Tags

, , ,

As MaanKind het ek oor die jare baie goeie maters gemaak, vriende opgebou en kennisse versamel. Sommige lees my goeters, ek lees weer ander wat my nie ken nie, en so is ons almal deel van een groot proses. Die internet is nie net ‘n klomp rekenaaars wat op een of ander manier deur servers en drade en optiese vesel en golwe vanaf torings in die lug gekoppel is nie, daar sit ‘n mens agter elke rekenaar, laptop, mac, iPad of BlackBerry, of waarmee of waarop jy ook al ‘n sleutel met jou vingers tik. Ag wat praat ek, daar is ook stemtegnologie, en pads waarop jy skryf maar julle kry die punt.

Nou het daar ‘n snaakse ding in my lewe gebeur. Being the Gemini I am, het my lewe nou verskeie vertakkings gevat. Ons is steeds besig met wat ons doen (vakansie akkommodasie in Kleinmond), maar my passie, belangstellings of stokperdjie (snaakse naam vir ‘n hobby maar toemaar) het ook nou sommer in ‘n besigheid ontwikkel, wat myself baie plesier gee, en ook vir ander iets beteken. Lees my Boekemakranka blog wat ek onlangs begin byhou het vir nuus.

Op daardie blog het ek die volgende inskrywing gemaak, maar ek wil dit hier herhaal, omdat meeste van julle dalk nie weet van Boekemakranka se bestaan nie. Die verhale kom lekker in, maar dit kan so ‘n lekker projek word, dat ek dalk aan die mense wat my gaan help met die keuring, die verhale gegroepeer in temas kan stuur. So help my asseblief, deur hierdie boodskap te versprei onder jou skrywersvriende, of hierdie te Share, of te Reblog.

Boekemakranka wil graag ‘n e-Boek met kort-kortverhale publiseer, wat so goedkoop as moontlik verkoop sal word. Die tantième sal dan gaan vir ons plaaslike Sopkombuis, en vir Vriende van Kleinmond Biblioteek. Dit gee blootstelling vir die skrywers, kos vir mense, en koop boeke vir kinders.

Stuur jou kort-kortverhaal van ongeveer 400 woorde wat nog nie elders of op die internet gepubliseer is nie, aan eboek@boekemakranka.co.za vir oorweging.

Sluitingsdatum einde November.

 Asseblief en dankie vir hierdie www projek. Wen-Wen-wen.