Daar is ‘n paar van my vriende wat op die oomblik geweldig swaarkry, met hulle kinders, ouers of naastes.

Een van my beste vriende het eenmaal gesê, mens kan tog nie jou lewensmaat kwalik neem vir hoe hy is nie? Dit het bly steek.

Ons is almal anders, party van ons dink anders as ander, party van ons dóén anders as ander. Maar party van ons ís net eenvoudig anders. Net so met psigiatriese siektes. Party word gediagnoseer en behandel, ander word net gesien as moeilik, stout of buierig. Party is gelukkig, hulle word aanvaar vir wie en wat hulle is.

In die vroeë sewentigs het ek so ‘n geel boek gekoop, I’m OK, You’re OK deur Thomas Harris. Dit was ‘n soort selfhelpgids en het gegaan oor hoe transactional analysis in alledaagse verhoudinge gebruik kan word. Dit het my denke geweldig beïnvloed. Ongelukkig het die boek se rugkant op ‘n dag net bloot disintegreer met die afstofslag.

My uitkyk het geweldig verbreed met die koms van Facebook, toe ek kennis gemaak het met die mense wat ek leer ken het by toenterjare se KletsKerk (ek was net ‘n sluipleser daar, ek kon immers nie saam met daardie slim ouens praat nie). Danksy al die heidense ateïste met hulle kwaai uitsprake en ook ‘n klomp verloopte dominees, dienende dominees en emeritus-dominees; tesame met al my vriende in die spirituele groepe en daaglikse gesprekke met my man, het my vriendekring uitgebrei tot ‘n vlak van kwaliteit wat ek nog nie voorheen in my lewe gehad het nie. Daar waar jou menswees tel, waar ek nie voel ek word geoordeel in terme van wat ek glo/nie glo nie.

Daardie “vriende” wat my laat weet het hulle kan ongelukkig nie meer vriende met my wees as ek so openlik is oor die feit dat ek nie ‘n Christen is nie, het my ‘n groot guns gedoen. Wat bewys dit? Dat die beeld wat jy voorhou vir hulle belangriker is as die mens wat jy is? As die skapies en die bokkies so geskei word, is ek dankbaar vir die geleentheid.

Elke mens is dit aan homself verskuldig om sy kringe so uit te brei en te vestig, dat dit sy vlak van menswees bevoordeel. Daar waar dit sonder oordeel is vir al die dele van jou, wat jou maak wat jy is.

Soos NP van Wyk die vervlegting van ons lig en donker so goed verwoord in sy Ballade van die Bose.

Ken jy my nou?
Het jy die spieël gesien
en ken jy jou?
Wanneer jy wil vlug
uit die stad wat brand,
dan vlug ek saam
soos ‘n vrou aan jou hand.
*
Die veles meen
hulle ken my gesig,
maar ek skuil te glansryk,
te na aan die lig,
en as hul wil waarsku
en wysheid gee,
dan praat ek reeds
in die woordklank mee;

en die snelles vlug,
waarheen? vir wie?
ek is nie skoon
of aaklig nie,
en waar hulle vlug,
daar dra hul my mee
in die grys-wit groewe
van die senuwee.

Ek is ín jou
gevleg, gerank
soos ‘n wortel in
in die donker bank,
en van voor die daeraad
se blank begin
straal ek by albei
jou oë in.

Weet jy genoeg:
wat God vereen het,
hoort saamgevoeg?
*
Ek is jou wese
se ondergrond
en ek trap in jou spoor
soos ‘n goeie hond.

Toe God die aarde,
die silwer bal,
in vreugde en spel
uit sy hand laat val,
was ek die baaierd
waarin dit weeg,
die vormlose,
en woes en leeg.

Toe ‘n stil vroeë water
– voor vis of net –
tot die eerste wit kiem
geëtter het,
was ek die donker
wat onder skuil:
die koue grond en
swart klip van die kuil.

Ek was die skaduwee
van Gods gang:
ál wat Hy verlaat het,
het ek gevang;
en nou dat jy groei
om die baasskap te hê,
is ek die rooi naelstring
waaraan jy lê.

Ek is jou wese
se ondergrond
en ek trap jou spoor
soos ‘n goeie hond.

Wil die kennis nou kom:
ek is die grond
al is jy die blom?
*
Al is julle helder
en slank en vry
moenie dink dat julle
my dood sal kry,
of my strenge gang
op my baan sal stoor:
al is ek die hond,
ek hou die spoor,
ek blaf teen elke
horison
en as Gods Gees
voor die suiwer son
tot skoner gestalte
as julle is, skry,
sal ek weer helder wees,
slank en vry.

O waar sal jy gaan
en met watter skip?
die aarde is branding
en oral is klip,
of as jy wil vlug
uit die stad wat brand,
dan vlug ek saam
soos ‘n vrou aan jou hand.

Ken jy my nou?
Het jy die spieël gesien,
en ken jy jou?

(NP van Wyk Louw)

Ons almal het nodig om te ken, en geken te word. Sonder oordeel oor hoe ons lyk en oor wie ons is.

One day I heard some guy tell this girl in my class that her gums stuck out too much when she smiled, so she started covering her mouth every time someone cracked a joke or laughed with her.

And I knew a boy in my English class who would always get excited over the tiniest of things, then say sorry afterwards. He’d actually apologize for being over-enthusiastic. This was probably because of the weird looks people would give him when he boasted about his favorite books or movies. He actually thought his passions were silly.

Another time, I was at my best friend’s house. We were trying on clothes, and I threw a crop top of mine for her to wear. She told me she couldn’t wear it because her belly would stick out, and she wouldn’t want people staring or making rude comments. It was only later I found out about the nights she’d spend with two fingers down her throat.

Then a distant friend of mine had this boyfriend who constantly criticized her. He never liked her hair up, so she always wore it to her shoulders. He didn’t like her in skirts or shorts, so she always dressed down. And when he thought her friends were too opinionated, she soon grew distant from me as well. When he eventually left, she had completely lost who she was.

And once upon a time I fell in love with a boy who was afraid to cry because his whole life he was told that it made him weak. So day by day he’d let his problems eat away at him until eventually it consumed everything he was.
What I’m trying to say is, be careful of your words. These might be small instances, but the biggest issues are usually hidden beneath a million smaller ones. Everyone is struggling in little ways. Be kind.”

Anastasia Fuller

Art by Paul Lovering