Toemaar, Trisa, is woorde wat ek nog nooit in my hele lewe gehoor het nie. Nooit. Ek kan net een dag onthou wat iemand my getroos het, en dit was op my oupa Winnertz se begrafnis, toe ek skielik ontsteld geraak het omdat hulle grond op my oupa gooi. Toe troos Marthie my, en sy het gestaan en kyk hoe word haar pa begrawe! Toe voel ek só sleg omdat sy meer reg het om hartseer te wees as ek en sy toos my, dat ek eerder die skuldgevoel as die koestering onthou.
Ek is mos wat bekend is as ‘n ‘sterk vrou’. Emosioneel en fisiek ook. Ek kan dit vat! Hetsy verantwoordelikheid, werk, pyn of swaarkry. Tog wonder ek soms hoe dit moet wees om net vir een week geen, maar géén verantwoordelikhede te hê nie. Om voor gesorg te word. Nou troos en troetel is nie woorde waarmee ek grootgeword het nie en dit is nie woorde wat op enige tydstip van my lewe deel was van my dag nie. Soos sus Slakkelak tereg sê: “… maar in ons huis het mens klaar gehuil en dan opgestaan en aangegaan. Nie drukkies en jammer en sulke goed nie. Jy tjank klaar en dan staan jy op.”
In ons huis doen ek die admin, die belasting en die banksake. Maak geen fout nie, my man doen al die swaar werk in ons huis, en hy bring sy kant 200%, hy maak die koffie, bestuur die stofsuier en pak die skottelgoedwasser uit. Hy is netjies op homself en sy omgewing. Dan kan hy nog intelligente gesprekke voer ook. Hy is (meestal) ‘n plesier om aan my sy te hê, maar hy sien my as ‘n vennoot, die sterk vrou en mens wat ek is. Tog kan ek nie help om soms te dink ek wil ook partykeer oor niks hoef te dink of te besluit nie. Ek wil ook getroos en getroetel word. En ai, dit lyk darem soms so lekker as mans storm om die hulpelose wesens te hulp te snel! Ek wil ook voel hoe dit voel!
My man reken ek sal nie so ‘n hulpelose wese kan wees nie. Seker nie. Ek sou waarskynlik een van daardie demure maidens wees wat vir jare lank geheimsinnig glimlag en dan een goeie dag genoeg gehad het en dan strip en ‘n gifmoord of iets uitvoer, of iets lekker bloederig. So dan is ek maar eerder ‘n Sterk Vrou.
Now You Know
Anaïs Mitchell
When I think about dying
I think about children
And when I think about children
I think about you
And when I think about you
I feel like crying
Crying for my youth
And when I think of my youth
I think of my freedom
And when I think of my freedom
I feel so alone
And when I feel lonely
I want you to hold me
Hold me in your arms
Ooh ooh ooh ooh
And when I think of your arms
I think about sleeping
Sleeping like a baby
All through the night
And when I think of the night
I feel like weeping
Weeping for my life
Ooh ooh ooh ooh
And when I think of my life
I want to be with you
Shoulder to shoulder
When we’re waking up
And we’re waking up
And we’re one day older
And we’re making love
Ooh ooh ooh ooh
And when we make love
I think about children
And then I think about dying
Lying in your arms
You want to know why I’m crying?
Now you know