Wie is MaanKind?

Trisa Hugo se lewe het baie draaie geloop in vele beroepe, maar uiteindelik het sy haar hartsplek gekry. Sy bedryf ‘n gastehuis in Kleinmond en teken prentjies met ‘n stokkie op die strand wat dan waar word. Sy het haar lewe lank gewerk, nou speel sy bietjie – met verf en kwaste, maar veral met woorde. (Dis nou my amptelike bio)

As MaanKind het ek baie vriende gemaak, en ek is dankbaar daaroor. Dit het my lewe verryk op maniere wat geen mens kan besef nie.

Natuurlik kan almal nie van almal hou nie, en ek verwag ook nie dat my skrywes oor my lewe in elke mens se smaak sal val nie. My standpunte en my geloof verskil van baie ander mense s’n, maar respek is tog iets wat ons vir mekaar het, wat jy vir die siel van die mens het, en elke persoon se agtergrond en omstandighede maak dat dit jou standpunte oor dinge beïnvloed.

Ons almal verskil, ons sieninge van mekaar verskil. Self is ek middeljarig, van gemiddelde intelligensie, vrou, ma, stiefma, ouma, halfpad afgetree en ek sukkel nog al my lewe met 5 kg wat ek graag sou wou verloor. As ek egter in die spieël kyk, sien ek ‘n gesonde vrou wat met haar bietjie talente gewoeker het en hard geleer en gewerk het het en haar kinders goed grootgemaak het en lekker kos kook vir haar man en die goeters doen wat ek graag wou doen my lewe lank. Ek is gesond en gelukkig en tevrede met wie en wat ek is. My lewe is vir my lekker. Die goeters wat ek doen is vir my lekker en dit sluit blogging in.

Dan leer ek ook graag. Ek het ‘n paar formele kwalifikasies, ‘n Honneurs in Sielkunde, ‘n Diploma in Finansiële beplanning, Sertifikate in programmering en ander diverse dinge.

Verder is MOOC’s deesdae wonderlik en ek het verskeie kursusse deur verskillende Universiteite regoor die wêreld voltooi, onder andere in Graphic Design, PhotoShop en Nutrition. Tans is ek besig met uitgebreide studie by die International College of Clinical Hypnosis Practitioners, om my te bekwaam as Hipnoterapeut. Dan doen ek ook tussenin ‘n kursus om my te bekwaam as Life Coach by ILS Coaching International. Die Arcane School het my ook as student aanvaar, as deel van my spirituele ontwikkeling.

Ek doen wat ek kan, met dit wat ek het, ek lewe soos ek wil, wanneer ek kan. Daarom speel ek ook, met prentjies in die sand en dansies om ‘n paal. Paalfiksheid is ‘n sport wat toenemend gewild word, veral onder jong vroue. RSG het gedink dat dit ‘n prestasie is vir ‘n 60-plusser, en my uitgevra daaroor. Luister hier na ‘n kort stukkie. So ontdek ek ook toenemend aspekte van myself wat ek kan uitleef, terwyl ek kan.

Ek skryf stories, doen resensies en ek hou van gesprekke fasiliteer. Daarom was dit ook maklik om tydens die Corona-inperking saam met Analize Viljoen onder die Boekmakranka-naam te begin om die heel eerste reeks aanlyn skrywersgesprekke te doen. Ons doen ook digitale boekbekendstellings, aanlynboekresensies en podcasts. Lees meer daaroor en oor my skryfwerk op my webblaaie.

http://trisahugo.co.za

https://boekemakranka.co.za

Welkom by my blog en in my lewe!

27 thoughts on “Wie is MaanKind?”

  1. Anonymous said:

    Sou daar eendag ‘n stokou vent vanuit die Noorde skielik op jou afkom en jou sonder om ‘n woord te sê omhels en so ‘n bietjie vasdruk, dan moet jy weet dis Kikkie.

    Like

  2. Celeste said:

    Hallo, ek het jou op my broer se blog opgespoor en ons bly amper ‘n klipgooi van mekaar af. Jy laat my baie aan myself dink en ek is ook in die proses om ‘n blog te begin.

    Like

  3. Mag ek ‘n epos vir jou stuur oor vrae wat ek het? Sal jy my op my epos kan antwoord dat ek vir jou stuur?

    Like

  4. bloekombos said:

    MAANKIND, dit die eerste keer dat ek op die “whatever jy dit wil noem”, tik, en ek is so verdwaal soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boks. Ek wou net ‘n paar stories geskryf het soos in die verlede, maar dit was so ‘n ingewikkelde proses en ek hoop dat dit in die toekoms anders sal lyk, want anders bly ek maar by WOES. Ek het jou storie terdee geniet en hoop ons lees mekaar weer raak.

    Like

  5. hallo daar maankind

    dit is so lekker om ou maters hier uit te snuffel, lekker om hier by jou te kuier

    Like

  6. Hallo Maankind – jy’t lank terug vir my ‘n link gestuur na Afrikaanse blogs op wordpress. Dink jy ek kan dit opspoor? Ai tog – kan jy weer help asseblief?

    Like

  7. Hi Maankind, snaaks dat mens per ongeluk mense raakloop wat jy eers op FB ontmoet het en nou op hulle “afkom” per ongeluk .. gaan lekker hier by jou lees.
    Groetnies
    MdJ

    Like

  8. Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.

    Like

    • Aangename kennis! Dankie vir inloer, sal kom draai by jou.

      Like

      • Baie dankie vir jou terugvoer. Ons header het my van die begin gepla, ek kon die skrif nooit duideliker kry nie. Ek het gehoop jy sou my dalk kon help. Ek gebruik NX Capture om my foto’s te verwerk. Behalwe vir Tint, B&W en Sepia, is daar geen opsie om die kleur self te verander nie. Verder het ek lank op die net rondgesoek vir n gratis program wat captions op foto’s kam byvoeg. Die beste ene wat ek kon vind was Roflbot, ongelukkig het die ook maar net n paar font opsies. Ek het intussen die skrif vergroot in die hoop dat dit meer in fokus sal lyk, maar helaas. As jy kan help sal ek dit erg baie waardeer. Eureka

        Like

  9. Maankind, kan jy my blog so mooi maak soos joune, en my leer hoe om links op te sit en als? Ek voel altyd so sleg as ek na jou of Kouevuur se Sonnetjie en Bileam se donkie verwys en ek kan nie eens die leser na julle blog vat nie 😦

    Like

    • Dis doodmaklik! En as mens nie ‘n skakel opsit nie, mis daardie persoon dit dalk net! Om mooi te maak, is bietjie van ‘n oefening in geduld, ek sal die stappe kom uitskryf, maar Toortsie het al baie van die werk gedoen met skakels, ek gaan soek dit vanaand, en kom plak dit by jou.

      Like

    • Wag hier is dit!

      Like

  10. Hallo MaanKind weet jy nie dalk waar is Ding nie……….ek mis hom sooooooooo.

    Like

  11. Ek wil asseblief ‘n boek hê met al die wyshede van die wêreld, veral om kinders groot te maak… Sterkte met die skets, jy gaan dit nodig hê indien jy hoegenaamd kans sien om daarmee te begin. Amen (mens sê dit mos maar aan die einde van ‘n gebed)?!

    Like

  12. gidivet said:

    Naand Maankind, teken vir my ‘n locum vir Augustus in die sand, Groot Seblief tog. Dan kan ek dalk selfs daar by jou verbykom.

    Gidi

    Like

En? Wat dink JY?