• Koskalender
    • Indeks
  • Skryfinspirasie
  • Wie is MaanKind?

MaanKind

~ Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke …

Monthly Archives: Oct 2013

Wetenskap of kwaksalwery?

27 Sun Oct 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 17 Comments

Tags

Homeopaat

Is jou dokter ‘n kwak, of is my kwak dalk ‘n dokter?

Waar begin, en waar eindig wetenskap? Ek was onlangs by ‘n dokter, in sy hoedanigheid as homeopaat. Hy was lank ‘n GP en het toe verder in Homeopatie gaan studeer in Duitsland en Frankryk. Sy MBChB het hy aan UP behaal.

Hy het nogal iets gesê wat my laat sleg voel het: Ons is mos die asblik van die mediese professie. As niks anders werk nie, kom mense na ons en verwag om gesond te kom.

Hy is nogal heeltemal reg. Ek het vir meer as ses jaar tradisionele dokters en medisyne probeer. Ek moes lánkal na hom toe gegaan het. Vir ses jaar ignoreer verskeie dokters my klagte oor moegheid en die pyn in my sy:

  • Daar sit niks wat kan pyn nie
  • Dis dalk jou dikderm waar hy die draai maak, of jou maag. Eet jy gesond?
  • Voel jy dalk of die lewe soms te veel is vir jou? (Met oog op voorskrifblaadjie vir anti-depressante)
  • Kom ons kyk eers wat sê jou bloed (Vir die hoeveelste bleddie keer “lyk al jou bloed baie mooi”)
  • Jou pie lyk pragtig! (Daar was laasweek bloed in, toe ek nie ‘n afspraak kon kry nie, ek weet dit lyk vandag pragtig)
  • Nee, dit kan nie meer die gevolge daarvan wees nie (Ek weet immers presies wanneer het my simptome begin…)
  • Nee, jou sig wat fluktueer kan dalk suiker wees, maar beslis nie verband hou met die pyn nie (Huh? Weet ek nie wanneer sukkel ek om te sien nie?)

Hoekom glo dokters mens nie as jy wil verduidelik hoe jy voel nie? As jy wil verduidelik watter simptome loop vir meer as ses jaar hand-aan-hand? Dat ek dag en datum weet wanneer en waar dit begin het? Dat ek reeds siek gevoel het toe ek gordelroos gekry het, en meer onlangs klierkoors?

Ten einde raad, het ek besluit om my na homeopatie te wend. Hierdie dokter/homeopaat  wat ek gaan sien het, het ook nie baie goed geluister wat ek sê nie. Maar hoekom? Want hy het reeds gediagnoseer wat ek al meer as ses jaar vir my dokter probeer sê. Ek dag ek bars in trane uit van verligting. Dat iemand uiteindelik kyk na die oorsaak van wat my siek maak, en nie telkens die simptome behandel met kortisoon/pynpille/anti-depressante nie.

Die antibiotika wat hy voorgeskryf het, is dieselfde wat my GP ook ses jaar gelede voorgeskryf het vir bosluisbytkoors. Die druppeltjies en pilletjie nie. Maar hy het belowe dat ek oor ‘n maand beter sal voel, en oor drie maande ‘n nuwe mens gaan wees. Ek glo hom, want na minder as twee weke voel ek reeds beter. EN EK KAN SIEN. DIe oogoperasie wat ek steeds op wag vir die dag wat die teater/dokter/presoneel/hospitaal en dag alles sinchroniseer, weet ek nou wat die rede is waarom alles telkens verkeerd geloop het met die reëlings vir die operasie.  Dis omdat ek dit nie nou nodig het nie, ek kan weer sien! Soos enige middeljarige vrou met ‘n multi-fokale bril.

Die druppeltjies en pilletjies wat ek drink, lyk nie of dit in my buurman se buitekamer vervaardig is nie, maar in laboratoriums in Duitsland. As ek na die website kyk van die medikasie, lyk dit vir my baie wetenskaplik (http://www.heel.com/). Die masjien waarmee hy my getoets het, is natuurlik ook deur die wetenskap ontwerp en gebou …

Hoe verskil die beginsels van inenting en griepinspuitings van dié van homeopatie nou eintlik?

Nou is my vraag: Hóé word bepaal, en wié bepaal, wat is wetenskap en wat nie?

Weekly Photo Challenge: Horizon

26 Sat Oct 2013

Posted by MaanKind in Foto's

≈ 9 Comments

Travelling broadens my horizon. Hier is net ‘n paar van horisonne waarna ek al die voorreg gehad het om te kyk,

DSCN4675
DSCN5251
DSCN6364
DSCN5329
DSCN6187
P1080921
DSCN6687
Overberg 054
Overberg 046
DSCN4587
DSCN6617
DSCN6821
Roadtrip 120
Sononder 030

http://dailypost.wordpress.com/2013/10/25/weekly-photo-challenge-horizon/

Weekly Photo Challenge: The Hue of You

19 Sat Oct 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 18 Comments

Feeling Blue

DSCN8003
DSCN7846
DSCN8083
DSCN7917
DSCN8076
DSCN8041
DSCN8070
DSCN8045
DSCN8033
DSCN7889
Kleinmond beach
DSCN7887
DSCN7881
Iets wat jy nie aldag sien nie - Wolke se weerkaatsing in die see. Geneem in Hermanus
DSCN8082

DIe see gee my energie. Laat my één voel met die Universe. Slaan die seer uit my siel.

Vandag – Feeling Blue. Maar paradoksaal is dit juis dit wat my energie gee om more my voete in die water te wil sit, My skaduwee op die sand te sien en ‘n seemeu te sien vlieg.

http://dailypost.wordpress.com/2013/10/18/hue-photo-challenge/

Die Dissipel ding

18 Fri Oct 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag

≈ 5 Comments

‘n Mens is eers volwasse wanneer jy onwrikbaar alleen kan staan vir dit waarin jy glo. Of nie glo nie. Dan het jy nie dissipels nodig om aan jouself substansie en eiewaarde te gee nie. En vriende sal jou vanself vind, of hulle nou dieselfde dink en glo as jy of nie. Dissipels is gevaarlik, want hulle leef deur jou en as hulle ontdek jy het moontlik ook ‘n kleivoet, kan hulle jou verraai vir ‘n volgende afgodjie. Ware vriende sal van jou verskil, soms woedend, soms taktvol, maar altyd opreg. En hulle sal jou reg om anders te dink as hulle verdedig tot aan die einders toe. Ek soek nie dissipels nie, dankie. Vriende… is altyd welkom.

Hierdie is helaas nie my eie woorde nie, maar dié van Son, op ‘n ander platform. Ek wens ek het dit uitgedink.

Stars copy

Sosiale media is ‘n snaakse ding. Dit wys ons almal se ware kleure. Dit skyn deur, al dink jy nie so nie. Dit is ook die plek waar dissipels en afgode gekweek word. Jy kry mos mense wat in hulle lewe nie ‘n ander blog of Facebook wall besoek nie, maar die dissipels ding mee om hulle aandag. Juigkommando’s. Maar soos Son tereg sê: Dissipels is gevaarlik, want hulle leef deur jou en as hulle ontdek jy het moontlik ook ‘n kleivoet, kan hulle jou verraai vir ‘n volgende afgodjie.

Daar was van Bybelse tye al dissipels en groupies vandat ek my verstand het, maar sosiale media het daardie ding so maklik gemaak dat dit vir my bietjie gevaarlik begin lyk.

Mens laat spore. Sulke taai spore waaraan stof en donse later klou. Toe ek eenmaal iets gesoek het, het ek op spore afgekom wat ek amper 20 jaar terug op die internet gelaat het. Daar is niks nuuts onder die son nie, dinge ontwikkel maar net. Ek kry spore waar ons in April 1995 bedrywig was met Lists en Groups, ek ek kry gesprekke oor flieks, die aandelemark, en probleme met rekenaars… Die gesprekke kon net so wel vandag gewees het. En selfs daar was die dissipel ding al duidelik. Uit al hierdie dinge het sosiale media die afgelope 20 jaar ontwikkel.

Facebook het maar net foto’s en funksionaliteite bygekry…

Internet. Nog steeds so wispelturig soos altyd, nie vinniger geword met die jare nie, wel bigger and better, maar steeds kan niks bestand wees teen natuurkragte nie. Die see kan Seamus beskadig, die sunflares werk in op elektronika, so betroubaarheid is maar steeds in mensehande. Van DOS, PowWow, Lists, Groups, Compubank, Beltel,  Netscape en Pegasus se dae af tot en met vandag.

My Liefste Internet: Ek het jou altyd liefgehad, en sal vir ewig aan jou sy wees.

Until death do us part. Whether it’s yours or mine…

Weekly Photo Challenge: Good Morning!

05 Sat Oct 2013

Posted by MaanKind in Foto's

≈ 15 Comments

Tags

Kiara

But not quite yet…

http://dailypost.wordpress.com/2013/10/04/photo-challenge-morning/

A room of my own

04 Fri Oct 2013

Posted by MaanKind in Dag-tot-dag, Kindertyd

≈ 12 Comments

Tags

Grootword, Kinderdae

I want a room of my own … Dit is die versugting van vele vroue oor die wêreld.

As tweede oudste in ‘n groot gesin (boonop met ‘n ouma en oupa in die huis) was ons groot plaashuis nie groot genoeg dat ek ooit die voorreg van ‘n eie kamer gehad het nie. Na skool (Lees hier van my ‘trauma’ om op 16 die lewe te moes in) het dit gebeur, en het ek die weelde van ‘n eie kamer gehad. Ek kan net dink hoe moeilik dit vir my ouers moes wees om hierdie 16-jarige kind by die koshuis af te laai, waar ek verpleegkunde gaan studeer het. My ouers wou bitter graag hê dat ek onderwys gaan studeer, maar nee, ek wou geld verdien terwyl ek studeer. (Die verpleging het na twee jaar nie meer gewerk nie, want toe wou sussie trou, maar dis ‘n heel ander storie.) En ek het darem later op eie stoom geleerd gekom. “Iets om op terug te val” soos mense dit daardie tyd genoem het.)

Deel van die wonder van daardie twee jaar van studentverpleegkundige, was my eie kamer. Ek kon nooit die gesogte groot hoekkamers begryp, waarin goeie vriendinne twee-twee gebly het nie.  Een van die dinge wat ek onthou, is dat twee van my goeie vriendinne wat so ‘n kamer gedeel het se panties so deurmekaar geraak het dat hulle later sommer altwee uit een pantielaai aangetrek het. Wie onthou nog Woolies se panties uit die 70’s met die gekleurde rekkies en die bypassende blommetjie links? Ek was maar ‘n loner en sosiaal het ek nie vreeslik goed gevaar nie. Daar was vir my niks lekkerder as om in my eie kamer te lê en lees nie. Die koshuistannies was maar kwaai, en daar was reëls, maar steeds. Dit was my kamer. Myne.

Nou ja, die lewe werk maar snaaks. Op 18 het sussie weer gejeuk en gaan staan en trou. Vandag is ek bly, want op 21 het ek reeds altwee my kinders gehad en al was ek waarskynlik maar onkundig oor die lewe en as ouer, het my kinders dit blykbaar nie te erg teen my gehou nie, en het ek ek darem so mettertyd met die lewe opgevang.

Die behoefte aan A room of my own was maar altyd daar, maar ons huis was altyd baie gewild onder die kinders en later tieners. Ek is lief vir kinders en dit was goed dat hulle maters kon kom speel. Die swembad en die vol yskas waaruit hulle onbeperk kon eet, het natuurlik ook ‘n rol gespeel. Dit was blykbaar nie so in alle kinders se huise nie. ‘n Liewe vriendin het ek juis so leer ken. Sy het een goeie dag aan die deur geklop en gesê sy wil die vrou agter die yskas ontmoet … Yskas? Ja, toe sy gister haar seun by my dogters kom haal het, het hy haar in die kombuis ingevat en triomfantlik die yskas oopgemaak en gesê sy moet mooi kyk, want so moet ‘n yskas lyk … Nietemin.

Met al die kinders het ek nog minder privaatheid gehad. My ontsnappingsroete was altyd badkamer toe, in die goeie ou dae toe ek nog sonder ‘n bril in die bad kon lê en lees. Een goeie dag net toe ek weer met my toon warm water bygetap het, was daar so tentatiewe kloppie en het die badkamerdeur oopgegaan. Een van die kinders se vriendinne het saggies ingekom, op die toilet kom sit, mooi geglimlag en gesê: “Ek kom sit bietjie by Tannie, dat Tannie nie so alleen is nie … ”

So het die kinders die huis verlaat en het die huis net aan my en MaanMan behoort, maar kort daarna het ons Kaap toe verhuis. En my enigste ruimte wat net myne is, is die kol hier bo in ons studio waar my lessenaar staan. Hier pak ek my seeskatte (klippe en goeters) uit, hang ek my toorgoed op en as dit deurmekaar is, is dit nou maar so. Maar ek sien ek is besig om hierdie ding van A room of my own te ver te vat, want ek stop my ruimtetjie ook vol met nota’s, ‘n boksie swiets, kabels vir foon/kamera/Kindle/Kobo, agterstallige liasseerwerk, ‘n ongeleesde boek, ‘n bottel Tissue salts, nog ‘n klip, ‘n palet vol droë verf (hierdie naweek moet die sklildery klaar!), ‘n boksie papiere, ‘n landsvlaggie, ‘n paar CD’s … Jy kry die prentjie … So as julle sal verskoon, ek het bietjie regpak- en afstofwerk om te doen.

I want a room of my own …

DSCN4594

Hierdie foto is nie vandag geneem nie, daar het so paar dingetjies bygekom

A Room of One’s Own is an extended essay by Virginia Woolf. First published on 24 October 1929, The essay was based on a series of lectures she delivered at Newnham College and Girton College.

The title of the essay comes from Woolf’s conception that, ‘a woman must have money and a room of her own if she is to write fiction’. Woolf notes that women have been kept from writing because of their relative poverty, and financial freedom will bring women the freedom to write; “In the first place, to have a room of her own..was out of the question, unless her parents were exceptionally rich or very noble”. The title also refers to any author’s need for poetic license and the personal liberty to create art.

(Wikipedia)

Dis nou ekke!

Resensent

Professional Reader

Vul jou e-posadres hier in as jy wil hoor wanneer ek weer iets opgesit het. Ek belowe ek spam nie - te lui...

Join 485 other followers

My Skakels

  • Leeskring met een lid
  • Trisa Hugo
  • Vakansie Akkommodasie in Kleinmond
  • WordPress.com Blog

Sien wat ek doen

Trisa Hugo

Create your badge

Erfskandes

Kliek op die voorblad om die eerste 10% gratis te lees

Boekemakranka se liefdadigheidsbundel

Kliek op die foto om die eerste 10% gratis te lees!

Viersprong

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Kleinmond Self-Catering Accommodation

http://www.kleinmondselfcatering.co.za - Between the mountain and the sea - Bekostigbare selfsorg akommodasie lekker sentraal en naby die strand.

Skakel vir RSS Feed

RSS Feed RSS - Posts

Twiet-Twiet!

  • Swimming with the Dolphins this December! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 5 hours ago
  • Ek wou altyd 'n ou Sneeuvlokkie wees! The Snowflake, for the polepoweracademy challenge #sixtyplus #fitover60… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Half Split Seat, for the #wanttomovechallenge I also know it as The Albatross. What is the difference? #sixtyplus… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • 4 of 5 stars to Zola by Johan Jack Smith goodreads.com/review/show/30…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Zola "“Hulle noem haar die Goudstad. Sy het baie stories. Baie geskiedenis. Maar dis nie sy wat die hart van goud... a.co/1HfeEcE♥ ♥ ♥ 1 day ago

Onlangse Blogs

  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie
  • Ek is fucked up! Regtig?
  • Ondersoek jouself genadeloos!
  • Die dag toe my ma vir my gejok het…
  • ‘n Laaste begin

Top Inskrywings

  • Raaisels uit my kinderdae
  • My belewenis van Gordelroos
  • Toemaar, toemaar!
  • Die Emosionele sy van Gordelroos
  • Vertrou jou intuïsie!
  • Is jy Aangeneem en Voorgestel?
  • My hart is seer - Regtig?
  • My pa verjaar vandag!
  • Hoe lyk jy?
  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie

Hoe ek indeel

  • Boekdinge (43)
  • Dag-tot-dag (414)
  • Ek kook en jy geniet (10)
  • Foto's (38)
  • Gedagtes en Quotes (12)
  • Gedigte (2)
  • Kindertyd (17)
  • Kreatiewe Skryfwerk (14)
  • Ons Omgewing (8)
  • Spirituele goed (23)
  • Toerisme (20)

Vorige Inskrywings

  • Dec 2019 (1)
  • Nov 2019 (2)
  • Sep 2019 (1)
  • Aug 2019 (3)
  • Jul 2019 (3)
  • Jun 2019 (4)
  • May 2019 (1)
  • Apr 2019 (2)
  • Mar 2019 (2)
  • Feb 2019 (3)
  • Jan 2019 (2)
  • Dec 2018 (5)
  • Nov 2018 (1)
  • Oct 2018 (4)
  • Sep 2018 (5)
  • Aug 2018 (4)
  • Jul 2018 (3)
  • Jun 2018 (3)
  • Apr 2018 (3)
  • Mar 2018 (2)
  • Feb 2018 (9)
  • Jan 2018 (2)
  • Dec 2017 (2)
  • Nov 2017 (6)
  • Oct 2017 (3)
  • Sep 2017 (6)
  • Aug 2017 (7)
  • Jul 2017 (4)
  • Jun 2017 (7)
  • May 2017 (3)
  • Apr 2017 (3)
  • Mar 2017 (7)
  • Jan 2017 (1)
  • Dec 2016 (3)
  • Nov 2016 (3)
  • Oct 2016 (3)
  • Aug 2016 (2)
  • Jul 2016 (1)
  • Jun 2016 (1)
  • May 2016 (1)
  • Apr 2016 (2)
  • Mar 2016 (1)
  • Feb 2016 (3)
  • Jan 2016 (2)
  • Dec 2015 (1)
  • Nov 2015 (1)
  • Oct 2015 (2)
  • Sep 2015 (1)
  • Aug 2015 (2)
  • Jul 2015 (1)
  • Jun 2015 (2)
  • May 2015 (1)
  • Apr 2015 (2)
  • Mar 2015 (1)
  • Feb 2015 (4)
  • Jan 2015 (3)
  • Dec 2014 (4)
  • Nov 2014 (2)
  • Oct 2014 (5)
  • Sep 2014 (2)
  • Aug 2014 (4)
  • Jul 2014 (2)
  • Jun 2014 (2)
  • May 2014 (2)
  • Apr 2014 (1)
  • Mar 2014 (2)
  • Feb 2014 (2)
  • Jan 2014 (4)
  • Dec 2013 (5)
  • Nov 2013 (2)
  • Oct 2013 (6)
  • Sep 2013 (5)
  • Aug 2013 (3)
  • Jul 2013 (7)
  • Jun 2013 (7)
  • May 2013 (5)
  • Apr 2013 (3)
  • Mar 2013 (6)
  • Feb 2013 (14)
  • Jan 2013 (7)
  • Dec 2012 (11)
  • Nov 2012 (7)
  • Oct 2012 (12)
  • Sep 2012 (12)
  • Aug 2012 (12)
  • Jul 2012 (12)
  • Jun 2012 (21)
  • May 2012 (5)
  • Apr 2012 (15)
  • Mar 2012 (15)
  • Feb 2012 (13)
  • Jan 2012 (8)
  • Dec 2011 (11)
  • Nov 2011 (10)
  • Oct 2011 (12)
  • Sep 2011 (17)
  • Aug 2011 (18)
  • Jul 2011 (22)
  • Jun 2011 (12)
  • May 2011 (1)
  • Apr 2011 (1)
  • Jan 2011 (4)
  • Aug 2010 (2)
  • Jul 2010 (1)
  • Jun 2010 (2)
  • Apr 2010 (1)
  • Mar 2010 (1)
  • Feb 2010 (1)
  • Jan 2010 (1)
  • Dec 2009 (1)
  • Nov 2009 (4)
  • Oct 2009 (3)
  • Sep 2009 (9)

Dis nou ekke!

Hartlam

Viersprong

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Viersprong - Kliek op die voorblad vir meer info

Skrik op die Lyf

Kleinmond Self-Catering Accommodation

http://www.kleinmondselfcatering.co.za - Between the mountain and the sea - Bekostigbare selfsorg akommodasie lekker sentraal en naby die strand.

Vul jou e-posadres hier in as jy wil hoor wanneer ek weer iets opgesit het. Ek belowe ek spam nie - te lui...

Join 485 other followers

Skakel vir RSS Feed

RSS Feed RSS - Posts

Twiet-Twiet!

  • Swimming with the Dolphins this December! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 5 hours ago
  • Ek wou altyd 'n ou Sneeuvlokkie wees! The Snowflake, for the polepoweracademy challenge #sixtyplus #fitover60… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Half Split Seat, for the #wanttomovechallenge I also know it as The Albatross. What is the difference? #sixtyplus… twitter.com/i/web/status/1…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • 4 of 5 stars to Zola by Johan Jack Smith goodreads.com/review/show/30…♥ ♥ ♥ 1 day ago
  • Zola "“Hulle noem haar die Goudstad. Sy het baie stories. Baie geskiedenis. Maar dis nie sy wat die hart van goud... a.co/1HfeEcE♥ ♥ ♥ 1 day ago

Onlangse Blogs

  • Wat jy Kry is nie altyd wat jy Sien nie
  • Ek is fucked up! Regtig?
  • Ondersoek jouself genadeloos!
  • Die dag toe my ma vir my gejok het…
  • ‘n Laaste begin

My Skakels

  • Leeskring met een lid
  • Trisa Hugo
  • Vakansie Akkommodasie in Kleinmond
  • WordPress.com Blog

Hoe ek indeel

  • Boekdinge (43)
  • Dag-tot-dag (414)
  • Ek kook en jy geniet (10)
  • Foto's (38)
  • Gedagtes en Quotes (12)
  • Gedigte (2)
  • Kindertyd (17)
  • Kreatiewe Skryfwerk (14)
  • Ons Omgewing (8)
  • Spirituele goed (23)
  • Toerisme (20)

Vorige Inskrywings

  • Dec 2019 (1)
  • Nov 2019 (2)
  • Sep 2019 (1)
  • Aug 2019 (3)
  • Jul 2019 (3)
  • Jun 2019 (4)
  • May 2019 (1)
  • Apr 2019 (2)
  • Mar 2019 (2)
  • Feb 2019 (3)
  • Jan 2019 (2)
  • Dec 2018 (5)
  • Nov 2018 (1)
  • Oct 2018 (4)
  • Sep 2018 (5)
  • Aug 2018 (4)
  • Jul 2018 (3)
  • Jun 2018 (3)
  • Apr 2018 (3)
  • Mar 2018 (2)
  • Feb 2018 (9)
  • Jan 2018 (2)
  • Dec 2017 (2)
  • Nov 2017 (6)
  • Oct 2017 (3)
  • Sep 2017 (6)
  • Aug 2017 (7)
  • Jul 2017 (4)
  • Jun 2017 (7)
  • May 2017 (3)
  • Apr 2017 (3)
  • Mar 2017 (7)
  • Jan 2017 (1)
  • Dec 2016 (3)
  • Nov 2016 (3)
  • Oct 2016 (3)
  • Aug 2016 (2)
  • Jul 2016 (1)
  • Jun 2016 (1)
  • May 2016 (1)
  • Apr 2016 (2)
  • Mar 2016 (1)
  • Feb 2016 (3)
  • Jan 2016 (2)
  • Dec 2015 (1)
  • Nov 2015 (1)
  • Oct 2015 (2)
  • Sep 2015 (1)
  • Aug 2015 (2)
  • Jul 2015 (1)
  • Jun 2015 (2)
  • May 2015 (1)
  • Apr 2015 (2)
  • Mar 2015 (1)
  • Feb 2015 (4)
  • Jan 2015 (3)
  • Dec 2014 (4)
  • Nov 2014 (2)
  • Oct 2014 (5)
  • Sep 2014 (2)
  • Aug 2014 (4)
  • Jul 2014 (2)
  • Jun 2014 (2)
  • May 2014 (2)
  • Apr 2014 (1)
  • Mar 2014 (2)
  • Feb 2014 (2)
  • Jan 2014 (4)
  • Dec 2013 (5)
  • Nov 2013 (2)
  • Oct 2013 (6)
  • Sep 2013 (5)
  • Aug 2013 (3)
  • Jul 2013 (7)
  • Jun 2013 (7)
  • May 2013 (5)
  • Apr 2013 (3)
  • Mar 2013 (6)
  • Feb 2013 (14)
  • Jan 2013 (7)
  • Dec 2012 (11)
  • Nov 2012 (7)
  • Oct 2012 (12)
  • Sep 2012 (12)
  • Aug 2012 (12)
  • Jul 2012 (12)
  • Jun 2012 (21)
  • May 2012 (5)
  • Apr 2012 (15)
  • Mar 2012 (15)
  • Feb 2012 (13)
  • Jan 2012 (8)
  • Dec 2011 (11)
  • Nov 2011 (10)
  • Oct 2011 (12)
  • Sep 2011 (17)
  • Aug 2011 (18)
  • Jul 2011 (22)
  • Jun 2011 (12)
  • May 2011 (1)
  • Apr 2011 (1)
  • Jan 2011 (4)
  • Aug 2010 (2)
  • Jul 2010 (1)
  • Jun 2010 (2)
  • Apr 2010 (1)
  • Mar 2010 (1)
  • Feb 2010 (1)
  • Jan 2010 (1)
  • Dec 2009 (1)
  • Nov 2009 (4)
  • Oct 2009 (3)
  • Sep 2009 (9)

Blog at WordPress.com.

Cancel
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy