Almal wens almal anders vrede en vreugde en seëninge toe. Dis ‘n tyd vir gesinne en saamwees en families en eet en oordaad. Moet asseblief nie vergeet om ook goeie wense aan jouself te wens nie. Jy verdien dit ook. Ja, jý.

Vir almal wat hulle nou afsloof omdat hulle kinders so hard gewerk het deur die jaar en nou ‘n ruskansie verdien – wat van jou? Wanneer rus jy?

As daar mense is wat vandag en/of more alleen is: ek dink aan julle. Reik uit na mense wat dalk more alleen is, nooi hulle oor. Of as jy self alleen is, maak soos vriendin Erla en kook ‘n enorme ete vir ander alleenmense.

Aan my maters wat tussen mense is/of gaan wees maar steeds alleen vóél, ek dink aan julle.

As jy alleen staan en skottegoed was, kry vir jou! Die lot wat na ete lê en rus, wag in antisipasie om ook ‘n vadoek in die hand te kry. Span hulle in. En sny daai waatlemoen. Dis tyd.

Deur die jaar eet ek bloedmin suiker en amper geen wit carbs nie. Maar vir Kersfees, nè, vir Kersfees maak ek aartappelslaai. ‘n Groot bak vol, dat ons drie dae daarvan kan eet. En kondensmelkmostertsous vir gammon. Én ek eet ‘n groot lepel vol uit die blik. En vir nagereg eet ons Pavlova, met tuisgemaakte meringue en soet roomys en bessies. So as ek volgende week sulk oor seer vingers en sensitiewe senu-eindpunte, ignoreer maar my klaagliederere.

Dis ongeveer al wat ons doen om Kersfees te vier. Ons eet bietjie kroek, ons kuier meer en die herwinningsak met bottels is bietjie voller. Ek kry elke jaar vanaf 1 Desember ‘n virtuele Adventkalender met ‘n spirituele boodskap,waaroor ek besin. Tog. Al is ek hóé jaloers op die lieflike rituele in Europa en elders, pas dit net nie in my lewe en omgewing nie.

Dankie weer vir wat jy vir my beteken het hierdie jaar. Ja, jý. En wat ons asseblief volgende jaar vir mekaar kan beteken.

Klippies vir Kersfees. Balans is alles!

Both Sides, Now

Joni Mitchell

Rows and flows of angel hair
And ice cream castles in the air
And feather canyons every where
Looked at clouds that way

But now they only block the sun
They rain and snow on everyone
So many things I would have done
But clouds got in my way

I’ve looked at clouds from both sides now
From up and down and still somehow
It’s cloud’s illusions I recall
I really don’t know clouds at all

Moons and Junes and ferries wheels
The dizzy dancing way that you feel
As every fairy tale comes real
I’ve looked at love that way

But now it’s just another show
And you leave ’em laughing when you go
And if you care, don’t let them know
Don’t give yourself away

I’ve looked at love from both sides now
From give and take and still somehow
It’s love’s illusions that I recall
I really…

Wie kan hierdie toneel vergeet in die onverganklike fliek, Love, Actually, waar Emma Thompson’s met Alan Rickman opbreek op maat van Joni Mitchell se Both Sides Now?