Ons het Johannes Dombo net as Ou Johannes geken. Die Ou was met ‘n hoofletter gesê en was ‘n teken van respek, hy was ‘n waardige oompie wat baie jare by my ouers gewerk het. Hierdie kleipot het hy vir my as trougeskenk van Venda af gebring in 1974, en het gesê dis simbolies dat ek altyd genoeg sal hê om iets in ‘n kleipot te bêre.

Hy was nie soos die ander arbeiders wat op die lande gewerk het nie. Ek weet glad nie wat die verskil was nie, want hy was ook nie eintlik bokant die ander aangestel nie. Hy het hom eenkant gehou en daar was nooit ‘n lawaai, bakleiery of drinkery soos by van die bure se werkershuise nie. Ek onthou hy het altyd ‘n lappie mielies naby sy huisie geplant en dit was skoongevee rondom. Later jare het hy nie meer gewerk nie, my ouers het maar net vir hom gesorg en is hy uiteindelik op ongeveer 85 terug Venda toe, waar hy wou gaan sterf, maar geleef het tot oor 100.

Dankie, Ou Johannes. My lewe is goed en ek het nog altyd meer as genoeg gehad om ietsie weg te sit in ‘n kleipot.

Sometimes I think I live in a gap between two worlds, one world that I have to wake up to, be adherent of the rules and live in a place that is dictated by others. A place I sometimes feel the fear of aging and dying before I have figured out what it is I am here to do.

That other world is sweet, fresh and misty, inviting adventure into the unknown, melding ancient wisdom with new discovery; the sunlight turning into moonlight and the spell of eternal life is never broken.

Perhaps in that gap I should repair the forgotten bridge from one side to the other, but truth be told, I don’t want to. I don’t want to because I don’t have the energy to fix what is broken within.

– Riitta Klint