Slaan oor na inhoud
14 September, 2012 / MaanKind

Weekly Photo Challenge: Everyday Life

Everyday Life. A day in the life of MaanKind.
Eerstens as ek wakker word, oordink ek my drome, en kyk na die notas wat ek in die nag in die donker agter in die boonste boek op my bedkassie gemaak het, terwyl ek my tee drink wat MaanMan gebring het. (Daar staan vandag gekrabbel – Mense in hysbakke)

Daarna is dit gou kyk op my Blackberry of daar iets is wat dadelik moet aandag kry, en vinnig loer na Facebook opdaterings.

Daarna is dit tyd om die kikoi wat ek om my lyf draai as ek gaan swem, van my rekenaarskerm af te haal en gou dit wat dadelik per e-pos moet aandag kry, te doen.

*Ignoreer MaanMan se vraag of ek nog nie aangetrek is nie*

Besluit dan om huweliksomnin te vermy, om te gaan stort… Daarna is dit tyd vir MaanMan se lekker gebroude koffie – ek op my rooi leerbank, en hy op sy denimbank, en dit kan lei tot ure-lange gesprekke oor die lewe, die dood en alles tussenin wat lei na die lewe en die dood.

 

Dan is dit tyd vir voete natmaak en seëninge tel…

 

   

 

Ons doen al ons huiswerk, instandhouding, die bedryf en bemarking van ons gastehuis (insluitend was en styk van beddegoed) self. Padwerke  die afgelope paar dae (opgradering van ons waterstelsel) alles met ‘n stoflagie bedek. So vanoggend het MaanMan en ek elkeen sy eie stofsuier bestuur, hy onder, en ek bo. Alles wat ons besit word aanhoudend met ‘n nat lappie afgevee, en goed soos my klippies word afgewas en blinkgevryf teruggepak.

 

Om te werk maak mens moeg en dors, en ons het vitamines en minerale nodig. WIe sê ja vir ‘n lekker glas wortelsap, met vars gemmer, suurlemoen en appel?

Normaalweg kan ek nie wag om klaar te maak met hierdie goed nie, dat ek by my lekker nuwe projek kan kom, my hart en siel gaan daarin! Mense besef nie altyd hoeveel admin en tyd in jou eie besigheid ingaan nie, maar glo my, mens sit bitter baie ure in. Ek het hierdie week, benewens e-Boeke verwerk, ook gewerk aan ‘n nuwe logo en webwerf, en dis so lekker!

Daar is nog so baie wat ek kan wys, die stapels boeke wat rondlê in afwagting op ‘n totale herorganisasie, maar ek sal volstaan by hierdie fototjie van wanordelikheid. Dit is hoe ons huis normaalweg nié lyk nie.

 

En dit liewe bloggers, is net so ‘n paar flitsies uit die lewe van die MaanMense se normale dag.

‘n Paar tree in MaanKind se pienk seeplakkies

http://dailypost.wordpress.com/2012/09/14/weekly-photo-challenge-everyday-life/

 

About these ads

31 Kommentaar

Lewer Kommentaar
  1. Albadr Nasution / Sep 17 2012 3:40 nm

    Wow, nice collection for everyday life. Truly show your daily life. Hmm..
    My share is about my everyday life but hope you have time to read it. It’s abour Indonesian cloth Batik.

  2. Toortsie / Sep 16 2012 2:28 nm

    Meestal kan ek die oorsprong van n droom pinpoint, maar soms droom ek die grootste snert. Ek het een oggend met God geraas nadat ek n erg ontstellende droom gehad het. Ek het vir Hom gesê Hy kan regtig beter drome vir my uitdink. Dit het gehelp.

    • MaanKind / Sep 16 2012 2:34 nm

      My drome maag my soms moeg! Laasnag moes ek weer vir MaanMan aanjaag om my betys by die lughawe te kry!

      • Toortsie / Sep 16 2012 4:01 nm

        Ek gee natuurlik vir my man ook eindelose pret met als wat ek snags aanvang….. Dis ‘n rondlopery, nou een nag het ek BAIE lelik gepraat, soos my manlief nog nooit gehoor het ek kan nie!! :o eps:

  3. Jan Twak / Sep 16 2012 1:15 nm

    Daai foto van jou huis lyk soos wanneer ek sopas reggepak het!

    • MaanKind / Sep 16 2012 2:32 nm

      Ja, maar jy het darem ‘n klein Twak of twee daar! Hoe gaan dit met Twakkies?

      • Jan Twak / Sep 16 2012 3:29 nm

        Sy sêgoed word al ouliker, vanoggend begin hy met sy ouer boetie: “Jy weet wat jou probleem is…” waaroor dit gegaan het het ek geen idee nie.

        Daar is ‘n paar vars fotos (gister geneem) op faceboek

  4. Dirkie / Sep 15 2012 6:34 vm

    Ek is mal oor die Sugarstick strepies agter die B vir blerrie baie mooi …

  5. rondomtaliedraai / Sep 14 2012 5:55 nm

    Klink bedrywig!

    • MaanKind / Sep 14 2012 6:48 nm

      My Facebook update lui: Waar kan ek aanmeld om te protesteer of te toi-toi of te betoog vir ‘n 26-uur dag? Ek kort elke dag net twee ure, net twee, dan sal ek als klaarkry wat ek wil doen.

Trackbacks

  1. Weekly Photo Challenge: Solitary | Here & Abroad
  2. Weekly Photo Challenge: Solitary « Beijing Daily Photo 2
  3. Weekly Photo Challenge: Solitary « Natsukashi Kansai
  4. Jinan Daily Photo
  5. Weekly Photo Challenge: Solitary « Ruined for Life: Phoenix Edition
  6. The Weekly Challenge: Everyday Life part 2 – Car Boot Sale In Normandy « What's (in) the picture?
  7. Weekly Photo Challenge: Everyday Life « Authentic Photography
  8. Weekly Photo Challenge – Everyday Life | Just Snaps
  9. Weekly Photo Challenge: Everyday Life – Making Groceries | Humbled Pie
  10. Weekly Photo Challenge: Everyday Life | Here & Abroad
  11. Weekly Photo Challenge: Everyday Life | No Fixed Plans
  12. Weekly Photo Challenge: Everyday Life | Life of 24 Hours
  13. Weekly Photo Challenge: Everyday Life And Garbage | Project 365 Challenge in 2012
  14. Weekly Photo Challenge: Everyday Life « Ruth E Hendricks Photography
  15. Weekly Photo Challenge: Everyday Life « Beijing Daily Photo 2
  16. The Weekly Challenge: Everyday Life – Elderly Advice « What's (in) the picture?
  17. Weekly Photo Challenge: Everyday Life « Jinan Daily Photo
  18. Weekly Photo Challenge: Everyday Life « Ruined for Life: Phoenix Edition

En? Wat dink JY?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

SkalkSkryf

Veelgesprek met mededele

Padlangs

Deel die lewe, denke, twyfels, ervarings en idees van 'n eerlike, post-moderne Christen en predikant.

Die Korrelkop Kahuna

Op dié mishoop is ek baas...tot die lieftallige vroutjie terugkom

Boer in Ballingskap

die gedagtes en ervaringe van 'n boer in ballingskap

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

colourmecrazee

random ramblings about everything and nothing

Briewe Uit Die Vreemde

dagstukke, nagreise, verbeeldingsvlugte

Flenters se Persepsies

Die plek van skugter opinies

Where's my backpack?

Romancing the planet; a love affair with travel.

Turksvy se Bloggie

My soet en suur

iBoké

Hou daarvan om haar idees met ander te deel... die lewe is te kort om suinig te wees.

The Awakening

a divine intervention...

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

rosigemaryn

Suburbia

Anzel se Blog

Waar ek my hart met jou deel...

Seegogga se Bloggie

sommer woordjies wat waai in die wind en miskien aanklank sal vind

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Nadia de Kock

Making meaning: Words, Music, Travel

Just Fletcher

You cannot depend on your eyes when your imagination is out of focus

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

'n Unieke Kombinasie - Maar wat het jy meer nodig as 'n Kameel en 'n Lig, omring deur veelkleurige blomme?

Ek het toe so gedink...

Just another WordPress.com site

Herriemerrie

Ietsie van alles

maxidiehexi

alles wat mooi is vir die oog

woorde

+Speel met woorde...miskien 'n woordekramery !

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Kouevuur

wat brand in my kop

The Daily Post

The Art and Craft of Blogging

Cecilia Barnard

Droom, Skryf en Lag saam...

Alta Cloete

Bolandse skrywer van romantiese en inspirerende fiksie - Afrikaans writer of romantic and inspirational fiction and avid Springsteen student

David Gaughran

Let's Get Digital

Aylestone 8

A gift from God

hannahbi

al griffelend in Afrikaans

Van Waar Jy Kyk

Gedagtes, drome, frustrasies ens. van 'n gekompliseerde girl.

ARCANA in AFRIKAANS

Geestelike Gedagtes en Gesprekke oor Goddelike Geheime

Veralda Schmidt

honnertbedonnert

Om die Kombuistafel

'n Kuierplek waar almal welkom is.

Antjie Patat

loop met haar kop hoog in die wolke... soms is sy 'n rooibruin hennetjie, en soms 'n patat.

Annemari Coetser

Die plek waar ek die groot trom slaan oor boeke, skryf, lees, Afrikaans en reis

The only Cin

Blog about my life, my dort, my passions and food

Slakkelak

Lees saam...

Safe Travellings

Just saying it like it is...

Chanette Paul se Blog

Gesels saam oor liefde, moord en die Gys Niemand-boeke

Gardiol's Blog

Ek Verwonder My Aan Alles

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

Leon von Moltke se blog

Hierdie is sommer net 'n paar skriffels

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 731 other followers

%d bloggers like this: