Soms dink ek hoe graag ek by my ma sou wou kla, dat sy my aanhoor. Al my probleme en my pyne, en sommer dié van die wêreld ook … Maar nou sit sy as bejaarde en ek as middeljarige en ek vind dat ek haar aanhoor. Ma moet tog net nie ontstel word nie, sê ons susters, en hou dinge dan weg van haar wat ons dink haar dalk mag ontstel. Dit gebeur dan ongelukkig ook soms dat ons vergeet om dinge met haar te deel wat sy graag sou wou hoor.

Noudat ek daaroor dink, ek het bitter min in my lewe my probleme met my ma gedeel. Ek kan net een maal onthou, en sy het my aangehoor en goeie raad gegee, wat gewerk het. Verder het ek maar self aangesukkel, my eie foute gemaak, my eie lesse geleer

Nou is dit so dat die jonger generasies geleer is om hulle gevoelens te deel, en oor hulle probleme te praat. So is dit dan ook dat ek my kinders in hulle veertigs steeds aan hoor, wat vir my ‘n groot kompliment is. Of eerder, aangehoor hét. Want nou vang ek hulle dat hulle dinge van my weghou wat mý dalk mag ontstel …

So, wie wil MY dan hoor? Klink my dit is net Facebook wat elke oggend vra, al besef ek die bybedoelings…. (My liewe man tel nie, hy hoor niks!)

Die enigste foto waarop ons vier geslagte is

Hoor jy my stem, oor die see
Dit klink so ver oor die water Dit het die klank van die wind waai
Dit het die kleur van wit
Ek roep oor die see
Ek is so alleen sê my waarom
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vraag waar is jy nou?
Hoor jy my stem, roep na jou? Hoor jy my vraag, waar is jy nou?
Hier waar ek staan voel ek naby jou
En hier het jy my teen jou vas gehou
Hier lê die spoor van ons saamwees
Nou het die see dit weggeves
Ek roep uit oor die see
Ek so alleen sê waarom
Hoor jy my stem, roep na jou?
Hoor jy my vraag, waar is jy nou?
Hoor jy my vraag, waar is jy nou?

(Geskryf deur Harry Erasmus, gesing deur Rina Hugo)