Seegogga het vir my ‘n aflosstokkie aangegee en gevra ek moet hol. Wis sy maar van my hinkvoet wat altyd gemaak het dat ek laaste kom in die verpligte jaarlikse uitdunne vir atletiek, het sy dalk ‘n beter keuse gemaak…
Nietemin – toe ek sien sy vra ons moet oor idiome skryf, het Bloed is dikker as water dadelik by my opgekom, om geen besondere rede nie. Ek het die hele dag gewonder wat op aarde ek daaroor moet skryf, want ek is nogal geheg aan my familie, maar ek glo ook jy kan nooit daardie stem in jou kop ignoreer nie.
We are all one – Whether you like it or not.
Inderdaad.
Ongelukkig ja.
En die ergste is, jy kan nie kies van wie jy deel wil wees nie! Vriend, vyand of familie, we are all one.
Any drop of water inside my body could have been ocean, cloud, river, or spring the day before. I remind myself of this fact when the bonds of daily life squeeze too tight.
(Uit Life after death – Deepak Chopra)
Hierdie geld natuurlik ook vir grondstowwe. Yster, koolstof en alle minerale wat ons inneem, hetsy in ons kos of deur aanvullings, is ook recycled.
Stof is ons… En stof sal ons wees…
Maar omdat hierdie ‘n speletjie is, en Bloed glo dikker as water is, wou ek my twee susters tag om te speel, om verder te skyf oor idiome. En wat doen Slakkelak? Sy gaan staan en en skryf net netnou oor ‘n idioom voor ek kan tag! Seker my gedagtes opgetel. Gaan lees dit asseblief, haar stories laat my altyd baie vlak voel, sy het besondere skryftalent en baie diepte. En dan tag ek vir Antjie Patat om vir ons ‘n idioom uit te lê met haar besondere humorsin wat altyd ‘n plesier is. Sy is die een wat altyd in die geselskap blitsvinnig met ‘n antwoord uitkom wat jy wens jy het eerste aan gedink.
(Eintlik is die korrekte uitdrukking – Waar bloed nie kan kruipnie, daar loop dit, maar in die volksmond gebruik mense dit nie so nie)