let today embrace the past with remembrance and the future with longing.

– Kahlil Gibran

Advertisements