Die afgelope week was ‘n gespanne tydperk, nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd. Soveel dinge het net gister die hoofnuus gehaal, oor onrus en gewelddadige opstande oral. Moord en doodslag. Natuurrampe.

Daar was opstand in Nederland oor inperkings. Ná drie agtereenvolgende nagte van gewelddadige onluste oor, bly die situasie in Nederland gespanne. Die polisie het hul teenwoordigheid verhoog om nog ‘n nag van onrus te voorkom.

In Indië kom boere in opstand met trekkers. Die polisie het 200 betogers aangehou ná Dinsdag se dodelike geweld in Indië se hoofstad Delhi tydens ‘n massiewe betoging teen landbouhervormings. Een betoger is dood en meer as 300 polisiebeamptes is beseer.

In Rusland is byeenkomste ter ondersteuning van die gevange opposisieleier Alexei Navalny Saterdag rondom Rusland gehou. Tienduisende mense het ‘n swaar teenwoordigheid van die polisie getrotseer om die betogings by te woon

Duisende mense in Australië het betoog teen die swak behandeling van inheemse mense op ‘Australia Day’, die nasionale vakansiedag wat die British First Fleet in 1788, vier. Dit staan bekend as ‘Invasion Day’ by Aboriginal mense. Sommiges assosieer dit met braai en swembadpartytjies, maar vir diegene wat daarteen betoog, is dit ‘n herinnering aan die wrede kolonisering.

Die verdelende nuwe aborsiewet van Pole, wat aborsies effektief verbied, het gister laat in werking getree. Betogings het oornag oor die land uitgebreek met verwagting van meer onrus in die komende dae.

In die VSA is die politieke klimaaat so dat ‘n gerekende Civil War historikus, professor Nina Silber, die volgende burgeroorlog voorspel.

Gister was ook Remembrance Day vir die Holocaust, seker die grootste tragedie in ons heugenis.

Corona. Covid. Entstof. Invermectin. Enough said.

Eloïse se verwoesting in Beira.

‘n Man is gister minder as 500m van ons af vermoor.

Sometimes chaos is the very thing that deliberately shakes up our neatly ordered world’s in order to get us out of the neatly ordered ruts that have kept us stuck.”
― Craig D. Lounsbrough

Ons ervaar hierdie as chaotiese tye, daar is onrus oor totaal uiteenlopende dinge oral in die wêreld. Maar wat as daar oral orde was?

‘n Belangrike ding wat ons uit The Chaos Theory* kan leer, is die voortdurende veranderende lewensstroom of lewenspad. Ons kan nie ‘n lewe met verwagtinge dat dinge moet gaan soos dit ons pas, leef nie. Ons gaan sonder uitsondering teleurgesteld wees. Dit is dikwels die oorsaak van ons hartseer. Ons moet ophou om ‘n lewe te leef wat veilig voel, om te wil weet wat om elke draai wag. Daar is oneindig baie moontlikhede en onbekende vurke in die paaie van ons planne en verwagtinge, wat ons in ons eie realiteite uitdroom. Dit word ons eie werklikhede genoem omdat ons dit bou met ons verstand en ons emosies, slegs toegerus met ons eie verlede, eie omstandigheide en eie realiteit.

Tog is daar soveel ander mense in die wêreld, met ander verwagtinge, ander realiteite.

En wat as ons maar net glo dat orde is wat ons wil hê? Die lewe wat ons tot dusver geleef, is immers die produk van ons eie keuses en gegewe omstandghede, met ‘n klomp veranderlikes van buite af, wat ons nie self kon kies nie. Maar dit is wat vir ons bekend is. Wanneer ons verlang na, en droom van ‘n ander soort lewe sonder hierdie buite-faktore, is dit presies dit – ‘n droom. Die onbekende. Verwagtinge waaraan heel waarskynlik nie voldoen kan word nie. Ons kan dit egter verweef in die wonderlike chaos wat ons eie werklikheid is. Dit gee hoop dat dinge vir onsself beter sal gaan.

Daar is eintlik soveel om dankbaar oor chaos te wees, want dit bring die onbekende. Chaos kan mooi en rustigheid ook bring, soos die prentjie bo. Wat is die punt daarvan om te droom oor orde in alles, as ons presies weet wanneer en hoe ons drome waar sal word? Waar is die uitdagings wat ons nodig het vir innerlike groei?

Dit is die groter prentjie. In ons eie kleiner wêreldjies, sal daar altyd weer orde na chaos wees. Dit moet ons óók glo om te oorleef. En dit is wat hoop gee vir oorlewing. Want eineindelik is ons almal maar op ‘n manier besig met ‘n stryd om oorlewing.

“In chaos, there is fertility.”

― Anais Nin

*Chaos theory is an interdisciplinary theory stating that, within the apparent randomness of chaotic complex systems, there are underlying patterns, interconnectedness, constant feedback loops, repetition, self-similarity, fractals, and self-organization. … This behavior is known as deterministic chaos, or simply chaos. (Wikipedia)