• Koskalender
    • Indeks
  • Skryfinspirasie
  • Wie is MaanKind?

MaanKind

~ Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke …

Monthly Archives: Jul 2018

Heila Levina Etresia Pretorius

24 Tue Jul 2018

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag, Spirituele goed

≈ 9 Comments

Tags

Reïnkarnasie

As kinders het ons maar min speelgoed gehad, maar ons het baie name gehad. Watter kind sou nie graag die omgekeerde wou hê nie? Een van my susters het voorheen oor hierdie einste onderwerp geskryf, wat wys hoe diep sulke dinge in ‘n kind kan kerf.

Hierdie doopname van my het my oor die jare baie moeilikheid gegee, omdat my noemnaam afgelei is van my derde naam. (Probeer bietjie ‘n tjek bank uitgemaak aan Trisa Hugo as jou name Heila Levina Etresia is!) Ek is egter nie die enigste niggie met die name nie, daar was drie van ons. Twee van ons lewe nog.

Nou het ek in my middeljare die mees besondere pop waaraan ek maar kan dink gekry, boonop het dit behoort aan ‘n baie spesiale dogtertjie – my naamgenoot, Heila Levina Etresia (Tresia) Pretorius, gebore 16 Jun 1945, oorlede 10 Aug 1953. Sy en haar tweejarige broertjie het een vreeslike dag in ‘n kanaal verdrink. My pa het sy broer se kindertjies uit die kanaal gehaal en hospitaal toe gejaag. Hy het nooit daaroor gepraat nie, maar dit het hom lewenslank geknou en die sagte hartseer in sy oë het ek nooit verstaan nie. Ek het nooit naby aan hom gevoel nie, dit was asof hy afstand van my bewaar het. Ek, wat minder as drie jaar gebore is nadat Tresia en Louwtjie verdrink het en hy hierdie trauma moes beleef, het dieselfde name gekry as sy broer se dogtertjie. Die dogtertjie vir wie hy met sy eerste salaris ‘n pop gekoop het, vir haar en haar ouer sussie elkeen ‘n pop. Haar verjaarsdag was 16 Junie, myne is 15 Junie.

In 2014 het ek die mees besondere ervaring van my lewe gehad, dit het my so diep getref dat ek in vier jaar nog nie daaroor kon skryf nie. Ek het onder baie diep hipnose ‘n ervaring gehad wat selfs nou nog my keel toetrek, letterlik. Ek kon nog glad nie daaroor praat nie. Die doel van die hipnose was om te kyk watter onbewuste dinge my lewe nou affekteer, wat my geestelike groei as mens verhoed.

Onder hipnose het ek die kinders se verdrinking beleef, asof dit ek self is wat verdrink. Ek het al die angs ervaar, die water het my longe verskriklik gebrand en ek het heeltemal histeries geword onder hipnose. Ek luister nou vir die eerste keer dwarsdeur die stemopname wat die terapeut gemaak het, ek kon nog nooit verby die deel kom waar die kinders (ek?) verdrink het nie.

Vir die eerste keer maak dit ook nou vir my sin dat ek sedert my kinderjare nooit kon leer swem nie, dat my kop onder geen omstandighede ooit onder die water gaan nie. My kinders het my verbied om te swem as hulle maats by ons was, en ek het saam met hulle swemlesse ook geneem, maar die sweminstrukteur het my na ‘n paar lesse gesê ek mors haar tyd, ek sal nooit leer swem nie. Dit laat jou dink, nè?

My niggie Annie, wat ongeveer 12 was en haar broertjie en sustertjie se verdrinking beleef het, het steeds die twee poppe wat my pa vir haar en Tresia gekoop het bewaar, en onlangs het sy Tresia se pop aan my toevertrou. Annie is tans baie siek, maar ek hoop sy weet hoeveel dit vir my beteken.

Dit het my ‘n maand geneem om die pop uit haar verpakking te haal en vandag het ek haar kleertjies uitgetrek en in sagte sepies gewas. Uit respek vir Tresia wat so traumatiese verdrinking beleef het, het ek vir Pop self net met klam wattetjies gespons. Die kleertjies het verbasend behoue gebly vir ongeveer 70 jaar, net die lintjies se randjies het in die water gedisintegreer, so broos soos ons lewe self.

49 Pretorius ou fotos
48 Pretorius ou fotos
47 Pretorius ou fotos
51 Pretorius ou fotos
20180724_124007
20180724_124811
20180724_124912
20180724_123918
20180724_130447
20180620_161808

I seem to have loved you in numberless forms, numberless times…
In life after life, in age after age, forever.
My spellbound heart has made and remade the necklace of songs,
That you take as a gift, wear round your neck in your many forms,
In life after life, in age after age, forever.

Whenever I hear old chronicles of love, it’s age old pain,
It’s ancient tale of being apart or together.
As I stare on and on into the past, in the end you emerge,
Clad in the light of a pole-star, piercing the darkness of time.
You become an image of what is remembered forever.

You and I have floated here on the stream that brings from the fount.
At the heart of time, love of one for another.
We have played along side millions of lovers,
Shared in the same shy sweetness of meeting,
the distressful tears of farewell,
Old love but in shapes that renew and renew forever.

Today it is heaped at your feet, it has found its end in you
The love of all man’s days both past and forever:
Universal joy, universal sorrow, universal life.
The memories of all loves merging with this one love of ours –
And the songs of every poet past and forever.”

― Rabindranath Tagore (1861-1941) , Selected Poems

 

 

Water is Ons is Water

18 Wed Jul 2018

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 3 Comments

Voor die natuur se elemente staan ons verwonderd, magteloos en verskrik. Teen ‘n woeste stormwind, ‘n vernietigendende veldbrand, ‘n haelstorm, oorstromings of ‘n aardbewing kan ons nie bly staan nie. Ons kan dit nie voorspel nie en ons kan dit nie beheer nie.

Een van die natuur se elemente het ‘n besondere bekoring vir mense. Waar water is, is daar ‘n verwonderde wese. Water hou ‘n magiese bekoring vir mense in, of dit ‘n rivier, ‘n waterval, die see, reën of ‘n sproeier is waaronder kinders en honde speel. Sneeu laat groot mans kinders word.

Water blus ‘n vuur. Water maak ons tuine mooi. Reën laat almal baldadig voel en as jy in die Kaap woon, ook dankbaar. Bad is lekker. Water was ons skoon, en sommige kindertjies word met ‘n paar druppels water op die voorkoppie belowe dat hulle skoongewas word van die sondes van hulle voorgeslagte.

Waarom sou ons water so fassinerend vind? Dat die duurste huise langs die water gebou word, dat vakansies al om, of selfs op of in ‘n waterstuktuur beplan word?

Ons liggame bestaan uit ‘n baie groot persentasie water. Voel ons dalk meer één met water as met wind? Nie een van die ander elemente van die natuur is in so ‘n groot mate verteenwoordig in ons liggame nie. Veldvuur maak ons bang en wind gee vir ons werk, om die stoepe te vee.

“Up to 60% of the human adult body is water. According to H.H. Mitchell, Journal of Biological Chemistry 158, the brain and heart are composed of 73% water, and the lungs are about 83% water. The skin contains 64% water, muscles and kidneys are 79%, and even the bones are watery: 31%.” Lees die volledige artikel hier. (En nee, dis ‘n mite dat 90% van ons liggame uit water bestaan.)

Die basis van elke sel in ons liggame is water, wat voedingstowwe vervoer en ons gesond hou. Water fassineer ons sonder dat ons wonder of weet waarom.

Ons = Water = Ons.

(Hierdie gedagtes het by my opgekom toe ek diep in hierdie ys in my whiskeyglas gekyk het. Dit het gevoel asof die ys die geheime met my deel.)

“Eventually, all things merge into one, and a river runs through it. The river was cut by the world’s great flood and runs over rocks from the basement of time. On some of the rocks are timeless raindrops. Under the rocks are the words, and some of the words are theirs.
I am haunted by waters.”
― Norman Maclean, A River Runs Through It and Other Stories

Koebaai Meraai!

11 Wed Jul 2018

Posted by MaanKind in Boekdinge, Dag-tot-dag

≈ 5 Comments

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Vandag is vir my so effens weemoedig, ek het besluit om nie my Boekemakranka domein te hernu nie. Dit het ‘n lang pad gekom, van die tyd toe ons op ‘n gespreksforum oor boekdinge saamgesels het, voor Faceboek nog bestaan het. Boekemakranka – ‘n Virtuele Leeskring. Dinge verander, en toe Tapatalk vir Lefora waarop die forum geloop het oorgekoop het, het die gewildheid van die forum ook beteken dat dit ‘n teiken geword het van die spammers.

Daardie Boekemakranka wat met sy Leeslyste en al wat my ‘n paar maal op RSG en Whale coast radio as gas gehad het, het my laat besef daar is mense wat nie ‘n gesig vir TV, of ‘n stem vir radio het nie. Ek onthou die absolute horror toe ek na die tyd luister na my eie stem. My mense het gesê dis maar hoe ek klink en ek het gedreig om nooit weer ‘n woord te praat nie. Een goeie ding – ek het gehoor hoeveel keer ek die woord ongelooflik gebruik, en ek vermy dit nou heeltemal!

Verandering is die een konstante in die lewe, en so het dinge en platforms verander. Ons het elders op Facebook en op Goodreads oor boeke begin gesels, en Boekemakranka het koers verander en begin om e-boeke te verwerk en te verkoop, aan die heel begin van die e-boekbedryf. Boekemakranka het die heel eerste e-boek, Viersprong, in Afrikaans op Amazon verkoop, voordat die groot uitgewers nog aan boord gekom het. Daarom bied ek graag aan julle vir ‘n beperkte tyd, die kortverhaalbundel Viersprong, teen afslagprys! Koop dit op Amazon, of in ePub op my persoonlike blad, http://trisahugo.co.za/. Daar is ook ‘n baie spesiale aanbod op My Kort vir jou Sop, Boekemakranka se liefdadigheidsbundel wat al soveel borde kos vir behoeftige bejaardes gekoop het. Elke sent opbrengs van hierdie twee e-boeke word aan voedselprogramme in ons dorp geskenk. Die gedrukte Sop-boeke soos dit bekend geword het, is ongelukkig reeds uitverkoop. As jy Viersprong in ePub-formaat teen R49 koop, kan jy My Kort vir jou Sop vir slegs R5 koop. (Jy betaal met jou kredietkaart op jou eie bank se encrypted platform en veiligheidsisteme deur PayFast.)

Mens maak mos ‘n kind groot en trou hom af, maar daar is altyd ‘n klein kolletjie van jou hart vir daardie kind. Boekemakranka was goed vir my en vir ‘n klompie skrywers en ek neem met heimwee afskeid van die domein, maar die naam leef voort as ‘n submenu op my eie blad.

51il2bhvfrdl-_sy346_
613zzpchosl

“I believe that everything happens for a reason. People change so that you can learn to let go, things go wrong so that you appreciate them when they’re right, you believe lies so you eventually learn to trust no one but yourself, and sometimes good things fall apart so better things can fall together.”
— Marilyn Monroe

Dis nou ekke!

Resensent

Professional Reader

Vul jou e-posadres hier in as jy wil hoor wanneer ek weer iets opgesit het. Ek belowe ek spam nie - te lui...

Join 485 other followers

My Skakels

  • Leeskring met een lid
  • Trisa Hugo
  • Vakansie Akkommodasie in Kleinmond
  • WordPress.com Blog

Sien wat ek doen

Trisa Hugo

Create your badge

Erfskandes

Kliek op die voorblad om die eerste 10% gratis te lees

Boekemakranka se liefdadigheidsbundel

Kliek op die foto om die eerste 10% gratis te lees!

Viersprong

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Kleinmond Self-Catering Accommodation

http://www.kleinmondselfcatering.co.za - Between the mountain and the sea - Bekostigbare selfsorg akommodasie lekker sentraal en naby die strand.

Skakel vir RSS Feed

RSS Feed RSS - Posts

Twiet-Twiet!

  • Swimming with the Dolphins this December! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 6 hours ago
  • Ek wou altyd 'n ou Sneeuvlokkie wees! The Snowflake, for the polepoweracademy challenge #sixtyplus #fitover60… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Half Split Seat, for the #wanttomovechallenge I also know it as The Albatross. What is the difference? #sixtyplus… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • 4 of 5 stars to Zola by Johan Jack Smith goodreads.com/review/show/30…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Zola "“Hulle noem haar die Goudstad. Sy het baie stories. Baie geskiedenis. Maar dis nie sy wat die hart van goud... a.co/1HfeEcE♥ ♥ ♥ 1 day ago

Onlangse Blogs

  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie
  • Ek is fucked up! Regtig?
  • Ondersoek jouself genadeloos!
  • Die dag toe my ma vir my gejok het…
  • ‘n Laaste begin

Top Inskrywings

  • Raaisels uit my kinderdae
  • My belewenis van Gordelroos
  • Toemaar, toemaar!
  • Die Emosionele sy van Gordelroos
  • Vertrou jou intuïsie!
  • Is jy Aangeneem en Voorgestel?
  • My hart is seer - Regtig?
  • My pa verjaar vandag!
  • Hoe lyk jy?
  • Die blou baadjie

Hoe ek indeel

  • Boekdinge (43)
  • Dag-tot-dag (414)
  • Ek kook en jy geniet (10)
  • Foto's (38)
  • Gedagtes en Quotes (12)
  • Gedigte (2)
  • Kindertyd (17)
  • Kreatiewe Skryfwerk (14)
  • Ons Omgewing (8)
  • Spirituele goed (23)
  • Toerisme (20)

Vorige Inskrywings

  • Dec 2019 (1)
  • Nov 2019 (2)
  • Sep 2019 (1)
  • Aug 2019 (3)
  • Jul 2019 (3)
  • Jun 2019 (4)
  • May 2019 (1)
  • Apr 2019 (2)
  • Mar 2019 (2)
  • Feb 2019 (3)
  • Jan 2019 (2)
  • Dec 2018 (5)
  • Nov 2018 (1)
  • Oct 2018 (4)
  • Sep 2018 (5)
  • Aug 2018 (4)
  • Jul 2018 (3)
  • Jun 2018 (3)
  • Apr 2018 (3)
  • Mar 2018 (2)
  • Feb 2018 (9)
  • Jan 2018 (2)
  • Dec 2017 (2)
  • Nov 2017 (6)
  • Oct 2017 (3)
  • Sep 2017 (6)
  • Aug 2017 (7)
  • Jul 2017 (4)
  • Jun 2017 (7)
  • May 2017 (3)
  • Apr 2017 (3)
  • Mar 2017 (7)
  • Jan 2017 (1)
  • Dec 2016 (3)
  • Nov 2016 (3)
  • Oct 2016 (3)
  • Aug 2016 (2)
  • Jul 2016 (1)
  • Jun 2016 (1)
  • May 2016 (1)
  • Apr 2016 (2)
  • Mar 2016 (1)
  • Feb 2016 (3)
  • Jan 2016 (2)
  • Dec 2015 (1)
  • Nov 2015 (1)
  • Oct 2015 (2)
  • Sep 2015 (1)
  • Aug 2015 (2)
  • Jul 2015 (1)
  • Jun 2015 (2)
  • May 2015 (1)
  • Apr 2015 (2)
  • Mar 2015 (1)
  • Feb 2015 (4)
  • Jan 2015 (3)
  • Dec 2014 (4)
  • Nov 2014 (2)
  • Oct 2014 (5)
  • Sep 2014 (2)
  • Aug 2014 (4)
  • Jul 2014 (2)
  • Jun 2014 (2)
  • May 2014 (2)
  • Apr 2014 (1)
  • Mar 2014 (2)
  • Feb 2014 (2)
  • Jan 2014 (4)
  • Dec 2013 (5)
  • Nov 2013 (2)
  • Oct 2013 (6)
  • Sep 2013 (5)
  • Aug 2013 (3)
  • Jul 2013 (7)
  • Jun 2013 (7)
  • May 2013 (5)
  • Apr 2013 (3)
  • Mar 2013 (6)
  • Feb 2013 (14)
  • Jan 2013 (7)
  • Dec 2012 (11)
  • Nov 2012 (7)
  • Oct 2012 (12)
  • Sep 2012 (12)
  • Aug 2012 (12)
  • Jul 2012 (12)
  • Jun 2012 (21)
  • May 2012 (5)
  • Apr 2012 (15)
  • Mar 2012 (15)
  • Feb 2012 (13)
  • Jan 2012 (8)
  • Dec 2011 (11)
  • Nov 2011 (10)
  • Oct 2011 (12)
  • Sep 2011 (17)
  • Aug 2011 (18)
  • Jul 2011 (22)
  • Jun 2011 (12)
  • May 2011 (1)
  • Apr 2011 (1)
  • Jan 2011 (4)
  • Aug 2010 (2)
  • Jul 2010 (1)
  • Jun 2010 (2)
  • Apr 2010 (1)
  • Mar 2010 (1)
  • Feb 2010 (1)
  • Jan 2010 (1)
  • Dec 2009 (1)
  • Nov 2009 (4)
  • Oct 2009 (3)
  • Sep 2009 (9)

Dis nou ekke!

Hartlam

Viersprong

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Skrik op die Lyf

Kleinmond Self-Catering Accommodation

http://www.kleinmondselfcatering.co.za - Between the mountain and the sea - Bekostigbare selfsorg akommodasie lekker sentraal en naby die strand.

Vul jou e-posadres hier in as jy wil hoor wanneer ek weer iets opgesit het. Ek belowe ek spam nie - te lui...

Join 485 other followers

Skakel vir RSS Feed

RSS Feed RSS - Posts

Twiet-Twiet!

  • Swimming with the Dolphins this December! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 6 hours ago
  • Ek wou altyd 'n ou Sneeuvlokkie wees! The Snowflake, for the polepoweracademy challenge #sixtyplus #fitover60… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Half Split Seat, for the #wanttomovechallenge I also know it as The Albatross. What is the difference? #sixtyplus… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • 4 of 5 stars to Zola by Johan Jack Smith goodreads.com/review/show/30…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Zola "“Hulle noem haar die Goudstad. Sy het baie stories. Baie geskiedenis. Maar dis nie sy wat die hart van goud... a.co/1HfeEcE♥ ♥ ♥ 1 day ago

Onlangse Blogs

  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie
  • Ek is fucked up! Regtig?
  • Ondersoek jouself genadeloos!
  • Die dag toe my ma vir my gejok het…
  • ‘n Laaste begin

My Skakels

  • Leeskring met een lid
  • Trisa Hugo
  • Vakansie Akkommodasie in Kleinmond
  • WordPress.com Blog

Hoe ek indeel

  • Boekdinge (43)
  • Dag-tot-dag (414)
  • Ek kook en jy geniet (10)
  • Foto's (38)
  • Gedagtes en Quotes (12)
  • Gedigte (2)
  • Kindertyd (17)
  • Kreatiewe Skryfwerk (14)
  • Ons Omgewing (8)
  • Spirituele goed (23)
  • Toerisme (20)

Vorige Inskrywings

  • Dec 2019 (1)
  • Nov 2019 (2)
  • Sep 2019 (1)
  • Aug 2019 (3)
  • Jul 2019 (3)
  • Jun 2019 (4)
  • May 2019 (1)
  • Apr 2019 (2)
  • Mar 2019 (2)
  • Feb 2019 (3)
  • Jan 2019 (2)
  • Dec 2018 (5)
  • Nov 2018 (1)
  • Oct 2018 (4)
  • Sep 2018 (5)
  • Aug 2018 (4)
  • Jul 2018 (3)
  • Jun 2018 (3)
  • Apr 2018 (3)
  • Mar 2018 (2)
  • Feb 2018 (9)
  • Jan 2018 (2)
  • Dec 2017 (2)
  • Nov 2017 (6)
  • Oct 2017 (3)
  • Sep 2017 (6)
  • Aug 2017 (7)
  • Jul 2017 (4)
  • Jun 2017 (7)
  • May 2017 (3)
  • Apr 2017 (3)
  • Mar 2017 (7)
  • Jan 2017 (1)
  • Dec 2016 (3)
  • Nov 2016 (3)
  • Oct 2016 (3)
  • Aug 2016 (2)
  • Jul 2016 (1)
  • Jun 2016 (1)
  • May 2016 (1)
  • Apr 2016 (2)
  • Mar 2016 (1)
  • Feb 2016 (3)
  • Jan 2016 (2)
  • Dec 2015 (1)
  • Nov 2015 (1)
  • Oct 2015 (2)
  • Sep 2015 (1)
  • Aug 2015 (2)
  • Jul 2015 (1)
  • Jun 2015 (2)
  • May 2015 (1)
  • Apr 2015 (2)
  • Mar 2015 (1)
  • Feb 2015 (4)
  • Jan 2015 (3)
  • Dec 2014 (4)
  • Nov 2014 (2)
  • Oct 2014 (5)
  • Sep 2014 (2)
  • Aug 2014 (4)
  • Jul 2014 (2)
  • Jun 2014 (2)
  • May 2014 (2)
  • Apr 2014 (1)
  • Mar 2014 (2)
  • Feb 2014 (2)
  • Jan 2014 (4)
  • Dec 2013 (5)
  • Nov 2013 (2)
  • Oct 2013 (6)
  • Sep 2013 (5)
  • Aug 2013 (3)
  • Jul 2013 (7)
  • Jun 2013 (7)
  • May 2013 (5)
  • Apr 2013 (3)
  • Mar 2013 (6)
  • Feb 2013 (14)
  • Jan 2013 (7)
  • Dec 2012 (11)
  • Nov 2012 (7)
  • Oct 2012 (12)
  • Sep 2012 (12)
  • Aug 2012 (12)
  • Jul 2012 (12)
  • Jun 2012 (21)
  • May 2012 (5)
  • Apr 2012 (15)
  • Mar 2012 (15)
  • Feb 2012 (13)
  • Jan 2012 (8)
  • Dec 2011 (11)
  • Nov 2011 (10)
  • Oct 2011 (12)
  • Sep 2011 (17)
  • Aug 2011 (18)
  • Jul 2011 (22)
  • Jun 2011 (12)
  • May 2011 (1)
  • Apr 2011 (1)
  • Jan 2011 (4)
  • Aug 2010 (2)
  • Jul 2010 (1)
  • Jun 2010 (2)
  • Apr 2010 (1)
  • Mar 2010 (1)
  • Feb 2010 (1)
  • Jan 2010 (1)
  • Dec 2009 (1)
  • Nov 2009 (4)
  • Oct 2009 (3)
  • Sep 2009 (9)

Blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy