Die eerste insident wat ek kan onthou, was dat my kniegies seergekry het omdat ek op die grond gekruip het, toe ek my ma se wakende oog ontglip het en by die deur uitgekruip het om in die watertjies wat so snaaks ruik, buite te gaan speel. Ek onthou ook die salige gevoel van vlieg soos wat sy my gegryp en op haar heup geswaai het, om van die voortjie met die gryswater van die kombuis af, weg te kry. Ek onthou ook hoe ek met kussings vasgepak was in ‘n groot boks, sodat ek kon sien waarmee my ma besig is. Die gevoel van omkantel en nie self kan regop kom nie.
‘n Paar dae gelede het ek ‘n aaklige droom gehad, wat my hol op my maag laat voel het, selfs ure nadat ek met angs in my lyf en kop wakker geword het. Die droom waaruit ek myself gewil het, was allerverskriklik angswekkend. Selfs in die droom het ek besef dis ‘n droom, ek het alles probeer om daaruit te kom en selfs gevra wat dit beteken. Ons moes trek, om tydelik vir vier maande in ‘n huurplek te gaan bly, met die minimum goed. Om my kop skoon te kry, wou ek uitgooi, weggooi, weggee, maar elke kas wat ek oopmaak, was oorvol, met glasbakkies en goedjies. Sommige het bekend gelyk, ander nie. Dit was ‘n kombinasie van al die huise waarin ek ooit gewoon het, al die tafels en kaste en rakke wat ek ooit besit het. En meer. In die droom het ek angsbevange gewonder wat dit beteken, en die boodskap was eenvoudig. Dit was elke objek wat ek ooit besit het, gesien het, begeer het, wat my emosies en emosionele bagasie verteenwoordig. In die droom het my man water in vasies bo-op die kaste gegooi, wat dan ondertoe loop in die bakkies wat ek moes uitpak, en dan droogkry.
In my drome is al daardie emosionele assosiasies met goed uit die verlede netjies in my brein se liasseerstelsel georden, maar in my wakker ure onthou ek dinge in die fynste besonderhede eenvoudig beter as die meeste mense. Soms is dit ‘n gawe, maar meer dikwels is dit ‘n las. Dit het altyd baie gehelp met eksamens. Ek het nooit op skool en min met my verdere studies geleer, as ek iets met aandag deurgelees het, kon ek bloot die bladsy waarop die teks geskryf staan, in my kop herroep en dit dan ‘afskryf’ van die prentjie in my kop af. Die nadeel daarvan is dat eksamens te maklik was, ek was nie gemotiveerd nie, en het nie die kennis behoorlik geïntegreer en assimileer nie. As mev Havenga nog leef, wens ek sy kon hier lees: Ek het werklik in 1974 met Fisiologie 2 elke detail van “Die fisiologiese werking van herabsorbsie van urine in die nier-tubeli” uit my kop uit geskryf om amper volpunte te kry, daar was geen afskrywery of crip notes nie. Bitch.
Die voordeel van die middeljare is dat die intensiteit van hierdie lastige ‘gawe’ begin afneem. Eintlik het ek voorheen gedink dit is maar soos dit is, dit is hoe almal dit beleef. Dis eers toe ek die ouderdom bereik wat mens nostalgies begin raak oor die onthou-jy-nog’s, wat ek besef het dat almal nie op dieselfde manier inligting herroep nie. Ek wil nie meer mense ontmoet uit my kinderjare en jongmenslewe nie, hulle kyk my vreemd aan en dink ek is stapelgek oor die goedjies wat ek onthou, soos die detail van ‘n kragie op ‘n top wat ‘n vriendin aangehad het toe sy een aand met x uitgegaan het. Dan eers na ‘n ruk, as ek verder delf in die storie, begin liggies aangaan en kan ons saam onthou.
As ek hierdie as moeilik ervaar, wil ek nie weet hoe mense by hulle sinne bly wat aan HSAM ly nie.
In ‘n artikel oor HSAM (Highly superior autobiographical memory), word genoem: “Disappointingly, brain scans have failed to reveal any huge anatomical differences that might explain how this occurs. “It’s not like they had some extra lobe or a ‘third’ hemisphere of the brain,” says Stark. True, they could spot some signature characteristics, such as additional wiring between the frontal lobes (involved in analytical thought) and the seahorse-shaped hippocampus towards the side of the skull, an area thought to be our memory’s “printing press”. But it was perfectly possible that this was the result of their skills, and not the cause: after all, practising any skill, be it music, sport, or a language, can lead the brain to build more efficient neural networks. “It’s a chicken or egg kind of thing,” says Stark.
They scored particular highly on ‘fantasy proneness’ and ‘absorption’
Instead, the key seems to lie in more general thinking patterns and habits. Patihis recently profiled around 20 people with HSAM and found that they scored particularly highly on two measures: fantasy proneness and absorption. Fantasy proneness could be considered a tendency to imagine and daydream, whereas absorption is the tendency to allow your mind to become immersed in an activity – to pay complete attention to the sensations and the experiences.
Oor die “practising any skill”, kan ek dalk my ma blameer, sy het ons van heel klein af geweldig gestimuleer met min middele tot haar beskikking. Ons moes “Fyn kyk” speel as ons verveeld is. Dan pak sy ‘n skinkbord met ~30 klein voorwerpe, ‘n vuurhoutjie, haakspeld, kurkprop ens. Dan kry jy een minuut om alles te memoriseer en dan moet jy ‘n lys maak van alles.
Oor die “fantasy proneness and absorption”, aangename kennis, my naam is MaanKind.
It can be very hard to forget embarrassing moments. You can’t turn that stream of memories off, no matter how hard you try.
– Nicole Donohue