Een van ons gerespekteerde skrywers se boek wat vertaal is vir die oorsese mark, is redelik sterk gesanitiseer. Dit het onlangs met navorsing gebeur, dat iets aanstoot gegee het en dat daar aanbeveel is dat navorsing voortaan strenger bekyk moet word om seker te maak dat dit niemand kan aanstoot gee nie. Grense is nodig, maar in fiksie? Het die Salman Rushdie’s en Breytenbachs verniet opgeoffer?

This image has an empty alt attribute; its file name is OzH48jU.pngOm aanstoot te neem het deesdae ‘n lewe van sy eie gekry. Mense vlieg mekaar in oor die geringste, net ingeval daar iemand is wie se gevoelens dalk geknou sal word, en so knou hulle weer af. Meer as ditwels het dit niks te doen met die persoon self nie, maar dit neem sommer aanstoot namens ander.

Ons almal streef tog dieselfde basiese waardes na, waar ons optree in ‘n gees van liefde, respek, kundigheid, eerlikheid, samewerking, toegewydheid en inisiatief. Vir my voel dit ons kan dit sonder die vaandel van Godsdiens doen. Ons moet dit dalk júís sonder die vaandel van Godsdiens doen, sodat ons verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie denke en dade.

Alles het opsioneel geword. Hier het ‘n mentaliteit ontstaan van as jy kan wegkom daarmee, doen jy dit. En dit vryf af op die kinders. Ons hoor en sien almal hoe dinge handuitruk in skole, maar waar kry daardie kinders hulle voorbeeld? Tuis. Mense het met sosiale media ‘n stem gekry en baie gebruik die geleentheid om ongebreideld tekere te gaan. 

Het ons té vry van spraak geword, en word daar dalk nou deur meer vryheid wat toenemend op subtiele maniere ingeperk word noodwendige grense gestel wat in sekere opsigte eintlik nodig is? 

Die reeks The Handmaid’s Tale gee vir ons ‘n kykie van wat sou kon gebeur in ‘n wêreld waar vryheid absoluut ingeperk word en waar vroue gebruiksartikels word. Kan ons ‘n lewe in Gilead verhoed?

Kan ons iets verander aan ‘n sosiale orde wat deurmekaar is? Dalk as ons by onsself kan begin. By ons eie menswees en grense en respek en integriteit. Ons eie ingesteldheid. Die wete dat ons onsself in die oë moet kan kyk. As ons daarmee tevrede is, kan dit dien as voorbeeld vir ander. So kan dit uitkring in ons huise, in ons dorp en na almal wat ons raak, maar veral ons kinders.  

Blessed be the fruit.
Praise be.

To read a 600-page novel and then say that it has deeply offended you: well, you have done a lot of work to be offended.
– Salman Rushdie

Advertisements