Been places!

Meimaand is reismaand. Korreksie – Meimaand wás reismaand. Vandag in 2012, 2014 en 2018 was ons óf in San Francisco, óf in die vliegtuig op pad Amerika toe, het in iewers in die middel van die maand geskryf. My Memories op Facebook is aan die een kant ‘n pyniging, omdat 2020 se beplande reis nooit plaasgevind het nie en as dinge goedgaan, waarskynik ook nie voor 2023 gaan gebeur nie. Aan die ander kant is Facebook se Memories wonderlik! Dit neem my terug na dit wat ons die voorreg gehad het om te ervaar.

Mei is ook die maand van nostalgie vir my. Sover my Facebook Memories strek, is dit ons tyd wat ons die pad vat. Bietjie af vat na maande se harde werk. Dis ook die mooiste tyd vir rondry. Dis herfs oral, nog nie heeltemal so koud nie, net lekker om rond te ry en vroegoggend te stop vir ietsie teen die koue. Reënseisoen in die Kaap is op die horison. As ons gelukkig is om oor die waters te kan wees, is dit lente daar. Die dae is lekker lank en die drukte van toeriste in die somer is minder. Die arme Mei. Die mees onderskatte maand vir vakansie. En hierdie is nou die tweede Mei wat ons nêrens gaan nie. Geen ander kooi as ons eie nie. En dis oukei so, ek voel veiliger in my eie huis.

Ek verstaan nou hoekom oumense eerder in die verlede wil leef. Die realiteit om my raak vir my al hoe meer chaoties. So om Meimaand te gedenk, gaan ek die laaste twee dae van Mei spandeer om oor my vorige oorsese reise te dink en deur foto’s te kyk. Hierdie skrywe is grootliks vir myself, so orde en struktuur is nie regtig van belang nie. Ek vat hom soos ek dink.

Wat staan uit? Mense is maar soos ons, oral. Gawe mense en goor mense. Maar oor die algemeen? Ek het in geen ander land daardie universele onderliggende angs en woede in mense bespeur nie. Is ons Suid-Afrikaners deur werklike en gewaande vrees vir ons veiligheid en oorlewing wat heeltyd onder die oppervlak sit, omskep in n siniese spul vol oordeel, wanpersepsies en nydigheid?

Van al die vreemde kosse wat ons geëet het, was Afghan cuisine vir my die bekendste, Mongolian het die grillerigste item bevat, Madras was die sterkste, Thai die geurigste en Chinese die maklikste om te copy. Meksikaans die huislikste en lekker geurig. Die Mango lassi die lekkerste drinkding. Mediterreense tapas etes, waar meer as 50 verskillende disse as happies aangebied is, het ons in Israel en ook op Cyprus gehad, twee van my beste, beste maaltye ooit. Die buffetete met die meeste disse in Las Vegas. Verdere hoogtepunte van etes was:

Wêreldberoemde clam chowder at Boudin on Pier 39 in San Francisco. Sjoe!
Churros op straat in San Fransisco en Corn dog op Treasure island waar Bliss dance is.
Ons het regte, egte Fried Geen Tomatoes at the Whistle stop Cafe in Juliette in Georgia geëet. For real.
By Shari’s (doodgewone eetplek) in Castro Valley die beste vars uitgedrukte pomelosap ooit!
Die Best Western se ontbyte.
Lekker kanne koffie oral in Amerika.

Omdat hierdie ‘n soort dagboek vir myself ook is, ‘n bestek van my lewe, lys ek ‘n paar dinge wat ons gesien en beleef het, wat ek nooit-ooit sal vergeet nie, om myself eendag te herinner as my geheue begin vervaag. Of dalk lees ‘n kleinkind dit eendag.

Israel: Loop op die eeue ou muur wat om die ou Jerusalem gebou is. Loop op die Via Dolorosa. Beleef die Holocaust museum, swem in die Dooie see. Cicerea se klipmosaïekvloere van 2000 jaar gelede. Jaffa, die hawestad. Tee met die Ortodokse skoonfamilie. Die familie in Jerusalem se tuisgemaakte olyfolie. Besoek Bethlehem in Palestina, en Jesus se geboorteplek (Ster van DAwid).

Egipte: Woon op ‘n eiland in die middel van die Nyl. Beleef Kaïro se verkeer, onderhandelinge oor als, en baksheesh. Klim op en binne-in Die Groot Piramides van Giza, vat aan die Sfinks. Ou Phoenician skip wat uitgegrawe word. Sien in die Kaïro Museum King Tutankhamun se goue masker en goue kis, met die vier marmerkruike wat sy binnegoed bevat het. Sarkofaag van graniet met baie fyninskripsies. Mummies, Khufu en Khafra se standbeelde.

Griekeland: Parthenon. Een van Verdi se operas in ou amfiteater, duisende jare oud. Plaka. The Acropolis Museum.

Cyprus: Word met Limo gehaal. Diep sneeu bo-op die Troudos berge, Paphos, Lazarus se graf, een van die oudste monastries in die wêreld, die ou Stavrovouni Monastery bo-op ‘n berg, Aphrodite se tempel, Tombs of the Queens, dIe rots Petra, eeue ou mosasïek vloere. Drink saam met ‘n paar vissermanne op die hawe bekers vol “Cyprus whiskey”. Turkse grens.

Engeland: Stonehenge, St Paul, ‘n Paar kastele – oa Leeds, Bodiam, Houghton House. Die Tower bridge, The London Tower, Rye (Conrad AIken huis). Roman Baths, Cambridge University. Lakes District. Stratford-upon-Avon. Grasmere, William Wordsworth se graf.

Skotland: Edinburgh Castle

Parys: Louvre, Montmartre, Seine River, Notre-Dame Cathedral, Eiffel toring, Fashion Show in Champs-Elesées, Place du Concorde, Arc de Triomphe, Musée d’Orsay, Versailles, Sainte-Chapelle, Sacré-Coeur. Friends Hostel.

Amerika Trip 1: Yosemite National Park (Giant Sequoias), Fresno Underground Gardens, LAS VEGAS (kom in hoofletters, ja!), Cirque de Soleil. Los Angeles, Hollywood, Anria ranch in Yuba city. Alcatraz. Golden Gate brug en al die ander.

Amerika Trip 2: Muir Woods (Giant Redwoods), Las Vegas, Titanic se artefakte, Hoover dam, Colorado river, Grand Canyon, Bryce, Zion, Salt Lake City, Mormon Temple, Ete by Kahiki se ouers. Kanab waar Westerns verilm is. Park City. Sundance Film Festival.

Amerika Tri 3: Atlanta, Coke fabriek, Savannah en al sy Squares, Bonaventure – Johnny Mercer se bankie, Conrad Aiken se graf, Bird Girl, Little Gracie. Mercer House waar Midnight in the garden of good and evil afspeel en Jim Davis geskiet is. Fried Geen Tomatoes at the Whistle stop Cafe in Juliette. Margaret Mitchell se huis, Plantations, oa Boone Hall Plantation waar North and South verfilm is. Pat Conroy se Beaumont. Charleston. Gullah museum. Gullah sang en vertoning.

Hierdie lys vervul my met die grootste dankbaarheid vir die geleenthede wat ons gehad het. Ons het eke moontlikheid aangegryp en waar ons kon en moes, op ‘n shoestring gereis. Natuurlik is daar nog baie plekke wat ek bitter graag sou wou sien, Duitsland en Nederland veral. Indien die lewe nou so sou uitdraai dat ons dalk nooit weer kan reis nie, sal ek tevrede wees, dat ons gedoen het wat ons kon, toe ons die geleeentheid gehad het. Maar vir nou, is dit Oos Wes, Tuis Bes.

Dancing in the moonlight
Singing in the rain
Oh, it’s good to be back home again
Laughing in the sunlight
Running down the lane
Oh, it’s good to be back home again

When you play with fire
Sometimes you get burned
It happens when you take a chance or two
But time is never wasted
When you’ve lived and learned
And in time it all comes back to you…

Dancing in the moonlight
Singing in the rain
Oh, it’s good to be back home again
Laughing in the sunlight
Running down the lane
Oh, it’s good to be back home again

And when I got weary
I’d sit a while and rest
Memories invading my mind
All the things I’d treasured
The ones I’d loved the best
Were the things that I’d left behind….

Old familiar faces
Everyone you meet
Following the ways of the land
Cobblestones and lanterns
Lining every street
Calling me to come home again

Dancing in the moonlight
Singing in the rain
Oh, it’s good to be back home again
Laughing in the sunlight
Running down the lane
Oh, it’s good to be back home again

lalalalalala….Oh, it’s good to be back home again
lalalalalala….Oh, it’s good to be back home agai
n

Dancing in the moonlight
Singing in the rain
Oh, it’s good to be back home again
Laughing in the sunlight
Running down the lane
Oh, it’s good to be back home again

Dancing in the moonlight
Singing in the rain…
Oh, it’s good to be back home again

Blackmore’s night