Hipnose is een van daardie dinge wat my in al die fases van my lewe geïnteresseer het. Selfs van my kinderdae af, het ek gespeel met selfhipnose/meditasie, sonder dat ek die vaagste benul gehad het wat ek doen. Ek het myself gewil om met toe oë vorms en kleure te bekyk. As studentverpleegster is ek uit die klas gepiek vir die lesing oor hipnose sodat die res kon lag, later as sielkundestudent het dieselfde gebeur. (Die dosent het my agterna eenkant gehou vir geselsies oor ESP, en twee stelletjies kaarte in my hand gestop om mee te gaan speel om my ‘talent’ te ontwikkel.) Iewers in die laat sewentigs het een van my kollegas my ook gehipnotiseer, sommer vir die grap. (Hy was darem opgelei om dit te doen.) Selfs Martino het my uit die gehoor gepiek om op die verhoog aan een of ander oëverblindingtoertjie deel te neem. Hy het met my brein gesmokkel, ek kon agterna glad nie onthou wat op die verhoog gebeur het nie, en het effe gedisoriënteerd gevoel. Iewers staan daar dus op my voorkop geskryf Hipnotiseer my asseblief.
‘n Paar jaar gelede het ek ogegaan vir twee regressiesessies (PLR) en dit het baie gehelp om die sin van my lewe en die klippe op my lewenspad te verstaan. Skielik het ‘n klomp dinge net ingekaargepas soos Rubik’s cube wat met die laaste paar draaie al sy kleure bymekaar het. Verhoudings en vriendskappe wat ontwikkel of gesneuwel het, was maklik om te aanvaar en te verwerk.
Die begrip Hipnose, hoe dit werk en waarom sekere mense meer vatbaar is daarvoor, het my altyd gefassineer, ek het gewonder oor die rede waarom dit werk vir party en nie vir ander nie. Nou het professor Spiegel by die Psigiatrie departement van Stanford Universiteit deur ‘n studie aangetoon dat sekere dele van die brein verander in ‘n hipnotiese staat.
“By scanning the brains of subjects while they were hypnotized, researchers at the School of Medicine were able to see the neural changes associated with hypnosis.
The scientists scanned the brains of 57 people during guided hypnosis sessions similar to those that might be used clinically to treat anxiety, pain or trauma. Distinct sections of the brain have altered activity and connectivity while someone is hypnotized, they report in a study published online July 28 in Cerebral Cortex.
“Now that we know which brain regions are involved, we may be able to use this knowledge to alter someone’s capacity to be hypnotized or the effectiveness of hypnosis for problems like pain control,” said the study’s senior author, David Spiegel, MD, professor and associate chair of psychiatry and behavioral sciences.”
Lees die volle artikel HIER.
(In my volgende lewe wil ek ‘n kognitiewe neurowetenskaplike word)
You use hypnosis not as a cure but as a means of establishing a favorable climate in which to learn.
– Milton H. Erickson, MD