Tags

, ,

Mens wil nou nie sommer met die deur in die Huis val nie, maar almal wat al by Casa Maan aan Huis was, sal verstaan waarom ek so opgewonde is dat daar nie met my Huis te hou is nie!

Ek het voorheen geskryf hoe ons hier in Kleinmond beland het, en ook wat dit voorafgegaan het. Wat alles in plek laat val het.

Nou die ‘verflenterde’ huis waarvan ek daar gepraat het, is eintlik baie geskiedkundig. Die gebou waarvan ons woonhuis deel vorm (die huisgedeelte is eers ongeveer 20 jaar gelede aangebou) was Kleinmond se eerste Algemene Handelaar in die middel van die vorige eeu. Die ouer inwoners onthou verskriklik min van die geskiedenis van ons huis, in so ‘n mate dat ek weerstand teen die verskaffing van inligting vermoed. Hulle is taai, en slaan bottoe as ek navraag doen. Ons kon tot dusver ook geen foto’s van die huis opspoor nie.

So kom ek toe hierdie week af op nie minder as twee skilderye, wat die bekende kunstenaar John Kramer van ons huis gemaak het nie!

En so lyk dit nou by Kleinmond Self-Catering Accommodation

Groete van Huis tot Huis…