Vandag het ek gekyk na AirFibre as alternatief tot ADSL. My liewe Internet, jy het ver gekom sedert dial-ups vir CompuBank en BelTel, dis vir seker. Ek weet nie meer waar my foon ophou en waar my TV en my rekenaar begin nie. Toestelle koppel so moeiteloos. Op my foon kan ek nou enige iets kry, doen, speel, leer en luister. Ek kan rigting vind, met my kind in Amerika gesels. Met die wonder van tegnologie doen ons boekgesprekke tussen kontinente, maak ons vriende oral. Tegnologie bewaar my musiek en my foto’s. Herinneringe is in my hart, maar jy is die kurator van die bewyse van waar ek was en wat ek gesê het. Daar is ‘n app vir elke ding. Maar die wonder van Internet. Sonder jou sukkel ek.

Sekere dinge bly maar net konstant, en ‘n mens se inherente passie ook. Ek het voorheen geskryf hoe ek presies dieselfde dinge gedoen het in 1997 as nou, gegewe die tegnologie van daardie tyd. Hierdie fase in my lewe was ek op my prime, en ek het die beskikbare die tegnologie ingespan vir my belangstellings, selfs met my ou rooi Mini wat allerhande onheil op die forums en lists laat uitbroei het.

Daar is inderdaad niks nuuts onder my son nie! Tegnologie, boeke, flieks, mense is en was maar altyd wie ek is en wie ek was en gaan wees. En nuuskierigheid oor hierdie dinge!

Hierdie spore van my was alles in April 1995 gelaat, en een in 1997. Versigtig dus wat jy waar sê. Jy laat onuitwisbare spore agter.

Die  ontwikkeling van my heel eerste HomePage en webblaaie van toe tot nou. Ek mis wel hier en daar ‘n weergawe, veral so een met klippe. (Datum na die adres). Hierdie skrywe is ook ‘n manier wat ek my eie ou goedjies vir myself wil bewaar. Vir eendag as ek oud is en ek kan terugkyk op ‘n tyd toe ons nog moes uittik wat ons wou sê.

http://web.archive.org/web/19970409082722/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/19990129024614/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20030625211209/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20040121193108/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20041013021058/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20070813234301/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://web.archive.org/web/20090327071356/http://www.icon.co.za/~trisa/
http://www.icon.co.za/~trisa/
http://kleinmondselfcatering.co.za/
http://www.boekemakranka.co.za/

My liewe Internet – Nog steeds so wispelturig soos altyd, nie regtig vinniger geword met die jare nie, wel bigger and better, maar steeds kan niks bestand wees teen natuurkragte nie. Die see kan Seamus beskadig, die sunflares werk in op elektronika, Eskom het beurtkrag, so betroubaarheid is maar steeds in mensehande. Van DOS, PowWow, Lists, Groups, Compubank, Beltel,  Netscape en Pegasus se dae af tot en met vandag. Ek het jou altyd liefgehad, en sal vir ewig aan jou sy wees.

Until death do us part. Whether it’s yours or mine