Vertel ons asseblief van enige bekostigbare akkommodasie waarvan jy weet. Gaan na
Reisgewys/Travelwise en kliek op Forum links bo om te begin. Indien jy die einaar van so ‘n akkommodasie is, laat hoor van jou. Dit is absoluut gratis om hier te adverteer, solank dit bekostigbaar is.* Bekostigbaar word gedefinieer as R250 en minder per persoon per nag
* Akkommodasie verwys na gastehuise, B&B, selfsorg, kampeerplekke ens.
Gaan sluit ook aan by die
Facebook Groep. Al die aksie en inligting is by Reisgewys/TravelwiseKantelson skryf hoe lekker sy eendag vir haar kleinkinders kan vertel dat sy deel was van die geskiedenis wat ons die afgelope 15 jaar maak en vir die volgende 15 jaar gaan maak.
Julle weet nie watter waar woorde sy spreek nie, maar lag nou vir my, Kantelson, begin nóú om goedjies bymekaar te maak daarvoor. Ek het onlangs van my ma se vertellings oor haar kinderlewe op LitNet geplaas, en dit klink soos iets van ‘n ander planeet af. Ek is so bly dat sy dit neergeskryf het.
Op my beurt het ek aan my ouma se lippe gehang as sy vertel het hoe die Engelse hulle huis afgebrand het in die Anglo-Boereoorlog, en hulle verblyf in die Irene konsentrasiekamp. My oupa weer het ons vermaak met sy stories oor sy tyd in die tronk na die 1914 Rebellie, en hoe hulle op die pad gewerk het teen ‘n ’sieling ‘n dag’ (1 Sjieling = 12 Pennies = 10 Sent)
Net so is dit met elke geslag. As ek bv dink hoe ons Republiekwording in 1961 beleef het, en die gepaardgaande metrisering, met rekenliniale gewerk het, en die wonder van sakrekenaars beleef het, hoe ek gespaar het vir ‘n deposito vir my eerste TV (ek was al getroud met kinders toe TV uitgekom het) om maar net ‘n paar dinge te noem, gaan ek beslis vir my kleinkind soos iets uit ‘n ander planeet klink.
Lag maar, maar ek bêre koerantuitknipsels en dingetjies wat oor my/deur my geskryf is, resensies, pryse wat ek gewen het en so aan. Dit klink dalk stupid of selfbehep, maar ek sou wat wou gee as ek so iets van my oumas kon beleef.
Mense, ons IS ons geskiedenis, ons geskiedenis lê nie agter ons nie. Ons leef more se geskiedenis nou.
Wen nog ‘n boek! Daar is nog ‘n Chanette Paul Spanningsverhaal om te wen, geskenk deur Lapa Uitgewers.
Die eerste persoon wat kan raai watter skrywer se boek onder die top 10 gaan beland wat ‘n heerlike verrassing gaan wees vir baie mense, wen ook ‘n boek! So ‘n uitskieter tussen die ‘groot’ name. (As dieselfde tendens voortduur met die stemmery – alle aanduidings is reeds daar van die begin af.)
‘n Wenk – Dis ‘n jong skrywer.
As jy nou nog nie gestem het nie, daar is nog kans! http://leeslys.wordpress.com
Dan is ‘n ook ‘n boekprys vir die persoon wat die eerste tien boeke reg raai vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!
Jy kan hier raai, of dit stuur na leeslys@icon.co.za
(Slegs lede van Boekemakranka, of die Boekemakranka Facebook groep kom in aanmerking vir die prys, so sluit sommer vandag aan as jy nog nie lid is nie. Boeke kan ongelukkig net na adresse in SA gepos word.)
Daar is ‘n lekker boekprys vir die persoon wat die eerste tien boeke reg raai vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!
Die persoon wat die naaste aan reg is wen ‘n heerlike spanningsverhaal deur Chanette Paul, geskenk deur LAPA uitgewers!
Jy kan sommer jou raaiskoot hier waag, of jy kan dit stuur na leeslys@icon.co.za
(Slegs lede van die Boekemakranka Forum, of die Boekemakranka Facebook groep kom in aanmerking vir die prys, so sluit sommer vandag aan as jy nog nie lid is nie)
As jy nog nie gestem het nie, daar is nog drie dae tyd.
Daar is nog net drie dae oor om te gaan stem vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!
Vind die stembus by http://leeslys.wordpress.com
Stem asseblief vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!
• Dit moet JOU gunsteling boeke wees, nie dié wat jy dink gaan reg lyk op so ‘n lys nie
• Stem asseblief vir die spesifieke boeke, nie omdat jy oor die algemeen van die skrywer hou nie
• Jy kan vir soveel boeke stem as wat jy wil, maar jy kan net een maal stem
• Daar is twee dele, stem asseblief in al twee.
• As daar ‘n gunsteling boek is wat jy wil byvoeg, doen dit by OTHER
• As jy eers op VOTE geklik het, kan jy nie weer teruggaan nie, maar dus seker van jou keuses
• Al lyk dit of jy meer as een keer kan stem, word net jou eerste stem getel deur die program.
• Dankie vir jou deelname – JOU stem tel
Klik op VOTE om die eerste gedeelte te voltooi. Gaan nou aan met Deel 2.
Klik op VOTE om die tweede gedeelte te voltooi.
Baie dankie vir jou deelname! Dankie dat jy help om Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 saam te stel. Vra gerus jou vriende wat ook jou passie vir boeke deel om te kom stem.
As jy nog nie ‘n lid is van Boekemakranka nie, gaan sluit sommer vandag aan.
Bestel vandag nog ‘n boek van Kalahari af. Onthou ook dat hulle boeke as geskenke sommer by die gelukkige ontvanger aflewer. Kersfees is om die draai, en aan watter beter geskenk as ‘n boek kan jy dink?
Ek wil graag teen more-middag weer ‘n opgedateerde lys op Boekemakranka plaas van nominasies tot dusver van jou gunsteling-boeke. Sien die vorige inskrywing.
Vat nou ‘n ou tydjie en vertel bietjie vir ander watter Afikaanse boeke het jy die afgelope tyd geniet. Dalk inspireer dit hulle ook om dit te lees!
Kom plak dit sommer hier as kommentaar in die formaat Skrywer van voornaam,Titel
Lees is lekker!
Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009
Boekemakranka het verlede jaar hierdie Leeslys saamgestel, nadat mense hulle gunsteling-boeke genomineer en daarvoor gestem het. Die Leeslys is wyd ondersteun, en verskeie boekwinkels en biblioteke het dit gebruik.
Vir baie boekwurms is dit moeilik om te glo dat daar mense is wat raad nodig het oor boeke om te lees, maar dit is juis na die soveelste persoon wat raad gesoek het oor skrywers en boeke, wat die idee gebore is.
Die terugvoer na die eerste lys was oorweldigend, en die tyd het aangebreek vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009. Die doel van die Leeslys is nie om die oppergesag oor die beste boeke in Afrikaans te wees nie, maar om lesers se subjektiewe voorkeure op informele wyse weer te gee.
Nominasies word ingewag vir jou gunsteling-boeke, tot 31 Oktober. Daarna kan gestem word, en die 100 boeke met die meeste stemme sal dan Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 vorm.
· Die boeke moet geredelik beskikbaar wees in winkels en biblioteke.
· Dit moet jóú gunsteling-boeke wees, nie dié wat jy dink gaan goed lyk op ʼn lys, of waarvan jy net gelees het nie.
· Boeke oor stokperdjies en selfhelp-boeke sal nie oorweeg word nie.
· Groot sorg moet asseblief gedra word dat skrywers se name en titels van boeke korrek gespel is.
Slegs nominasies wat in die volgende formaat ontvang word, sal oorweeg word: Van Voorletters,Titel
· Geen spasies voor of na komma nie, ook geen spasies of punte tussen voorletters nie. Doen dit so:
Preller Martie,Vandag is nie gister nie
Van Heerden Etienne,Asbesmiddag
Brink André P,Ander lewens
Scholtz AHM,Vatmaar
Nominasies kan gestuur word aan leeslys@icon.co.za of op die Boekemakranka forum geplaas word. Of sommer hier as kommentaar!