As jy een van daardie mense is wat in koffiewinkels sit en mense dophou en jy sien daardie middeljarige paartjie, besig met ‘n baie ernstige, intense gesprek, is die kanse goed dat ek kan opkyk en vir jou wuif.

Vandag se gesprek was oor iets wat klink of dit ‘n maklike antwoord kan hê, maar wat uiteindelik ‘n gesprek geword het oor middagete, al die pad 120 km huis toe en tuis voorgesit is. Daar was gisteraand klaarblyklik ‘n televisie-aanbieder wat vir een of ander bekende rugbyspeler gevra het, hy het reeds sóveel sukses behaal op verskillende terreine, sóveel dinge gedoen, wat wil hy nog bereik? Die ou het blykbaar na asem gehap en kon nie vinnig antwoord nie. Ons het daaroor begin praat en gedink hoe kan hy nie die antwoord ken nie? Dis mos maklik? Maar uiteindelik self ‘n lang gesprek daaroor gehad. Spot the irony.

Toe wonder ek oor ou drome uit my jeug, hoe dit inpas met wat ek wou en met wat ek gedoen en bereik het. Maar veral hoe dit inpas met hoe ek nou oor die lewe dink.

My drome en ideale was maar die gewone dinge waaroor baie mense nie eers dink nie, omdat dit deel van hulle realiteit is, terwyl dit weer vir ander onbereikbare ideale bly. Dis maar altyd ‘n kwessie van perspektief. Sommige mense sal wel redeneer dat my ideale maar vlak en min was. Dalk was dit, maar dit was myne. My perspektief was beperk, maar ek het hard gewerk en goeie en minder goeie keuses langs die pad gemaak, but I made it happen. Ek wou eendag oorsee gaan, ek wou ‘n graad hê, ek wou ‘n skrywer wees, ek wou by die see bly, ek wou my eie besigheid bedryf en ek wou lees vir ‘n lewe (ek is al betaal betaal om te lees, dit tel seker). Al hierdie goed het gebeur, party meervoudig, party met meer sukses as ander. Dan was daar ook ‘n onnoembaarheid of twee wat ek wou beleef (en ek het) maar daaroor sal ons maar swyg…wordsSteeds is hierdie meestal materiële  dinge wat nou “afgetick” is op die lysie wat ek nooit formeel gehad het nie, maar tog oor gedink het oor “eendag”. Dit is die dieper geestelike goed, dinge binne onsself waaraan ons werk tot die dag wat ons finaal ophou bewus wees van hierdie lewe, waaroor ons vandag gepraat het.

Na ‘n lang gesprek, was my kort antwoord op wat ek nog wil bereik eenvoudig: Ek wil nog baie leer en baie lees, sodat ek dit wat ek voel my doel hier op aarde is, ten beste kan doen. For the Highest Good of All.

John se (uiteindelike) antwoord was nog korter: To live in awareness.

“No matter who you are, no matter what you did, no matter where you’ve come from, you can always change, become a better version of yourself.”
― Madonna