Tags

,

Met die bakleiery wat nou weer oral aangaan in die koerante en in sosiale media aangaan oor Steve vs Max en links en regs en moenie namens my praat nie ens, het ek weer gedink oor iets wat my baie lankal pla. My wortels. My kultuur. Wie en wat is ons? Wat is ons kultuur?

Toe ek ‘n kind was, was dit maklik. Ek was Afrikaans, in die Dopperkerk, en my oupa het in die ABO geveg, my ouma en oupa was in die Irene konsentrasiekamp. Ek was ook heimlik trots dat my oupa in die tronk was na die 1914 Rebellie, waar hulle wurm-sop moes eet.

DSCN1508

My wakis, wat in die Groot Trek die berge oor is Transvaal toe saam met my ouma se ouma

A people without the knowledge of their past history, origin and culture is like a tree without roots.
Marcus Garvey

DSCN1828 (408 x 600)Nou is dinge glad nie meer so logies en maklik nie. Die goed waarvoor ons so lekker op aandag gestaan het as die vlag gehys is, is ons nou skaam oor, noudat ons weet watter onreg aan mense gedoen is. Nou wapper die nuwe vlag voor ons huis, en ek is met reg trots daarop. Maar dit is nuut, ons land is nuut, en dit is nie my roots nie. Soms voel ek bietjie ontwortel, soos wat ek my verbeel mense wat emigreer na ander lande voel.

Wat is nou eintlik ons kultuur? Wat definieer ons as Suid-Afrikaners, wat ons uniek maak? Ons het ‘n koskultuur van saamkuier, en saameet. Kultuur is ‘n volk se gewoontes, die gedrag wat hom as volk beskaafd maak. Kuns en musiek is deel van jou kultuur, maar wat is eie aan ons, wat maak ons uniek? Ons is ‘n reënboognasie met diverse gebruike, taal en gewoontes. Ons Afrikaanse taal is uniek, maar ons moet tog besef in ‘n reënboognasie kan jy dit nie opeis vir land en volk nie. Ons bly ‘n subgroep, maar as ‘n Afrikaanse subgroep, sou ek graag wou veilig voel. En vasgewortel. Eie. Tog is daar mense wat namers Afrikaanse mense wil praat, waarmee ek my nie kan vereenselwig nie. Die een klomp wat opstaan is te regs, en die ander klomp neuk links.

As ek nou dink, waar lê my wortels werklik, is die antwoord nie so maklik nie. Is dit die plek waar ek gebore is waar ek my eerste 16 jaar gewoon het? (Dit was nie ‘n ou familieplaas wat oor hgeslagte heen kom nie) Is dit Pretoria waar ek die volgende 20 jaar, of Johannesburg vir die volgende 10 jaar gebly het? Ons is nou 12 jaar in Kleinmond in die Kaap en hierdie voel vir my die heel meeste soos huis. Die regte tyd, regte plek gevoel. Maar dis die kroon van die boom, nie die wortels wat my vasanker nie. Ek sou kon emigreer met die knip van ‘n oog, dit sou vir my net ‘n ander woonplek wees.

Huis is waar die hart is, en hart is waar die huis is.

“Culture is the widening of the mind and of the spirit.”
Jawaharlal Nehru (Indian Prime Minister 1889-1964)