Op 25 Augustus 2015 het ek geskryf: Die waarde van Facebook. And the joys of living in a small town. Die see het geneem en die see het gegee… Tien dae tevore het ek gevra: Waar kry ek my skoen? Een FitFlop verlore tussen klein strandjie en hoofstrand. As jy dit dalk sien, bêre asseblief vir my?

Die skoen-sonder-maat

Tien dae voor 25 Augustus, was dit 15 Augustus, dus vandag presies 4 jaar gelede, op die dag het ek ‘n skoen verloor, en vier mense het gesoek waar ek dit verloor het en nie gevind nie. Ons vier het die volgende oggend op ‘n blommetoer gegaan, en ek het aanvaar my dure skoen is weg. In Springbok het ek toe ‘n paar plakkies gekoop om op die Weskus-reis te dra, en aanvaar ek sal maar weer ‘n ordentlike paar draskoene kom koop as ons terug is. Ek het altyd net een paar plakkies, een paar sandale, een paar slippers, een paar skoene, een paar tekkies en een paar boots. Dit dra ek dan op voordat ek ander koop.

Tien dae later was ons terug, en my foon het gelui. ‘n Vreemde vrou het gebel, en gesê sy het ‘n verrassing vir my. Sy het die oggend op die strand gaan stap, en gesien hoe daar ‘n skoen uitspoel. My skoen was 10 dae ter see – ongeskonde. Na vier jaar het dit effens begin verinneweer, waar die ander een nog perfek was. Sê iets van FitFlop se kwaliteit!

Na tien dae op die oop see…

En toe vandag, dag en datum vier jaar nadat ek een skoen verloor het op die strand, gebeur dit weer. Hierdie keer het ek nie besef hy was weg nie, maar ons het deur die lagune gestap en na ‘n ruk het ‘n vreemde man van oorkant af arms geswaai en geroep. Ek het gewonder wat gaan aan, want dit was net ons op die strand. Toe gooi hy my skoen oor die stroom! Hy het blykbaar van die restaurant af gesien dat ek my skoen verloor en niks agterkom nie, ek was droomverlore besig om skatte te soek op die strand, nadat ek gevra het: Give me a sign… Die stukkie seeglas was die eerste wat ek in 17 jaar op die strand opgetel het. Give me a sign…

Die skoen en die skatte, direk nadat ek gevra het…

And I, much like sea glass, shall shatter myself from my broken-bottled beginnings and take the journey of my life. I wish the sea to erode me, transform me, and I hope you’ll then pluck my shards from the sand and call me good enough, call me yours.

Thank you, Universe.

Advertisements