Iemand het my gevra om inligting te help inwin hieroor vir ‘n artikel. Sestig sekondes van jou tyd is al wat sy vra. Help dan maar asseblief?
Kliek hier!Of antwoord sommer hier.//
22 Fri Aug 2014
Posted Dag-tot-dag
inIemand het my gevra om inligting te help inwin hieroor vir ‘n artikel. Sestig sekondes van jou tyd is al wat sy vra. Help dan maar asseblief?
Kliek hier!Of antwoord sommer hier.//
05 Fri Oct 2012
Posted Kreatiewe Skryfwerk
inAs MaanKind het ek oor die jare baie goeie maters gemaak, vriende opgebou en kennisse versamel. Sommige lees my goeters, ek lees weer ander wat my nie ken nie, en so is ons almal deel van een groot proses. Die internet is nie net ‘n klomp rekenaaars wat op een of ander manier deur servers en drade en optiese vesel en golwe vanaf torings in die lug gekoppel is nie, daar sit ‘n mens agter elke rekenaar, laptop, mac, iPad of BlackBerry, of waarmee of waarop jy ook al ‘n sleutel met jou vingers tik. Ag wat praat ek, daar is ook stemtegnologie, en pads waarop jy skryf maar julle kry die punt.
Nou het daar ‘n snaakse ding in my lewe gebeur. Being the Gemini I am, het my lewe nou verskeie vertakkings gevat. Ons is steeds besig met wat ons doen (vakansie akkommodasie in Kleinmond), maar my passie, belangstellings of stokperdjie (snaakse naam vir ‘n hobby maar toemaar) het ook nou sommer in ‘n besigheid ontwikkel, wat myself baie plesier gee, en ook vir ander iets beteken. Lees my Boekemakranka blog wat ek onlangs begin byhou het vir nuus.
Op daardie blog het ek die volgende inskrywing gemaak, maar ek wil dit hier herhaal, omdat meeste van julle dalk nie weet van Boekemakranka se bestaan nie. Die verhale kom lekker in, maar dit kan so ‘n lekker projek word, dat ek dalk aan die mense wat my gaan help met die keuring, die verhale gegroepeer in temas kan stuur. So help my asseblief, deur hierdie boodskap te versprei onder jou skrywersvriende, of hierdie te Share, of te Reblog.
Boekemakranka wil graag ‘n e-Boek met kort-kortverhale publiseer, wat so goedkoop as moontlik verkoop sal word. Die tantième sal dan gaan vir ons plaaslike Sopkombuis, en vir Vriende van Kleinmond Biblioteek. Dit gee blootstelling vir die skrywers, kos vir mense, en koop boeke vir kinders.
Stuur jou kort-kortverhaal van ongeveer 400 woorde wat nog nie elders of op die internet gepubliseer is nie, aan eboek@boekemakranka.co.za vir oorweging.
Sluitingsdatum einde November.
Asseblief en dankie vir hierdie www projek. Wen-Wen-wen.
04 Tue Sep 2012
Posted Boekdinge
inTags
Boeke vir Kindle, Boekemakranka, e-Boek Uitgewers, e-Boeke, Kleinmond, Vriende van Kleinmond Biblioteek
Mens hoor altyd die self-help ghoeroes sê, vind jou passie, en doen net dit. Dit is die resep vir geluk en sukses. Ek het al my lewe baie skepties na daardie raad geluister, veral toe ek jonk was, en gedink ja, right. Ek meen, regtig. Wie sou my nou wou betaal om heeldag stories te lees, en in my vrye tyd op my rekenaar te speel?
Min het ek gedink, maar ek kan mysélf mos betaal daarvoor. Een goeie dag het dit my getref, toe nog ‘n persoon wou weet waar hulle Viersprong (‘n Kortverhaalbundel waarvoor ek ‘n paar verhale bygedra het) te koop kan kry. (Die uitgewer het ophou funksioneer, en dit is nie meer in druk nie). Probeer dit as e-Boek op Amazon, het dit my te binne geskiet. En siedaar, Boekemakranka is gebore. Goed, dit behels darem bietjie meer as die lees van stories en speel op my rekenaar, maar dis die bottomline. Dit is vir my so lekker, dat dit skoon vreemd voel as ek geldelik daarvoor beloon word!
Nou spiraal dit so uit, dit is vinnig besig om my voltydse werk te word. In die oggende kan ek nie vinnig genoeg my ander ‘verpligtinge’ en huishoudelike take afhandel om te begin nie.
Glo my, ander mense sien skielik ook die passie raak, en deel net werk uit. Ek is gevra om Saterdag ‘n praatjie te hou oor e-Boeke en e-Lesers, ter viering van Nasionale Boekeweek, en vandag ook om bietjie lewe te blaas in ons Vriende van Kleinmond Biblioteek. Eintlik behels dit fondsinsameling en vergaderings en reëlings, maar ag wat, dis vir ‘n goeie saak.
Maar hier sit ek en werk, en ek geniet elke oomblik daarvan! Daar is ‘n diepe tevredenheid, contentment, in my hart, in my siel en hele wese.
Wat is jou passie, en hoe kan jy dit deel maak van jou lewe?
26 Sun Aug 2012
Posted Boekdinge
inTags
Annelise, Boeke vir Kindle, Boekemakranka, e-Boek Uitgewers, e-Boeke, Eroties in Afrikaans, Erotika, Slavin
Eendag lank, lank gelede toe die mens nog in grotte gebly het, het ʼn kru, maar effektiewe ruiltransaksie tot stand gekom. Dit was gebaseer op elke geslag se dringendste behoefte. Die vrou was en is fisiek gesproke die swakker geslag. Sy kan nie jag nie. Nie net is sy nie sterk genoeg nie, maar sy moet ook haar kinders oppas – die kinders wat die man nog nie in hierdie stadium besef het hý in haar geplant het nie. As gevolg van menstruasie, geboorteskenk en borsvoeding ly sy aan ʼn chroniese tekort aan yster. Sy het proteïen nodig. Rooivleis, wat net die man aan haar kan verskaf. En die betaling hiervoor was seks, want al het die man nog nie van vaderskap geweet nie, wou en moes hy voortplant. Terug na die animus en anima. Om te kan jag moet ʼn man ʼn sterk ontwikkelde animus hê. Jy kan nie ʼn bokkie doodmaak as jy hom jammer gaan kry nie. Maar die vleis wat hy in ʼn bloederige hoop voor die vrou se voete gegooi het was nie vir haar genoeg nie. Hy moes ook teer kon wees. Sy anima moes ook kon saamspeel as hy haar wou behou.
Ek wonder hoe al hierdie dinge mense vandag beïnvloed. Vroue is nie meer van mans afhanklik om die vleis huistoe te bring nie. Is dit waarom hulle uiteindelik seksueel ook vryer raak? Voortplanting is nie meer die hoofdoel van seks nie – plesier is die dryfveer. Wat gebeur nou met die ruiltransaksie? Gee ʼn vrou dit dan nou verniet weg omdat sy wil en omdat sy dit nie meer as ʼn basis van mag hoef te gebruik nie? Waarmee kan ʼn man ʼn vrou vandag verlei? As ons vir onsself kan sorg, wat begeer ons van ʼn man? Sy manlikheid? Sy krag en hardheid? Sy dominerende, oorheersende animus?
(Uittreksel uit Slavin, deur Annelise. Binnekort beskikbaar as e-Boek, op Amazon en Kalahari)
14 Tue Aug 2012
Posted Dag-tot-dag
inDit tref my toe vanoggend met ‘n voorhamer wat my laat steier, dat ek die belangrikste illusie uitgelaat het, toe ek my vorige-vorige inskrywing gemaak het.
Wie van ons wil nou nie:
Nog iets wat ek graag sou wou byvoeg, is ‘n gesprek met ‘n man van rondom 70, nadat hy Fifty shades of grey gelees het. Hy reken dat die teikenmark perfek getref is. Wie het geld, en tyd om te lees? Vroue van 40+. Wie is seksueel op hulle prime, wie se mans se vermoëns begin afneem? Vroue van 40+. Wie is enkel, professioneel, het tyd vir lees, geld om boeke te koop, en seksueel op hulle prime? Vroue van 40+. Hy kon heel objektief gesels, en die boek het nie sy lendene geroer nie, maar hy wou uitpluis waaroor die bohaai is.
Volledigheidshalwe, dit is wat ek voorheen geskryf het:
Finally! Nadat ek ‘n lekker gesprek met my haarkapper gehad het oor die veelbesproke geskakeerde trilogie, het ons uitgepluis waarom EL James se Fifty Shades trilogie so gewild is.
Ek sou helaas aanbeveel dat jy in so ‘n geval eers seker maak sy is nie kwaad vir mans na ‘n onlangse insident in haar lewe nie, en dat jy ook nie behaaglik teruglê in haar stoel en op haar vraag,Wat doen ons vandag? antwoord Maak nét soos jy wil, nie… Want met elke punt wat sy maak, danknip sy…
Wie van ons wil nou nie:
Dit sal enige vrou in so mate aandraai dat sy vyftig skakerings van grys sal sien!
Wie van julle sal nie bereid wees om te whisper en te murmur en te smirk en op jou lip te byt, terwyl jy jou oë vir hom rol nie?
Laters!
@MaanKind (KortGeknip)
Gebruik hierdie skakel en bestel enige van die Fifty shades reeks e-Boeke van Amazon
Bestel die eerste in die reeks, Fifty shades of grey HIER van Kalahari
Bestel al drie boeke in die Fifty Shades reeks HIER van Kalahari
Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Kalahari
Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Amazon
09 Thu Aug 2012
Posted Dag-tot-dag
inFinally! Nadat ek ‘n lekker gesprek met my haarkapper gehad het oor die veelbesproke geskakeerde trilogie, het ons uitgepluis waarom EL James se Fifty Shades trilogie so gewild is.
Ek sou helaas aanbeveel dat jy in so ‘n geval eers seker maak sy is nie kwaad vir mans na ‘n onlangse insident in haar lewe nie, en dat jy ook nie behaaglik teruglê in haar stoel en op haar vraag, Wat doen ons vandag? antwoord Maak nét soos jy wil, nie… Want met elke punt wat sy maak, dan knip sy…
Wie van ons wil nou nie:
Dit sal enige vrou in so mate aandraai dat sy vyftig skakerings van grys sal sien!
Wie van julle sal nie bereid wees om te whisper en te murmur en te smirk en op jou lip te byt, terwyl jy jou oë vir hom rol nie?
Laters!
@MaanKind (KortGeknip)
Gebruik hierdie skakel en bestel enige van die Fifty shades reeks e-Boeke van Amazon
Bestel die eerste in die reeks, Fifty shades of grey HIER van Kalahari
Bestel al drie boeke in die Fifty Shades reeks HIER van Kalahari
Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Kalahari
Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Amazon
09 Thu Aug 2012
Onthou dat Saterdag die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag is! En ja, e-Boeke tel ook!
Daar word gevra dat alle Afrikaans-liefhebbers op11 Augustus ‘n Afrikaanse boek koop uit solidariteit met ons Afrikaanse skrywers, uitgewers en boekwinkels wat sorg dat daar voortdurende nuwe Afrikaanse boeke op die mark verskyn.
Vir jou Kindle of Kindle App, gebruik Hierdie Maklike Skakel om na Boekemakranka se e-Boeke op Amazon te gaan kyk.
Daar is lekker liefdesverhale, ernstiger boeke, of sommer iets lekker warm en eroties.
Boekemakranka se eerste e-Boeke is nou op Kalahari beskikbaar in ePub formaat. Daar gaan weekliks nuwe boeke beskikbaar wees.
Gebruik Hierdie Maklike Skakel om na Boekemakranka se e-Boeke wat reeds op Kalahari beskikbaar is, te gaan kyk.
Moet jy regtig wag tot Saterdag? As jou leeshart Afrikaans is, koop sommer vandag nog ‘n Afrikaanse e-Boek!
11 Mon Jun 2012
Posted Boekdinge
inHet jy al deur Meiringspoort gery?
Ken jy mense wat in De Rust woon?
Het jy al ooit van Klaarstroom gehoor?
Weet jy waar die legende van die meermin vandaan kom?
Loop saam met Herrie op CJ Langenhoven se spore, en gaan kyk na Vertellings oor Meiringspoort
Kliek hier om na al Dries Brunt se e-boeke op Amazon te gaan kyk
02 Sat Jun 2012
Posted Boekdinge
inHet jy ‘n Kindle? Of ‘n iPad? Of ‘n Xoom? Of ‘n PC? Het jy ‘n iPhone? Het jy geweet jy kan al Amazon se boeke op ‘n Kindle App wat gratis beskikbaar is lees op enige van hierdie devices? (Toestelle klink nie vir my lekker nie, vir my is ‘n toestel ‘n appliance, soos ‘n yskas of wasmasjien). Ons het pas ‘n tweede Kindle gekoop, en was nog nie ‘n oomblik spyt nie, want die MaanMense lees elke aand in die bed.
Die lekkerste funksie van die Kindle is seker vir my die woordopsoek-funksie, en dan ook die Notes wat jy kan maak, as jy ‘n spesifieke stukkie wil onthou, onderstreep of weer later wil teruggaan. Alle boeke wat jy koop, se Notes bly ook op ‘n sentrale plek in jou Kindle rekening bladsy. Jy kan ook kies of jy jou Notes aan ander leser beskikbaar wil stel. Die feit dat jy fontgrootte en lynspasiëring kan stel, maak dit natuurlik maklik op die ouer oog…
Het jy geweet daar is hordes gratis boeke beskikbaar op Amazon? Het jy geweet die meeste klassieke werke is gratis beskikbaar?
‘n Baie oulike webwerf waar jy elke dag ‘n lys van gratis e-Boeke kan kry.
Mense kan sê net wat hulle wil, maar e-Boeke is net eenvoudig besig om oor te neem. Oral op ons afgelope vakansie was mense te sien wat op enige van die toestelle te lees. Ek kan verstaan dat tradisionele uitgewers bang is vir die sprong, maar ek sien nie waarom nie. Dit laat my dink aan al die doemprofete oor nuwe ontwikkeling in die vorige eeu.
Baie meer van hierdie (wan)voorspellings is HIER te sien.
Dink jy steeds e-Boeke het geen toekoms nie? Ek glo absoluut daarin, daarom werk ek my morsdood op die oomblik, om in hierdie bedryf te kom terwyl hy jonk is.
Gebruik hierdie maklike skakel vir ‘n volledige lys van al Boekemakranka se e-boeke op Amazon, of kyk na spesifieke skrywers se boeke.
Kliek hier vir ‘n volledige lys van Abrham Nel se e-Boeke op Amazon
Kliek hier vir ‘n volledige lys van Adele Reynders se e-Boeke op Amazon
Kliek hier om na al Dries Brunt se e-Boeke op Amazon te gaan kyk
Kliek hier vir al Frenette van Wyk se e-Boeke op Amazon
Kliek hier om na al Rika se e-Boeke op Amazon te gaan kyk
Kliek hier om na Sonjia Wolfaardt se e-Boek op Amazon te gaan kyk
Kliek hier om na Trisa Hugo se e-Boeke op Amazon te gaan kyk
Kliek hier om na al Vera Wolmarans se e-Boeke op Amazon te gaan kyk
Wat is jou ervaring van e-Boeke?
20 Fri Apr 2012
Posted Boekdinge
inWatter een sou jy kies, en waarom?
02 Mon Apr 2012
Posted Boekdinge
inDankie vir dié van julle wat my gekontak het om te vra na die beskikbaarheid van Spel met die Dood van Dries Brunt. Dit is nou beskikbaar as e-Boek op Amazon. KLIEK HIER vir ‘n skakel om te gaan kyk waaroor dit gaan.
Kliek hier vir ‘n maklike skakel na al Dries Brunt se e-Boeke op Amazon
30 Fri Mar 2012
Posted Boekdinge
inVandag het ek amptelik boeke begin minder maak, op verskillende maniere. Party word net herversprei na ander boekrakke in ons gastewoonstelle (party word daar gelees, party gesteel, en party geruil vir ‘n boek wat hulle weer klaar gelees het), maar ek het ook ‘n paar van die nuwer Afrikaanse boeke vir iemand wie al haar boeke verloor het toe haar huis afgebrand het, gepos. Boeke is nie heilig nie. Boeke moet eerder gaan waar dit gelees word. Ek het te veel boeke, meeste het ek klaar gelees en dit moet eerder uitgedeel word as wat dit stof vergader. En stofmyte, vismotte, of muf hier by die see. So skiet my, maar dis hoe ek voel.
Wat wel vir my heilig is, is die rol wat die skrywer speel om ‘n boodskap te bring, aan dié wat dit nodig het. En dit wat ek leer deur dit te lees, of dit bloot is om te ontspan, kennis te versamel, met karakters te assosieer, en die kleinste lewenslessies raak te sien in selfs die ligste leestof. Dit ja, dit is vir my heilig. Die boek self is net die instrument wat die boodskap dra.
Dis dieselfde met e-Boeke. Die Kindle of Gobi of iPad is nie heilig nie, dit gaan oor die woorde of die emosies of dit wat die woorde aan jou siel doen wanneer jy lees. Of nie?
Van e-Boeke gepraat, Boekemakranka is baie opgewonde oor twee nuwe boeke wat binnekort verskyn as e-Boeke op Amazon:
Naakstudie van ‘n Boeremeisie – Marlene Jordaan (Digbundel)
Spel met die Dood – Dries Brunt
Intussen is daar ‘n hele klomp e-Boeke om te geniet, oa van Boekemakranka se topverkopers Rika du Plessis en Adele Reynders. Gebruik sommer hierdie maklike skakel om na al Boekemakranka se boeke op Amazon te gaan kyk!
Lekker lees die naweek!
29 Thu Mar 2012
Posted Boekdinge
inWie van ons wil nie graag stories skryf nie? En die wat reeds skryf – wie wil nie graag beter skryf nie? Dis juis by skrywer Madelie Human waar ek hiervan gelees het.
Skrywer Holly Lisle het hierdie skryfkursus, wat veel, veel meer bied as net die aflaai en deurwerk van die boek. Dit is interaktief. Hoewel ek dit gekoop en op my Kindle afgelaai het, is dit vir my makliker om dit op my rekenaar oop te maak en deur te werk. Daar is ook skakels na al haar ander worksheets wat jy gratis kan kry.
Dit alles vir $2.99
Hierdie is nou wat ek noem wen-wen. Geen wonder sy doen so goed nie.
SY GEE.
28 Wed Mar 2012
Posted Boekdinge
inWatter twee emosies sou jy koppel as jy hierdie voorblad sien? Wat is jou eerste gedagte as jy na daarna kyk? Dit is ‘n skildery van die plek waar die verhaal afspeel, deur Kok Hoffman.
Gee my twee.
01 Thu Mar 2012
Posted Boekdinge
inBloggers, ek het julle hulp nodig, asseblief. Ek is betrokke by ‘n koerantartikel oor e-Boeke en “The Kindle Phenomenon”. Hulle wil dit graag in tipe vraag/antwoord onderhoudvorm hê. As jy ‘n vraag kon stel, wat sou dit wees?
PS Gebruik hierdie maklike skakel vir ‘n volledige lys van al Boekemakranka se e-boeke op Amazon
20 Mon Feb 2012
Posted Boekdinge
in“Ek het al hoe meer besef dat alleenwees soos myne meer is as net om alleen te wees. Dat dit ‘n totale allenigheid was, dat ek nie meer aan ‘n samelewing gebind was nie. Dat ek die enigste lewende mens in duisende vierkante kilometer yswoestyn was met geen manier van kontak na buite nie. Ek het die gevoel probeer vergelyk met ‘n gevangene in eensame aanhouding en my voorgestel dat die wete van mense om jou, jou aan die gang hou. Selfs in sulke omstandighede is die samelewing nog steeds om jou. In my geval het dit verdwyn en was ek alleen op die wêreld. Met net die sterrehemel en liggloed bo my en die ysvlaktes om my, saam met ‘n vrag blikkieskos en die skitter van yskristalle.”
Hierdie is ‘n uittreksel uit Ekspedisie onvervuld – Dagboek van ‘n eensame, op ‘n Suidpool avontuur (Dries Brunt is self ‘n deurwinterde Antarktiese ekspedisielid).
Hierdie avontuur neem jou tot aan die verste grense van eensaamheid: Dit lê die krag van die menslike gees bloot, maar ook die broosheid, en selfs verwildering.
Ek is ook soms eensaam, maar mag ek nooit eensaam midde-in ys word nie…
14 Tue Feb 2012
Posted Boekdinge
inGaan kliek gerus op die skakel, ‘Gebruik hierdie maklike skakel vir ‘n volledige lys van al Boekemakranka se e-boeke op Amazon’, op Boekemakranka se voorblad vir jou gratis e-Boeke. Maak seker dat die koopprys R0.00 is voordat jy kliek op “Buy with one click”.
11 Sat Feb 2012
Posted Boekdinge, Dag-tot-dag
inDit lyk my die temas in mens se kop bly maar universeel. Ek het al baie voorheen geskryf oor kopskuiwe, persepsies en vooroordeel.
Vandag is al hierdie temas in my kop ineengevleg. Die afgelope maande het ek baie daaraan gedink. Hier in Casa Maan is dit net stil as daar ‘n kragonderbreking is, andersins is die radio aan, of musiek speel. Beide van ons hou nie juis van harde musiek nie, en aangesien ek die enigste een in hierdie huis is wat weet hoe werk die CD-speler (moenie vra nie!) is ek dan ook meestal die een wat die musiek kies. Vir werk kies ek altyd rustige Keltiese musiek, koormusiek, klarinet- of vioolkonserte. Mistieke tipe klanke. Barokmusiek. Nana Mouskouri, Joan Baez en Aafje Heynis se CD’s het nie eers ‘n plek in my rakke nie, hulle word te gereeld gespeel en lê reg om te speel. Sondagoggende met Fanie Smit en Saterdagaande U eie keuse. Julle het die prentjie? Toe kom Tribal Echo. Hier speel die klomp met hulle hip-hopperige jazzerige, Blues-erige Afrika-rige klanke reg in my hart in. Djy moet luister! (Dit staan op die t-hemde wat hulle aanhangers dra) Die eerste keer wat ek Aspoestertjie gehoor het, was by ‘n boekbekendstelling waar Frazer en Deniel opgetree het. Toe het ek gewéét hier kom ‘n ding. As julle wil hoor hoe klink Aspoestertjie, luister Donderdag 11:00-12:00 op Whale Coast FM. (Julle sal ongelukkig eers na my moet luister, ek is ateljeegas vir daardie uur in Petrovna Metelerkamp se program, en kan ‘n paar stukke musiek saambring)
Ons gaan onder andere gesels oor Boekemakranka, en dit is die tweede deel van my skrywe. Ek het seker laas liefdesverhale of romanses gelees toe ek op skool Ena Murray en Ettie Bierman verslind het. En nou? Nou is dit my passie om hierdie boeke uit te gee en te lekker vir my eie vooroordeel te lag. As ek dit verwerk, lees ek te heerlik daaraan!
Die heel nuuste een van Adele Reynders is soos al haar ander boeke, lekker humoristies, en ook nie volgens ‘n resep geskryf nie. Want ons is mense, ons is nie meer resepte nie. Ons pas nie meer in boksies nie. Volg die “Skrywers” skakel op Boekemakranka se webwerf om meer te gaan lees van hierdie mooie skrywer en kunstenaar, of kliek sommer op haar foto.
Daar is nog so baie wat ek kan sê oor kopskuiwe, persepsies en vooroordeel, maar ek sal volstaan met:
A primary function of art and thought is to liberate the individual from the tyranny of his culture in the environmental sense and to permit him to stand beyond it in an autonomy of perception and judgment. – (Beverly Sills)
03 Fri Feb 2012
Posted Boekdinge
inEk het julle hulp asseblief nodig om Boekemakranka se nuwe webwerf klaar te maak. Gaan kyk asseblief hoe dit lyk en kom vul die meningspeiling in? Dis heeltemal anoniem, so jy kan vry voel om enige relevante kommentaar te lewer.
01 Wed Feb 2012
Posted Dag-tot-dag
inTags
Boeke vir Kindle, Boekemakranka, e-Boek Uitgewers, e-Boeke, Kleinmond Self-Catering Accommodation, Kleinmond Selfsorg Akkommodasie
Vandag het Xena iets gesê wat my laat besef het ons ken mekaar nie goed genoeg nie. “Yin en Yang en nou is ek seker ‘n satanis.”
Xena, so lyk my lewe. Hier is ‘n paar flitsies uit ‘n tipiese dag vir die MaanMense.
Eerstens oordink ek my drome, en kyk na die notas wat ek in die nag in die donker agter in die boonste boek op my bedkassie gemaak het, terwyl ek my tee drink wat MaanMan gebring het. (Daar staan gekrabbel – Mense in hysbakke)
Daarna is dit tyd om die kikoi wat ek om my lyf draai as ek gaan swem, van my rekenaarskerm af te haal en gou epos, blogs en Faceboek te kyk.
*Ignoreer MaanMan se vraag of ek nog nie aangetrek is nie*
Besluit dan om huweliksomnin te vermy, om te gaan stort… Daarna is dit tyd vir MaanMan se lekker gebroude koffie – ek op my rooi leerbank, en hy op sy denimbank, en dit kan lei tot ure-lange gesprekke oor die lewe, die dood en alles tussenin wat lei na die lewe en die dood. Oor Yin en oor Yang.
Dan is dit tyd vir voete natmaak en seëninge tel…
Ons doen al ons huiswerk, instandhouding, die bedryf en bemarking van ons gastehuis (insluitend was en styk van beddegoed) self. Asof die kappery en plaveisel langsaan nie genoeg is nie, het die veldbrande van die afgelope weke alles met ‘n stof/roet/as lagie bedek.
Op sulke dae bestuur MaanMan en ek elkeen sy eie stofsuier, hy onder, en ek bo. Alles wat ons besit word aanhoudend met ‘n nat lappie afgevee, en goed soos my klippies word afgewas en blinkgevryf terug gepak. Een bak Yin, een bak Yang. (Lees jy Xena?)
Om te werk maak mens moeg en dors, en ons het vitamines en minerale nodig. Hierdie is sap gemaak van wortels, appels, pynappel, suurlemoen en gemmer.
Daar is nog so baie wat ek kan wys, die stapels boeke wat rondlê in afwagting op ‘n totale herorganisasie, die pakke CD’s waarvoor daar nie plek in die ordelike rakke is nie, die ure en ure se werk wat ek elke dag doen aan Boekemakranka, maar ek sal volstaan by hierdie fototjie van wanordelikheid. Dit is hoe ons huis normaalweg nié lyk nie.
En dit liewe bloggers, is net so ‘n paar flitsies uit die lewe van die MaanMense se normale dag.
‘n Paar tree in MaanKind se pienk seeplakkies… Dis nou as ons nie afvat en bietjie rits nie…
En nou is dit Xena se beurt. (Jy wil mos!)