T: My voete soek seewater, soos in nóú!

J: Ek wil nie nou gaan nie.

T: Oukei! Sien jou netnou, ek gaan net bietjie op die klippe sit, met my voete in die water. Ek wil nóú seewater voel.

Stap gou af, dis net so 100 meter. Doen presies dit, pak ‘n paar klippies in ‘n stapel, laai my batterye en kyk na die vissies en skulpies. Voel die taai sout, ruik die kelp. Voel hoe die krag terugvloei in my lyf, deur die koel water, met my tone tussen gladde seegras en versigtig op die skerp klippe. Trap versigtig oor die groot klippe om nie te gly as dit dalk kantel nie. Stamp my toon teen ‘n rots. Neem foto’s. Sien ek is nou heeltemal alleen daar en stap terug. Tannies alleen teen skemer met ‘n foon is mos nou oral kwesbaar.

‘n Ou man neem foto’s van dieselfde sonsondergang as ek, en ek trek my masker op en wou vinnig verbystap om uit sy foto te beweeg, toe hy my voorkeer. Please help me, in gebroke Engels.

What do you need help with?

Please. My little niece is dying of cancer, and they expect that she won’t last the night. She wants to see the sun set over the sea for the last time. Please take a photo of me and my dog, but the sun must be in the picture.

Ek kon skaars sien om die foto’s vir hom te neem. Soutlugtrane brand meer as gewone trane, kom ek toe agter. Wat ‘n voorreg om daar te kon wees vir hom. Daar is so ‘n kort tydjie wat die son bokant die horison hang en nie alles verblind nie. Hy sou nooit regkom met ‘n selfie nie, want die hondjie moes ook in die foto. Langs die son.

It’s a bizarre but wonderful feeling, to arrive dead center of a target you didn’t even know you were aiming for.

-Lois McMaster Bujold