Tags

Dit lyk asof Beurtkrag vir die volgende ruk met ons gaan wees. Hoewel ongerieflik, is daar niks wat ons as gebruikers kan doen, behalwe om die lewe vir onsself so maklik as moontlik te maak nie. Enkele wenke wat sommige mense dalk kan help:

  • Bring jouself op hoogte van die beurtkragtye in jou area. Kry dit hier. Druk die skedules uit, jy kan dit nie gou opkyk as die krag af is en jou tablet pap is nie.
  • Eerstens – Onthou dis nie jou lewensmaat of jou kinders se skuld nie, dis vir hulle net so ongerieflik soos vir jou.
  • Tweedens – Skuif jou kop. Daar is baie dinge wat ons kan doen wat nie afhanklik is van elektrisiteit nie. Pak ‘n laai reg elke keer as die krag af is, of sorteer jou ou foto’s. As dit donker is, kyk of jy ‘n verskietende ster sien, dink ‘n bietjie oor jou ou sondes, of gesels met jou gesin.
  • Bad sover moontlik wanneer daar warm water is. Bietjie verandering van roetine doen mens wondere.
  • Sorg dat jou foon en ander toestelle gelaai bly. Hou die tye dop wanneer ons wel krag het en laai jou goeters in daardie tyd..
  • Hou kos in die kas wat nie gaargemaak hoef te word nie. ‘n Blikkie Tuna of sardiens is heerlik saam met slaai. Dis somer, groente is gesond.
  • Wanneer jy iets kook, maak ekstra, om in die yskas te hou. Dis makliker om iets warm te maak as om iets gaar te sukkel op ‘n gasstofie. Maak seker dat daar altyd iets is om te eet wat nie gaarmaak vra nie. En ja, soms is Provitas met Bovril en ‘n appel ook reg.
  • Maak die kinders deel van die beplanning, dalk leer dit hulle om huiswerk betyds te doen.
  • Maak seker jou gasbottel het gas in. En die nie-rokers moet sorg vir vuurhoutjies!
  • Goeie ou flitse vir nood maak lekker lig, om die kerse te soek. Maar as jy jou tye dophou, is alles mos reggesit, of hoe?
  • As jy ‘n kragopwekker gebruik, maak seker jy het petrol.
  • Beraam nou verder planne wat jy sou doen as jy die land regeer het. Ons weet mos, ons kan dit almal beter doen.

This too shall pass …