Windskade vandag:
1 Reënboogfoto wat ek per ongeluk uitgevee het
1 Groot blou keramiekpot
1 Kleipot met aalwyn (beide gebreek)
1 Olyfboom
1 Plakkie weggewaai (Uitgesit om nat seesand af te spoel)
1 Telkom ADSL-lyn wat sporadies so hakke-krukke werk
1 Tafel omgewaai
Normaalweg is ek mal oor die suising van die wilde Noord-wester as hy so woes aan die waai gaan net voor ons reën kom, maar gisteraand het hy my wakker gewaai! Sommer ‘n paar keer ook. Dit was nogal scary om te hoor hoe ruk die vensters en hoe kraak die houtvloere bo.
‘n Bietjie wind is lekker, handdoeke waai vinnig droog, dit maak die see lekker wild, en dit waai al die twak uit mens se kop skoon weg.
Wat vir een mens net ‘n vlindervlerk in die wind is, is vir iemand anders die wind waarmee sy seile vaar, hang af aan watter kant van die wind jy staan. Ek span nie graag my seile na ander se wind nie.
Een van die beste stukkies raad wat ek ooit gekry het, was van my dogter, nadat ‘n blogboelie my genadeloos getakel het. Ma, gebruik die wind wat hy maak om jou kite te laat vlieg. Is dit nie mooi nie? As jy iewers lees, MaanKind se vlag wapper in die wind! moet jy weet, ek het haar raad gevolg!
Ek gaan sommer nou my ou tape van Fairground Attraction soek en hoop die speler trek hom nie uitmekaar nie, terwyl ek saamsing:
The Wind Knows My Name lyrics
Wish me well, say goodbye I'd never tell, I'd silently cry Understand, you're not to blame It's just that the wind, the wind knows my name And it's calling me, calling me Calling me again I think that you knew, right from the start There was this restlessness in my heart It's a feeling that I have tried to tame But it's hard when the wind, when the wind knows your name And it's calling me, calling me Calling me again It's a cruel wind that tears us apart But the worst thing is a tired and bitter heart So dry your eyes, no more tears Hold me once and I'll walk out of here Who knows one day we'll meet again But don't wait for me cos the wind knows my name And it's calling me, calling me Calling me again Yes, it's calling me, calling me Calling me again