Die Covid Tronk het nou niks met die inperking te doen nie, hoor. Die tralies en hekke in ‘n tronk is omtrent wat my lyf al vir nege maande vasgevang hou. Dit voel party dae of Covid ‘n jaar van my lewe gesteel het.

Ek het behoefte aan oefening, maar net sodra ek sterk en vol energie voel en bietjie oefen, kry ek elke keer ‘n terugslag wat my planke toe slaan. Ek druk geen grense nie, ek oefen heerlik net totdat ek moeg is. En dan slaat iets my die volgende dag om, so asof daardie iets wil sê nee, Sus, jy is nog nie self in beheer van jou eie lyf nie. Jy kan nie maak soos jy wil nie. Ek word koorsig met shivers. My oë swel, my keel is seer, my ore pyn, my kliere swel, my maag pyn, my lyf is seer, soms verskyn daar rooi kolle en ek is te moeg om op te staan. Met daardie droë hoese by. Voorheen het dit ‘n paar dae aangehou. Gister darem net ‘n dag en ‘n nag.

DIe reaksie op my eerste Pfizer vaccine het my ‘n paar dae lank presies so laat reageer, soos ‘n ligte geval van Covid. Daaroor was ek baie bly, want die personeel daar het “die oumensie” gewaarsku dat haar “soldaatjies” gaan terugveg en dat so ‘n reaksie moontlik is. Dankie tog my immuunstelsel is sterk en gesond, wat die reaksie normaal maak. DIt beteken ook die entstof werk, want my liggaam herken nou die virus en beveg hom. Ek kan nie wag vir my tweede Pfizer nie! Ek is versigtig optimisties dat alle nagevolge gaan verdwyn as die entstof die residue van die virus ‘n finale nekslag gaan toedien.

Enough now van hierdie tronkstraf. So kan ek nou asseblief van agter hierdie tralies vrygelaat word vir goeie gedrag en weer op my paal losgelaat word? Of parool kry of iets?

“Listening to the music while stretching her body close to its limit, she was able to attain a mysterious calm. She was simultaneously the torturer and the tortured, the forcer and the forced. This sense of inner-directed self-sufficiency was what she wanted most of all. It gave her deep solace.”
― Haruki Murakami, 1Q84