Verandering is onafwendbaar en tyd, die mens, die volmaan en die getye, die lewe en die seisoene rol meedoënloos voort. Siklusse kom en gaan, politiek verander, en tegnologie verander ons lewe op wonderlike, maar skrikwekkende maniere. Alles kom en gaan. Liefde ook. Mense sweer ewige trou en skei terwyl hulle nog aan die troue afbetaal.
Net so verander dinge in ons land. And shit happens. Oral, nie net by ons nie. Daar is die klomp wat skree: eindtye, dis die laaste van dae. Dan dink ek weer, ons leef eintlik in wonderlike, gesofistikeerde tye. My ouma was in ‘n konsentrasiekamp in die ABO. My ma was ‘n kind tydens WWII en het grootgeword met die kosskaarstes van die nagevolge daarvan. Wat maak ons geslag so spesiaal dat ons nie kan of wil glo dat shit inderdaad happens nie? As dit nou gehelp het om te kerm daaroor, het ek op my balkon gaan staan en my frustrasies onder die donkermaan uitgeskreeu. Maar nou hoor net my maters dit as ek kla, en nie een van hulle is by magte om hulleself te help teen die frustrasie van alles nie, en allermins kan hulle my help.
As mens dink aan die verskrikking van vorige oorloë, die wreedheid van slawery ‘n skrale paar honderd jaar gelede, openbarte teregstellings, heksejagtery in die middeleeue, martelbanke en pyninstrumente, gladiators in arenas, dan wonder ek soms of die ritse moorde, kindermishandeling, gesinsgeweld nie maar net meer moderne maniere is om die inherente wreedheid en bloedbelustigheid van die mensdom te bevredig nie. Kuberboelies en sosiale mediaveldtogte wat geloods word deur leunstoelaktiviste is dalk die nuutste vorm van eeue oue wreedheid. Die menslike drange en motiewe wat hierdie gedrag veroorsaak, bly dieselfde, dis net die platform wat verander.
Net so verander die aarde se struktuur. Weerpatrone, geografiese veranderinge, natuurrampe, ystydperke en meer. Daar is soveel ingrypende veranderinge waarvan ons weet. As mens kyk na die geskiedenis en lae waarop gebou is in stede soos Londen en die hawestad Jaffa in Israel, sien jy hoeveel beskawings het al gekom en gegaan. Londen se Groot Vuur van 1666 was maar net een van ‘n paar. Lees daaroor hier. Pompeii, die legende van Atlantis en ‘n stad onder die see in Alexandria, is maar net ‘n paar bekende voorbeelde van vorige beskawings wat deur rampe verwoes is. Vandag is bekend gemaak dat die wêreld se grootste onderwatergrot in Meksiko ontdek is, met artifakte en menslike oorblyfsels van die Mayas.
Wat maak die tydperk waarin ons lewe dan nou so spesiaal dat ons nie aan aardbewings, vure, vuurspuwende berge en ander natuurrampe onderwerp moet word nie?
Verandering het natuurlik baie fasette.
There’s an old sea story about a ship’s Captain who inspected his sailors, and afterward told the first mate that his men smelled bad.
The Captain suggested perhaps it would help if the sailors would change underwear occasionally.
The first mate responded, ”Aye, aye sir, I’ll see to it immediately!”
The first mate went straight to the sailors berth deck and announced,
“The Captain thinks you guys smell bad and wants you to change your underwear.”
He continued, ” Leo you change with Jerry, Tony you change with Bert and Bob you change with Ed.”
THE MORAL OF THE STORY:
Someone may come along and promise “Change”, but don’t count on things smelling any better.