Verlede jaar hierdie die tyd het ek geskryf: Show me a sign, she asked. Have yourself a Heart, my beloved, said the Universe. And the heartrock was there, right at her feet in the sand.
Vandag weet ek ek het bietjie geleer in ‘n jaar. As ek deur my Facebook Memories kyk, sien ek al die wonderlike goed wat ons beleef het die afgelope 12 jaar wat Facebook my die geleentheid bied om daaraan herinner te word. Veral in Mei, wat die weer eintlik oral in die wêreld vir my lekker is en dit ons stil seisoen is. (Hierdie jaar het ons stil seisoen ‘n paar maande te vroeg aangebreek, sonder dat ons enige keuse in die saak gehad het. )
Elke oggend word ek oorval deur ‘n emosie van dankbare tevredenheid, van diepe vrede in my hart. As die Coronavirus my kom vat, is ek tevrede dat ek baie gesien en beleef het. Oorsese reise, maar ook die mooiste klippies onder my voete om my te herinner dat ek vreugde vind in die eenvoudige dingetjies.
Dan wag my dag weer en ek moet letterlik my tyd priotiseer tussen projekte waarmee ek besig is. My hipnosekursus is amper klaar na amper drie jaar se studie; daardie manuskrip se veranderinge vorder goed; nog ‘n skrywersonderhoud wag vandag; stapels boeke wag en daar isnovnog nuwe planne waaraan ons slyp. Tussenin het ek heelwat “dorpswerk” tydens die Covid-19 krisis.
So stoei ons maar elke dag tussen spirituele denke en aardse goeters. Aan die een kant sien en verstaan jy die groter prentjie, verstaan jy die doel van alles. Tog vrywaar dit jou ook nie soms van aardse irritasie nie.
Beyond the edge of the world there’s a space where emptiness and substance neatly overlap, where past and future form a continuous, endless loop. And, hovering about, there are signs no one has ever read, chords no one has ever heard.
– Haruki Murakami, Kafka on the Shore