Tags
Sodat ons en ons nageslagte kan weet waar ons oupagrootjie vandaan kom.
Winnertz Familiegeskiedenis, soos saamgestel deur Drinie van Rensburg
Ons familie is die enigste Winnertze in Suid-Afrika, so die inligting oor die Winnertz- voorgeslagte was nie so maklik om op te spoor nie.
Ek het begin met inligting wat ek by my ma en tannie Ousie gekry het, en het ook van afskrifte van ou dokumente soos huweliksertifikate gebruik gemaak. Die Internet het my op die spoor van sekere inligting gesit wat ek toe opgevolg het. Toe ek eers vasgestel het presies waar die Winnertze vandaan kom in Duitsland, het ek deur middel van e-pos met mense in Duitsland begin korrespondeer wat my baie gehelp het met inligting. Ek het selfs die presiese adresse opgespoor in Krefeld van die huis waar Oupa Hansie Winnertz se pa grootgeword het voordat hy na Suid-Afrika gekom het, en ook van die sy-fabriek wat aan sy vader Fritz behoort het.
Vroeg in 2007 het ek en Koos die plaas Hardekraaltjie besoek waar Oupa se pa begrawe is en ons het wel die graf gekry. Die graf is onversorg en bestaan net uit ‘n hopie klippe wat al gedeeltelik weggesak is in die grond.
In Augustus 2007 was ons in Holland by Marianne se skoonouers. Met die beplanning van ons vakansie het ons besef dis nie te ver van Krefeld af nie. Ek het die adresse saamgeneem en ons het toe een dag deurgery Duitsland toe om van die plekke op te soek.
Wat nou volg is ‘n samesteling van die familiegeskiedenis wat ek tot op hede kon opspoor. Ek begin met ‘n stamboom van die name wat ek wel kon opspoor:
August Winnertz was ‘n wynmaker wat in die dorpie Krefeld in Duitsland gewoon het. Krefeld is naby die Nederlandse grens aan die suidekant van Nederland naby België. Groot stede daar naby is Köln en Düsseldorf.
August was getroud met Louise Catharine Friedericke Kauert en hulle seun Johann
Friedrich Winnertz is op 28 Mei 1847 in Krefeld gebore. Sy noemnaam was Fritz. (In latere dokumente, soos op die register van die dorp Lobberich waar Fritz uiteindelik oorlede is, word na sy ouers verwys as Louise Kauert en Peter Winnertz. Wat August se volle name was kon ek nie vasstel nie, so dalk was hy August Peter of Peter August.)
Fritz was ‘n sy-fabrikant. Op ‘n stadium is Fritz Engeland toe waar hy op 7 April 1875 met Rosa Maria Burkhardt getroud is in die St. Stephen’s kerk, Hampstead, in Middlesex (naby London). Haar vader, Christian Ludwig Burkhardt, was ‘n professor in Duits volgens sy huweliksertifikaat. Op ‘n ander dokument word sy beroep aangegee as Sekretaris en Huismeester van die Hertog van Aberton (skrif onduidelik, kan nie mooi uitmaak nie). Haar oupa aan vaderskant, Philip Burckhart, was ‘n doeane-inspekteur en haar oupa aan moederskant, Benjamin R Faulkner, was ‘n kunstenaar.
Hoe lank hulle in Engeland gebly het kon ek nie opspoor nie maar dit kon nie te lank gewees het nie want al hulle kinders is in Krefeld, Duitsland, gebore. Sy woonadres op sy huweliksertifikaat word ook as Krefeld, Pruise, aangegee.
Die egpaar Fritz en Rosa Maria Winnertz het 5 kinders gehad, 4 dogters en 1 seun:
- Louise Paula Winnertz, geb. 28 Januarie 1876
- Adele Winnertz, geb. 22 Junie 1877, oorl. 1882/1883
- Cora Winnertz, geb. 16 September 1878
- Alice Winnertz, geb. 5 Augustus 1880
- Johann Friedrich Winnertz, geb. 18 Mei
Die gesin het in Westwallstraat 194 gewoon. Vandag is Westwallstraat ‘n pragtige boomryke straat in die middel van die stad Krefeld. Soos meestal die geval in Europese stede, is die huise direk op die straat en heeltemal teenaan mekaar. Hulle het dan klein tuine aan die agterkant van die huise weg van die straat.
‘n Huis in Westwallstraat wat deur die bekende argitek Karl Buschhüter ontwerp is, dateer uit die laat 1800’s.
Ons was by die adres in Westwallstraat in Augustus 2007. Of dit nog die oorspronklike huis is kon ek nie vassstel nie maar dis heeltemal moontlik. In dieselfde straat is ‘n historiese gebou wat bewaar word en die boustyl lyk baie dieselfde, met die smal huis tussen die ander huise en ‘n paar verdiepings hoog (sien foto bo). Op ‘n foto wat in 1908 van ‘n straat daar naby geneem is kan ook gesien word dat die geboue toe reeds ‘n paar verdiepings hoog was.
Aan die onderpunt van die straat staan daar ‘n Katolieke kerk wat in 1863 gebou is, en dit was dus ook reeds daar toer die gesin Winnertz daar gewoon het.
Fritz was die eienaar van ‘n sy-wewery fabriek. Die “Seidewaarenfabrik” J.F. Winnertz & Co. was in Dreikönigenstr. 52 gevestig, en die fabriek se meganiese wewery in Neuenweg 1 in Krefeld. Die fabriek is verkoop aan die ou-Katolieke gemeente en op 12 Augustus 1890 het die “Christuskirche” op die perseel sy ontstaan gehad. Vandag is dit nie meer ‘n kerk nie, die perseel word gebruik as ‘n sentrum waar bejaardes versorg en verpleeg word.
Die sy-fabriek moes taamlik groot gewees het. Op die webwerf http://www.lobberich.de/lobberich/geschichte(n)/heimatbuecher/74-193.htm het ek die volgende inligting gekry:
“Die Firma Niedieck kaufte folgende Unternehmen: Mommers 1879; Samtweberei Braßeier und Co., um 1875 gegründet, 1885; Stoffweberei Fritz Winnertz, die aus Krefeld nach Lobberich verlegt hatte und hier mit 60 mechanischen Seidenwebstühlen arbeitete, 889; JacquardSamtweberei Jac. Bürhaus & Co./ vor 1890 gegründet, zuletzt bei Arbeitszeitverkürzung nur noch 30 Beschäftigte, 1902; schließlich die ehemalige Samt und Samtbandfabrik Franz Beckmann in Breyell (auf dem Gelände der heutigen Firma Rötzel) mit etwa 100 Beschäftigten im Jahre 1907.”
Wat dit beteken is dat die tekstielfirma Niedick in 1889 die materiaalwewery van Fritz Winnertz gekoop het wat bestaan het uit 160 meganiese sy-weefstoele, dus ‘n redelike groot onderneming.
Die syfabrikant Johann Friedrich (Fritz) Winnertz het op 31 Julie 1890 van Krefeld na Lobberich getrek en het in Süchtenler- straat 30 gewoon. Ek kon niks verder van sy seun Johann Friedrich daar opspoor nie, soos wanneer hy na Suid-Afrika vertrek het nie. Fritz se twee dogters, Alice en Cora, het in 1900 na die dorp Elberfeld getrek as verpleegsters.
Fritz is op 17 Junie 1900 in Lobberich in die ouderdom van 53 jaar oorlede.
In Krefeld is daar vandag nog “spore” van die Winnertze. Daar is ‘n straat na hulle vernoem en daar is ook ‘n gebou met die naam Winnertzhof. Winnertzweg is ‘n pragtige boomryke straatjie in ‘n gegoede woonbuurt aan die kant van die stad. Die straat loop dood in ‘n lang boomryke laning met groot bome en landerye aan die anderkant.
In 1890, nadat die sy-fabriek verkoop is, het die gesin verhuis na Lobberich, nie ver van Krefeld af nie.
Die seun Johann Friedrich Winnertz het hom bekwaam as onderwyser en het na Suid-Afrika verhuis. Hy het gaan skoolhou op Hardekraaltjie, distrik Waterberg, op ‘n sekere Swanepoel se plaas. Hy is getroud met Anna Maria Erasmus (Annie), gebore 10 September 1889. (Haar broer was Pieter Barend Elardus Erasmus. Die dorp Ellisras (nou Lephalale) is na hom en Patric Ellis vernoem.)
Op 9 Augustus 1906 is hulle enigste kind, Johann Friedrich (Hansie) Winnertz, gebore.
Die Duitser Johann Friedrich Winnertz in 1906 met sy Suid-Afrikaanse vrou Annie (Erasmus) en hulle baba Hansie. Regs van hulle is Annie se ouers en die ander persone is broers en susters asook ook ‘n neef.
Ongelukkig het die Duitser malaria opgedoen in Suid-Afrika en hy sterf drie jaar na Hansie se geboorte. Ouma Annie het weer in die huwelik getree met Pieter du Plessis – meer hieroor volg in Tannie Ousie se vertellings.
‘n Klein hopie klippe onder ‘n doringboom op Hardekraaltjie in Suid-Afrika – die einde van ‘n jong man wat sekerlik met groot drome op ‘n skip uit Duitsland gekom het na die onbekende Afrika.
Ons is dus die enigste afstammelinge van die Winnertz-familie in Suid-Afrika. Bogenoemde inligting is al wat ek op die stadium kon opspoor. Ek gaan van die e-pos briewe wat ek uit Duitsland ontvang het met inligting hier plaas.
Wat baie interessant is, is dat ek na die dorp Krefeld se biblioteek per e-pos ‘n versoek gestuur het om my te verwys na iemand wat my dalk kan help met meer inligting. Ek het die briefie in Engels gestuur maar het genoem dat hulle maar kan terugskryf in Duits want ek kan dit goed verstaan. Was my verbasing groot toe ek binne ‘n paar dae ‘n antwoord kry – in goeie Afrikaans!! Hier is die briefie wat ek ontvang het:
Geagte mev. van Rensburg
Volgens die bevolkingsregister van die stad Krefeld is die syfabrikant Johann Friedrich Winnertz op 28 mei 1847 te Krefeld gebore en getroud met Rosa Maria Burkhardt, gebore op 22 desember 1852 te Londen.
Vermeld is in die bevolkingsregister ook die egpaar se kinders, die dogters Adele Winnertz, gebore op 22 junie 1877 te Krefeld en miskien in die jare 1882/1883 oorlede, Louise Paula Winnertz, gebore op 28 januarie 1876 te Krefeld, Cora Winnertz, gebore op 16 september 1878 te Krefeld, Alice Winnertz, gebore op 5 augustus 1880 te Krefeld, en die seun Johann Friedrich Winnertz, gebore op 18 mei 1883 te Krefeld.
Op 31 julie 1890 het die hele gesin kennis gegee van vertrek na Lobberich. Omdat Lobberich nu by Nettetal hoort kan u wellig daardie stadsbestuur, epos: stadtnettetal@ nettetal.de, vir die tyd vanaf 1890 voorthelp.
Ek hoop dat hierdie inligtinge vir u van nut sal wees.
Vriendelike groete.
In opdrag,
Michael van Uem
Der Oberbürgermeister
Stadtarchiv
47792 Krefeld, Duitsland
Telefoon: +49 2151 862706 Faks: +49 2151 862710 epos: michael.van.uem@krefeld.de webwerf: http://www.krefeld.de
Ek het later weer met hom gekorrespondeer om te hoor hoe ken hy Afrikaans. Hy kom oorspronklik van Nederland af en stel maar net baie belang in Suid-Afrika en het besluit om Afrikaans aan te leer. Hoe klein is die wêreld nie met moderne tegnologie!
Ek het aan die stadsbestuur van Nettetal geskryf maar hulle kon my nie verder help met inligting nie. Later het ek weer die volgende briefie ontvang:
From: Bernhild.Mertens@nettetal.de
Sehr geehrte Frau/Herr van Rensburg,
In den alten Melderegistern der Gemeinde Lobberich hat mir das Kreisarchiv Viersen folgende Informationen zugesandt:
“Der Seidenfabrikant Johann Friedrich Winnertz aus Krefeld kam am
31.7.1890 in Lobberich zur Anmeldung; er wohnte auf der Süchtelner
Str. 30. Eine Abmeldung seines später ausgewanderten Sohns gleichen Namens ist nicht vermerkt. Dessen Schwestern Alice und Cora sind 1900 als Krankenpflegerinnen nach Elberfeld verzogen. Auch eine Durchsicht der Ein und Auswanderungsakten hat nichts ergeben.
Mit freundlichen Grüßen
- MeyerRogmann
Dr. Gerhard Rehm
Kreisarchiv Viersen
Thomasstr. 20
47906 Kempen (Germany)”
Daraus ergibt sich leider keine weitere Information, wann die Familie nach Südafrika ausgewandert ist.
In den Personenstandsbüchern des Standesamtes Lobberich jetzt Nettetal habe ich folgende Unterlagen gefunden:
Fritz Winnertz, Ehemann von Rosa Burkhardt, geboren zu Krefeld, Sohn der verstorbenen, zuletzt zu Krefeld wohnhaft gewesenen Eheleute Peter Winnertz und Louise Kauert, ist am 17.06.1900 in Lobberich im Alter von 53 Jahren verstorben.
Den Tod der Ehefrau konnte ich bisher nicht finden.
Ich hoffe, Ihnen mit den Angaben zunächst weitergeholfen zu haben und verbleibe mit freundlichen Grüßen
Frau B. Mertens
Toe ons in 2007 ons oorsese vakansie beplan, het ek weer met die “Afrikaanse” man in Duitsland gekorrespondeer:
Geagte Mev. van Rensburg
Daar is geen ander vereistes om vanuit Nederland vir een dag of langer na Duitsland te gaan nie.
Johann Friedrich Winnertz het in Krefeld met sy gesin Westwall 194 gewoon. Die Seidewaarenfabrik (syfabriek) J.F. Winnertz & Co. was in die Dreikönigenstr. 52 gevestig, die fabriek se meganiese wewery Neuerweg 1.
– So kan u ook hier met ‘n plattegrond op die spore van u voorouers wandel.
Warm weer beleef u in Europa in Spanje, SuidItalie en Griekeland met dagtemperature omtrent 40 grade C en helaas ook bosbrande. In Engeland, Nederland en Duitsland is dit die laatste tyd baie wat kouder met dagtemperature omtrent 20 grade C en reen noem dit maar ‘n SuidAfrikaanse winter. SuidEngeland beleef die verbye weke langs die riviere Theems en Severn selfs hewige oorstromige. Van die rampspoed is die mense o.a. in Gloucestershire en Oxfordshire betref.
Ek wens u ‘n goeie reis en mooi vakansiedae in Europa.
Vriendelike groete.
In opdrag,
Michael van Uem
Daar is ‘n tekstielmuseum in Krefeld en ek het hulle ook genader vir moontlike inligting maar hulle kon my nie help nie
Ek het toe later hierdie brief van die Stadargief van Krefeld ontvang:
Sehr geehrte Frau van Rensburg, in Bezug auf Ihre mail vom 04.08.2007 habe ich folgendes ermittelt:
die Firma Ihres Urgroßvaters, J.F. Winnertz & Co, hatte zwei Geschäftsstellen. Die Seidenwarenfabrik auf der Dreikönigenstraße 52 und die mechanische Weberei auf der Neuenstraße 1.
1889 verkaufte die Firma ihre Immobilien an Niedieck. Der behielt die mechanische Weberei, überließ aber das Grundstück an der Dreikönigenstraße der altkatholischen Gemeinde am 12.08.1890. Dort entstand dann die Christuskirche. Leider konnte ich kein Fotomaterial über Ihren Urgroßvater oder seine Firma finden. Ich hoffe, Ihnen dennoch weitergeholfen zu haben.
Mit freundlichen Grüßen Im Auftrag
PaulGünter Schulte
________________________
Der Oberbürgermeister
Stadtarchiv
47792 Krefeld
Telefon: +49 2151 862701
Fax: +49 2151 862710
EMail: stadtarchiv@krefeld.de
Internet: http://www.krefeld.de
****************************
Met die grootste dank aan my suster Drinie vir haar harde werk om al die navorsing te doen en hierdie inligting bymekaar te sit.