Tags

As kinders het ons maar min speelgoed gehad, maar ons het baie name gehad. Watter kind sou nie graag die omgekeerde wou hê nie? Een van my susters het voorheen oor hierdie einste onderwerp geskryf, wat wys hoe diep sulke dinge in ‘n kind kan kerf.

Hierdie doopname van my het my oor die jare baie moeilikheid gegee, omdat my noemnaam afgelei is van my derde naam. (Probeer bietjie ‘n tjek bank uitgemaak aan Trisa Hugo as jou name Heila Levina Etresia is!) Ek is egter nie die enigste niggie met die name nie, daar was drie van ons. Twee van ons lewe nog.

Nou het ek in my middeljare die mees besondere pop waaraan ek maar kan dink gekry, boonop het dit behoort aan ‘n baie spesiale dogtertjie – my naamgenoot, Heila Levina Etresia (Tresia) Pretorius, gebore 16 Jun 1945, oorlede 10 Aug 1953. Sy en haar tweejarige broertjie het een vreeslike dag in ‘n kanaal verdrink. My pa het sy broer se kindertjies uit die kanaal gehaal en hospitaal toe gejaag. Hy het nooit daaroor gepraat nie, maar dit het hom lewenslank geknou en die sagte hartseer in sy oë het ek nooit verstaan nie. Ek het nooit naby aan hom gevoel nie, dit was asof hy afstand van my bewaar het. Ek, wat minder as drie jaar gebore is nadat Tresia en Louwtjie verdrink het en hy hierdie trauma moes beleef, het dieselfde name gekry as sy broer se dogtertjie. Die dogtertjie vir wie hy met sy eerste salaris ‘n pop gekoop het, vir haar en haar ouer sussie elkeen ‘n pop. Haar verjaarsdag was 16 Junie, myne is 15 Junie.

In 2014 het ek die mees besondere ervaring van my lewe gehad, dit het my so diep getref dat ek in vier jaar nog nie daaroor kon skryf nie. Ek het onder baie diep hipnose ‘n ervaring gehad wat selfs nou nog my keel toetrek, letterlik. Ek kon nog glad nie daaroor praat nie. Die doel van die hipnose was om te kyk watter onbewuste dinge my lewe nou affekteer, wat my geestelike groei as mens verhoed.

Onder hipnose het ek die kinders se verdrinking beleef, asof dit ek self is wat verdrink. Ek het al die angs ervaar, die water het my longe verskriklik gebrand en ek het heeltemal histeries geword onder hipnose. Ek luister nou vir die eerste keer dwarsdeur die stemopname wat die terapeut gemaak het, ek kon nog nooit verby die deel kom waar die kinders (ek?) verdrink het nie.

Vir die eerste keer maak dit ook nou vir my sin dat ek sedert my kinderjare nooit kon leer swem nie, dat my kop onder geen omstandighede ooit onder die water gaan nie. My kinders het my verbied om te swem as hulle maats by ons was, en ek het saam met hulle swemlesse ook geneem, maar die sweminstrukteur het my na ‘n paar lesse gesê ek mors haar tyd, ek sal nooit leer swem nie. Dit laat jou dink, nè?

My niggie Annie, wat ongeveer 12 was en haar broertjie en sustertjie se verdrinking beleef het, het steeds die twee poppe wat my pa vir haar en Tresia gekoop het bewaar, en onlangs het sy Tresia se pop aan my toevertrou. Annie is tans baie siek, maar ek hoop sy weet hoeveel dit vir my beteken.

Dit het my ‘n maand geneem om die pop uit haar verpakking te haal en vandag het ek haar kleertjies uitgetrek en in sagte sepies gewas. Uit respek vir Tresia wat so traumatiese verdrinking beleef het, het ek vir Pop self net met klam wattetjies gespons. Die kleertjies het verbasend behoue gebly vir ongeveer 70 jaar, net die lintjies se randjies het in die water gedisintegreer, so broos soos ons lewe self.

I seem to have loved you in numberless forms, numberless times…
In life after life, in age after age, forever.
My spellbound heart has made and remade the necklace of songs,
That you take as a gift, wear round your neck in your many forms,
In life after life, in age after age, forever.

Whenever I hear old chronicles of love, it’s age old pain,
It’s ancient tale of being apart or together.
As I stare on and on into the past, in the end you emerge,
Clad in the light of a pole-star, piercing the darkness of time.
You become an image of what is remembered forever.

You and I have floated here on the stream that brings from the fount.
At the heart of time, love of one for another.
We have played along side millions of lovers,
Shared in the same shy sweetness of meeting,
the distressful tears of farewell,
Old love but in shapes that renew and renew forever.

Today it is heaped at your feet, it has found its end in you
The love of all man’s days both past and forever:
Universal joy, universal sorrow, universal life.
The memories of all loves merging with this one love of ours –
And the songs of every poet past and forever.”

― Rabindranath Tagore (1861-1941) , Selected Poems